Ds. G. Whitehead. 14 Jan. Joh 19
40:02
Tamatie Kompetisie
1:33
Жыл бұрын
Ds. G. Roux. 19 Mrt. Matt 20:20-28
43:36
Ds. G. Whitehead. 11 Des. Jes 8:5-22
46:14
Ds. G. Roux. 13 Nov. Jak 2 :14-26
1:06:26
Ds. G. Whitehead. 06 Nov. Luk 1:46-55
45:15
Ds. G. Roux. 30 Okt. Rom 1:16-17
1:04:15
Пікірлер
@KB-yd3ie
@KB-yd3ie 2 жыл бұрын
Geagte Ds, n besonderse boodskap wat my vandag weer terugneem na my eie ouers as die Rigters in my lewe en n diens wat tot Eer van die Here was, hoe wonderlik om hul nagedagtenis te herleef vandag deur u boodskap. Seën op u lewe as gesin en u bediening. Dankie 🙏
@carolgillespie9879
@carolgillespie9879 3 жыл бұрын
Baie dankie ds Whitehead Ons waardeer u boodskap❣
@ansmaree9417
@ansmaree9417 4 жыл бұрын
H
@rinavanderberg1580
@rinavanderberg1580 4 жыл бұрын
Baie gord die preke wat oms so kan luistrer, waardeur dit baie!
@nicolineswanepoel4686
@nicolineswanepoel4686 4 жыл бұрын
Seën ook vir jou jou gesin, ds George.
@nggemeentehospitaalpark7791
@nggemeentehospitaalpark7791 4 жыл бұрын
Die derde ding waarvoor Paulus bid is dat ons iets sal verstaan van hoe lief God ons het. Dat ons sal verstaan hoe wyd en ver en hoog en diep sy liefde vir ons sterk. Paulus sê: God se liefde vir ons is so groot dat ons dit eintlik nie kan verstaan nie. Maar hy bid dat ons iets daarvan sal verstaan, want dan sal ons met baie meer vreugde lewe. Miskien sal u iets daarvan uit die volgende voorbeeld verstaan. Ek weet dat u as ouers, soos ek is, oneindig lief is vir u kinders. As hulle iets nodig het, hoef hulle net te sê: Pa, Ma! Dan sal ons help met enigiets wat hulle nodig het. Ons praat maklik oor ander se kinders se foute. Maar wanneer ons eie kinders foute maak, werk ons saggies met hulle. God het ons so lief, dat Hy sy eie Seun wat van altyd af in volmaakte harmonie, in die Goddelike Drie-Eenheid saamgeleef het ‘n mens laat word het. In sy groot liefde het Hy ‘n mens geword om vir ons skuld by God in ons plek te betaal deur sy lewe aan ‘n kruis te gee. Hy het in ons plek die ewige pyn en smart van die hel verduur, sodat God saggies met ons kan werk. Ons kinders weet hoe lief ons hulle het, daarom kom hulle na ons toe om hulp as hulle in die nood is. God is vir ons baie liewer as wat ‘n ouer ooit vir sy/haar kind kan wees. Die viere ding waarvoor Paulus bid, is dat ons al meer vervul sal word met die volheid van God. Hy vra dat Christus so in ons harte sal woon , dat God alles aan ons kan gee wat sy Vaderhart velang om aan ons te gee. Dit beteken dat ons al meer sal vra na die wil van God vir ons lewe en dat ons al meer plek aan God sal gee in ons lewe. Dan sê Paulus ‘n interessante ding: Hy sê in vers 20: 20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, God wat deur sy krag in ons werk, is magtig om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink. Ek weet nie hoe bid u nie. Ek dink ons bid almal dieselfde. Ons sal in die môre opstaan en vir die Here dankie sê vir dag en vir wat ons van Hom ontvang. Dan vra ons dat Hy ons sal help om vir Homm te lewe en ons te vergewe vir die verkeerde in ons lewe. Dan dra ons huweliksmaat en ons kinders aan die Here op en vra dat Hy vir hulle sal sorg. Daarna bid ons wyer, vir mense en ons land. Dan bid ons vir die situasie waarin ons ons bevind dat die Here uitkoms sal gee. So ongeveer almal dieselfde, met ons eie byvoegings. Ek dink die verskil kom in die verwagting na die gebed. Party bid en wonder, maak die gebed nou enige verskil? Hoor God ooit. Ander bid en weet God hoor. ‘n Mens kan ook vra: Waarom bid ‘n mens? God weet dan wat ek nodig het nog voor ek vra? In ons gebede erken ons dat ons van God afhanklik is en dat Hy ons God is. Hy gee vir ons die voorreg om met Hom te kan praat. Om ons gebede ons skuld te bely, maar ook wat ons graag sou wou hê van God te vra. Maar ook om vir Hom dankie te sê vir alles wat ons uit sy hand ontvang. Dit beteken egter nie dat ons met ons gebede vir God voorskryf nie. Wanneer ons bid kan ons twee dinge onthou: God is oneindig lief vir so. Sy liefde is so groot dat ons dit nie eers regtig verstaan nie. Daarom wanneer ons bid kan ons Hom vertrou dat Hy vir ons sal gee wat die beste vir ons is. Die tweede ding wat ons moet onthou is: God kan deur sy krag wat in ons werk oneindig meer doen as wat ons kan bid of dink. As ons hier bid en verwag (onder), moet ons onthou God kan daar doen en gee. (Bo) Dis hoekom ‘n mens in totale afhanklikheid vir God kan sê: “Here, ek dink ek het die volgende nodig, maar ek wil vra dat U wil sal geskied, want ek weet dit sal goed wees. Omdat God so lief is vir ons en omdat Hy vir ons sorg na die beste, kom die eer hom toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Ons kan met vertroue onvoorwaardelik ons lewe in sy hande plaas. Amen
@nggemeentehospitaalpark7791
@nggemeentehospitaalpark7791 4 жыл бұрын
In daardie drie ure is Hy, die onskuldige, in ons plek soos ‘n sondaar behandel deur God. Daar is Hy behandel soos die verlorenes eendag in die hel behandel sal word. Die verskil is net dat Hy daar straf oor die sonde van die hele wêreld op Hom geneem het. In Gal 3:13 lees ons: “Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout opgehang is." In daardie drie ure is Christus deur God vervloek in ons plek, vir die sonde van die mensdom. Jes 53 het al hierdie lyding van Christus sou deurgaan aan die kruis beskryf: Ons kyk vir nou net na vers 10: Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. God wat regverdig is, sien geen sonde oor nie. Daarom ly sy eie Seun, die sondelose in ons plek aan die kruis, ook in daardie drie ure. Mense het al gevra: “Hoe kan God dan vir God verlaat? Jesus was mos ware God en ware mens. Die antwoord moet wees dat God die Vader vir Jesus na sy menslike natuur op sy eie gelaat het om straf te dra van die mensdom se sonde in daardie drie uur van donkerte. God het nie opgehou om lief te wees vir sy Seun nie, maar as mens moes Jesus alleen daar vir die mensdom intree. Die hel is om sonder God te wees. Sonder sy liefde en sy genade. Oorgelewer aan die bose. Aan die kruis het Jesus die straf van alle sondaars op Hom geneem, sodat die wat die verlossing wat Hy gebring het, verlos kan wees van die gevolge van die sonde hierna. Omdat ons nie verstaan waardeur Hy daar gegaan het nie, gaan ons so ligtelik om met die sonde en die genade. Lees ‘n mens Psalm 22, word ‘n mens getref deur die lyding waardeur Dawid gegaan het. Daar is mense, dalk hier in die kerk vanmôre wat kan identifiseer met die lyding en nood waardeur Dawid gegaan het. Tog vertel dit nog nie waardeur Jesus gegaan het nie. Die rede: In hierdie lewe was nog net Jesus Christus as mens van God verlaat. Die mens, insluitende Dawid kan maar net vir hulle verbeel dat hulle van God verlate is, wanneer hy deur nood en lyding gaan. Dit neem gewoonlik nie baie om ons te laat voel dat God ons in die steek gelaat het nie. Ons wil mos net heeltyd gesond en voorspoedig wees. So met ‘n mens se kom by mense in nood, sien ‘n mens ook dat daar baie grade van swaarkry is. Psalm 22 vertel van ‘n man wat intense nood ervaar het. Die meeste kommentare is dit eens dat dit Dawid was. Hy wat ‘n kind van die Here was, ervaar soveel nood en lyding dat hy op ‘n dag uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?” Lees ‘n mens die gedeelte dan lyk dit asof die persoon waarvan hier gepraat word, intense depressie gehad het. In sy situasie voel hy van God verlate. Hy voel soos u voel wanneer u sê: “Ek bid, maar dit voel of ek teen die dak vas bid. My God ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags kry ek nie rus nie.” In die Ou Testament is hierdie gevoel van verlatenheid gelykgestel met die ervaring wat in die hel wag vir die ongelowige. Aan die kruis het Jesus nie van God verlate gevoel nie. In daardie drie uur van donkerte was Hy van God verlate. Dawid vertel van die ervaring dat ‘n mens vrae vra, wat onbeantwoord bly. Dit voel vir hom of God nie hoor nie. Ons weet nie in watter mate Jesus in daardie drie uur na sy Vader geroep het nie. Dawid het seker ook die waarhede van die Bybel getoets aan sy omstandighede. Hy het seker ook kwaad geword as die mense vir hom sê: “Moenie worry nie, alles sal regkom.” Dat sy geloof getoets word, het hom nie aangestaan nie, hy het eerder gewonder of hy ooit nog moet glo. In sy nood probeer Dawid vir God herinner dat Hy die Verbondsgod is. Dis sy hefboom om God te probeer oorreed om hom te help. Vers 5: “Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered.” Vir Dawid voel dit of God hom in die steek laat. In Joh 16: 32 lees ons dat Jesus voor sy kruisiging vir sy dissipels gesê het: “Kyk, daar kom ‘n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is.” In die drie ure van donkerte moet Jesus dan die werklikheid ervaar dat God Hom daar ter wille van die mensdom verlaat het. In sy omstandighede voel dit vir Dawid of hy sy identiteit verloor het. Ons hoor hom kla: “Ek is ‘n wurm, nie ‘n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag.” Aan die kruis is Jesus ook verag en is daar met Hom gespot. Soos in Dawid se geval moes Hy ook hoor: “Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red. Laat Hy hom bevry as Hy so baie van Hom hou.” Dawid is nooit deur God ontken as syne nie, dit het maar net vir hom so gevoel. Maar in daardie drie ure van donkerte was Jesus deur sy Vader verlaat. God wat sy legioene van engele kon stuur om Hom daar te verlos, laat toe dat Hy op sy eie die pyn en leed in die plek van die wêreld dra. Dawid se oproep aan die Here is: kan U nie sien U eer is op die spel nie?” U is mos my God van kleins af. Moet tog nie so ver van my bly nie, die nood is naby en daar is niemand om my te help nie. Dan teken hy sy nood: Wreedaardige mense omsingel my, hulle storm op my af soos verskeurende brullende leeus, met oop bekke. Ek het nie meer krag om my situasie te hanteer nie. Ek is soos water wat op die grond uitgegooi is, my bene val uitmekaar. My hart het soos was geword. My hart smelt weg binne in my. Ek is niks meer werd nie, my tong kleef aan my verhemelte vas. Here U laat my lê soos een wat al dood is. Dis Dawid se ervaring van sy menslike teenstanders. Aan die kruis dra Jesus die smart en die leed van die hel. Dawid vertel hoe dit voel of sy teenstanders hom omsingel en sy hande en sy voete vasbind. Dis of sy teenstanders sy klere verdeel asof hy klaar dood is. Jesus se hande en voete was werklik aan die kruis vasgespyker. Sy klere is werklik verdeel, want Hy sou daar sterf aan die kruis. Dawid het hierdie lewe as baie swaar ervaar. Daarom staan hy voor die Here in hierdie gedeelte en is sy uitroep: “Ek kan nie meer nie, maar U kan. Help my!” Die psalm vertel egter nie net van sy intense nood nie, maar ook van die uitkoms. Waar hy moedeloos voor die Here staan verhoor God sy gebed. In vers 22 roep hy dan uit: “...U het my gebed verhoor.” Want sien, God het nooit vir Dawid verlaat nie. God verlaat ook nooit een van ons nie. Al mens wat ooit deur God verlaat is of in hierdie lewe ooit verlaat sal word was Jesus in daardie drie ure van donkerte aan die kruis. Daardie smart en straf op die sonde van die mensdom het Hy alleen deurgegaan. Die eer van God was ook op die spel, maar ter wille van die mense wat Hom gespot het, hang Jesus daar, enduit in die diepste nood en vernedering. Vir die mense was sy lewe so min werd soos ‘n potskerf. Tog is dit ironies dat hierdie lewe wat geneem is, vir alle gelowiges die lewe gebring het. Jesus was nie hulpeloos aan die kruis nie, tog het Hy daar as hulpelose gehang sodat geen mens ooit weer hulpeloos hoef te wees nie. Nadat Jesus van God verlate was in daardie drie ure van donkerte was sy werk op aarde afgehandel. Nooit weer sou ‘n kind van God deur God verlaat word nie. Ek weet nie wat U omstandighede is nie. Ek weet ook nie hoe u voel daaroor nie. Dit kan u weet, waar ander dalk nie u omstandighede verstaan nie, Jesus verstaan en Hy het belowe dat Hy by ons sal wees tot aan die voleinding van die wêreld. Jy en ek sal nooit kan uitroep: “My God, my God waarom het U my verlaat nie.” Daarvoor het Jesus met sy volmaakte offer aan die kruis gesorg. Amen. Gebed: Seën: Die genade van ons Here Jesus Christus, Die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van HG sal met U wees. Amen.