Net drie opmerkings voor ek iets sê oor een van die rapture-predikers se gunsteling verse, naamlik 1Thessalonisense 4:16-17 1. Die oorspronklike manuskripte van die Bybel was nie ingedeel in hoofstukke en verse soos ons dit vandag ken nie, maar was 'n aaneenlopende boekrol. In 1551 het die Paryse priester, Robert Stephanus, die hele Bybel in hoofstukke en verse ingedeel en vandag gebruik ons dit nog net so. En dit is goed so, want dit maak die lees en verwysings na gedeeltes net soveel makliker. Daar is egter ook die gevaar dat ons 'n vers of hoofstuk kan kompertamentaliseer en dit nie binne die konteks van die hele boek bestudeer nie. 2. So was Paulus se brief 1Thessalonisense ook 'n brief sonder hoofstukke en verse. Paulus het nie elke hoofstuk as 'n aparte hoofstuk of eenheid geskryf nie, maar as 'n aaneenlopende brief, en ons moet 1Thessalonisense ook só lees, om sodoende individuele verse in konteks van die geheel te verstaan. 3. Met verse buite konteks aangehaal, kan jy omtrent enigiets uit die Bybel 'bewys'. Daarom behoort jy minstens (a) die vers vóór en die vers ná die betrokke vers wat jy bestudeer, lees, (b) die hele hoofstuk te lees waarin die teksvers voorkom, (c) asook die vooraf hoofstuk en die hoofstuk daarna te lees, om sodoende die betekenis van die vers korrek duidelik te verstaan en die vers in konteks te interpreteer. So as jy 'n vers in 1Thessalonisense 4 wil bestudeer, moet jy die hele hoofstuk 4 lees, maar ook hoofstukke 3 en 5, en (d) soms ook nodig om die hele boek (byvoorbeeld al vyf hoofstukke van 1Thessalonisense) te lees. Rapture-predikers lief dit om 1Thessalonisense 4:16-17 te gebruik om die wegraping te 'bewys'. Maar wanneer 'n mens nou hoofstukke 3 en 5 weerskante van hoofstuk 4 lees, kry jy 'n duideliker verstaan van wat hier ter sprake is, en dan sal jy sien dit gaan om Jesus se 'wederkoms'. Die woord 'wederkoms' kom byvoorbeeld in die volgende verse voor: Hoofstuk 3:13 : wederkoms Hoofstuk 4:15 : wederkoms Hoofstuk 5:23 : wederkoms Om nou boonop te wil sê Hoofstuk 4:16-17 is die wegraping, terwyl die vooraf vers van Hoofstuk 4:15 spesifiek duidelik die wederkoms aandui, is 'n verdraaiing van dit wat in die Bybel staan. Maar kom ek haal 1Thessalonisense 4:15-17 aan, en dan sal jy die wederkoms duidelik sien - kyk ook na die woord "WANT" waarmee vers 16 begin, want dit dui op 'n aansluiting by vers 15. "WANT" is die voegwoord wat vers 15 met vers16 verbind ... en vers 15 praat oor die wederkoms. Jy kan mos nie wegraping nóú hier gaan indruk net omdat jy dink dit hoort volgens jou mening daar nie - jy moet hou by wat in die Bybel staan. En vers 17 begin met DAARNA ... verwysende na die voorafgaande verse waar dit duidelik staan WEDERKOMS. 15. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die WEDERKOMS van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bostaande verse dui onteenseglik die wederkoms aan - hoe meer duidelik moes Paulus dit gesê het? En dit gaan 'n fenomenale gebeutenis wees: Jesus kom van die hemel af met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met die geklank van die basuin van God. Die hele wêreld sal weet. Die storie van 'n geheime wegraping, waar mense net verdwyn het, is nonsens. Maar moedswillig sal rapture-predikers steeds sê Paulus praat oor die wegraping, terwyl Paulus onomwonde sê dit is die wederkoms. Let wel, vers 15 sê nie tot by die wegraping nie, maar tot by die wederkoms. Die KJV stel dit so: "And the very God of peace sanctify you wholly; and I pray God your whole spirit and soul and body be preserved blameless unto the coming of our Lord." Let wel, vers 15 sê 'coming of our Lord' en nie rapture nie. Kyk ook na die volgende hoofstuk, naamlik Hoofstuk 5:23 : "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die WEDERKOMS van onse Here Jesus Christus!" Let op, weereens, ook vers 23 sê by die wederkoms en nie wegraping nie. Rapture-predikers gebruik (misbruik) een woord in 1Thessalonisense 4 vers 17, naamlik 'arpazw' ('meegevoer'), om te sê Paulus praat hier van die wegraping, terwyl vers 15 dit egter stel dis die wederkoms wat hier ter sprake is. Volgens Strong se konkordansie beteken die woord 'arpazw' (uitgespreek as 'har-pad'-zo') : 1) to seize, carry off by force 2) to seize on, claim for one's self eagerly 3) to snatch out or away Vers 15 sê dit is Jesus se wederkoms, en verse 16-17 sluit hierby aan om te sê wat verder by die wederkoms plaasvind, naamlik dat ons met Jesus se koms van die aarde sal opgaan (meegevoer, snatch out or away, caught up, arpazw) om Hom tegemoet te gaan en om altyd by Jesus te wees. Onthou, die Bybel in hoofstukke en verse is eers in 1551 deur Robert Stephanus gedoen. So lees 1Thessalonisense 4 verse 15 tot 17 as 'n eenheid en vertel my dan dat jy nog steeds sê dit is die wegraping en nie die wederkoms nie. Ek skryf dit vir jou neer: "Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die WEDERKOMS van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees." (1Thessalonisense 4:15-17). Duidelik die wederkoms. Nie wegraping nie. Paulus se doel met 1Thessalonisense 4:15-17 is verseker nie om 'n wegraping teorie te formuleer nie, maar hy vertel aan bekommerde gelowiges wat sal gebeur met ontslapenes, mense wat reeds dood is, voordat die wederkoms sal plaasvind. Paulus wil hier aan gelowiges die gemoedsrus en versekering gee dat gelowiges wat in Chrustus gesterf het, eerste sal opstaan en by Christus sal wees. Hoekom is dit belangrik om nie die dwaalleer en misleiding van die wegraping aan te hang nie? Hoekom is dit belangrik om 'n onderskeid te tref tussen Jesus se belofte dat Hy weer sal kom teenoor 'n mensgemaakte wegraping doktrine? Omdat wanneer jy die wegraping idee glo, vestig jy jou hoop op die wegraping om die groot verdrukking en antichris te ontsnap. Jy glo dat jy weggeraap sal word voordat die groot verdrukking gebeur. Met die groot verdrukking gaan miljoene mense nie gereed wees vir die verdrukking nie, want hulle glo hulle sal betyds weggeraap word. En dan gaan hulle bitter teleurgesteld, of "disgusted" wees in die rapture-predikers wat hulle mislei het en valse beloftes gemaak het. Vir ons wat vashou aan Jesus Christus, ons weet Hy sal met ons wees al die dae tot aan die voleinding van die wêreld, en ons hou vas aan Sy belofte dat Hy weer sal kom. Jy gaan nie weggeraap word voor die groot verdrukking nie. Dit is 'n valse hoop. Jesus het gesê ons sal deur tye van verdrukking en vervolging gaan. Jou hoop is dat die Goeie Herder met jou sal wees wanneer jy deur die dal van doodskadu gaan en Hy jou sal bring by groen weivelde en waters van rus. Jy gaan nie weggeraap word nie, maar God sal die opregte gelowige bewaar van die boosheid wat reeds hier teenwoordig is en in die groot verdrukking sal intensifiseer. Jesus het nooit 'n wegraping gepredik nie, inteendeel, Jesus bid tot die Vader (Johannes 17:15): "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar".
@alettajohannavanwyk53884 ай бұрын
n Baie! goeie! getuienis! Stefanie! Doen so voort! Xxx
@Sarievandermerwe-y4v5 ай бұрын
Wow, kosbaar ❤
@AletLocke6 ай бұрын
Amen wat n awesome getuienis mag God jou ryklik seen elke dag dankie dat jy jou getuienis gedeel het👏👏👏
@hanliecoetzer20508 ай бұрын
Mia .. jou getuienis raak my hart op meer as duisend maniere.. en omdat ek jou ken nog meer... ek prys Die Here vir jou lewe... jy het my seuntjie so baie gehelp.. lief jou altyd
@RoseKemp-e2o10 ай бұрын
Amen Amen baie danq Anita ve die betroubare getuienis dit red verserker lewens❤
@sarahroman89010 ай бұрын
Psalm119vers105 dames baie dankie Vir verstandige woorde oor wat in u Dr.Leonie met MeV.DeJagerpraat oor het n waaragtige gesprekvoering wat my ook blydskap gee.baie dankie weereens❤c
@alettajohannavanwyk538810 ай бұрын
Awesome!!!xx❤
@alettajohannavanwyk538810 ай бұрын
Jy is baie! BRAAF!!! AMEN!!❤
@Eezehealth11 ай бұрын
Dankie Cecile, dit was so verblydende boodskap!
@helenehoon8931 Жыл бұрын
Elma en Prof Gerrie, baie dankie vir hierdie besonderse boodskap... dit is wel opgeneem in 2018, maar bly steeds várs en vól krag, soos nét die Woord bly voed, heel en hernu! My hart sing HALLELUJAH vir my Koning, en ek kan net vra vir genáde om die woorde wat ek spreek, woorde gebore vanuit God se hart sal wees! Spreuke 18:21 van lewe en dood wat uit ons woorde vloei, kan heel of verwoes... dit is my gebed en begeerte om 'n súiwer fontein te wees, met heerlike soet, suiwer water❣️
@IstellieVanEck Жыл бұрын
.n
@jacquelineenslin2524 Жыл бұрын
Ek en Tannie Pam het hierdie Hand Sign wat ons altyd gedoen het ...Dan sê sy In Christ..dan maak ons altwee so met ons hande✊️😌❤
@carlibasson2410 Жыл бұрын
Ja sjoe, ek dit nou al gedeel en meer as 4keer geluister, wil julle nie dit in Engels ook doen nie asb?
@esmenagel7715 Жыл бұрын
Baie dankie vd waarheid en riglyn
@carlibasson24102 жыл бұрын
Amen!!! Sal julle dames asb die reeks weer in Engels kan doen? So baie mense reg oor die wêreld kort die boodskap!!!
@carlibasson24102 жыл бұрын
Amen!
@carlibasson24102 жыл бұрын
Dankie vir die dames xxx julle al oorweeg om dit in Engels ook te doen en dalk as 'n podcast? Is daar dalk 'n audio boek weergawe van Christa se boek?
@hendrikhermiaskotze24342 жыл бұрын
Ek wil graag Fransie Van Wyk cellphone nommer of email address in die hande kry asb.
@yolaniepieters66652 жыл бұрын
Kosbare getuienis.. Baie Dankie
@hannelierossouw60342 жыл бұрын
AMEN AND AMEN 👏🙏
@yolandadupreez8302 жыл бұрын
Dankie vir die kosbare boodskap. Ons Vader het deur die Heilige Gees die boodskap op presies die regte oomblik aan my gebring. Mag Hy jul ryklik seën in jul bediening
@hannelierossouw60342 жыл бұрын
AMEN AND AMEN. JESUS is soooo LIEF vir jou en my. Geseénde dag vir jul almal. 👏🙏🤗
@yolandadupreez8302 жыл бұрын
Baie dankie vir die lering, dit is so op antwoord van gebed, ons Vader is getrou. Ek besef net hoe min die waarheid suiwer verkondig word, nou wil en gaan ek deur Sy genade toepas wat ek geleer het🐞
@rikagreyling62022 жыл бұрын
Dit was 'n Groot Voorreg om jul vandag te ontmoet het en op die koop toe, jou getuienis te luister vanaand. Mag Vader hierdie getuienis versprei soos 'n veldbrand. Mag baie hieruit bevry word. Mag jul geseënd wees. Dankie Here vir mense wat vir my ook gebid het🙏
@petroboerefijn39472 жыл бұрын
Waar Kan ek die volgende episode v Fransie kry groot asseblief, AL haar episodes as moontlik is Asseblief ?
@ignacronje49192 жыл бұрын
Nuclear weapon putin
@Rusty_cutlery2 жыл бұрын
Sjoe ek kla maklik... ek is dan lank in die woenstyn???
@marietjiebotma49612 жыл бұрын
💞
@aninablaauw11442 жыл бұрын
Wat ñ ongelooflike testimony❣️Gerrie ek bid vir my seuna Neill, daar ver in New Zealand🙏🏻
@jacolineerasmus32242 жыл бұрын
Amen
@almariebehr10743 жыл бұрын
Dankie vir die getuienis. Die Here se ek sal vir jou meer gee as wat jy verloor het. Ek sal jou NOOIT VERLAAT of BEGEWE!!!!!!!
@johannesuys74803 жыл бұрын
Jesus kom vir die TWEEDE maal (wederkoms) vir die wat hom verwag tot saligheid. Hebr 9:28. Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die Hemel sal net so terugkom (wederkoms) soos julle Hom sien wegvaar het. Hand. 1:11. Jesus kom weer: dadelik na die verdrukking en sal verskyn op die wolke van die Hemel. Matt. 24:29-30. Met Jesus se wederkoms sal die wat gered is die Here tegemoet gaan in die lug. 1Thess.4:15-17. Met Jesus se wederkoms vereenig ons met Hom in die lug. 2 Thess.1:1 Wanneer Jesus weer kom, kom Hy in vuur en vlam en sal wraak uitoefen op die wat Hom nie gehoorsaam was nie terwyl sy heiliges in Hom verheerlik sal word. ( in die lug) 2 Thess 1:8-10. Voordat Jesus weer kom moet daar eers n afvalligheid van die waarheid plaasvind sodat die antichrist geopenbaar kan word.2 Thess2:3 Wanneer Jesus weer kom sal Hy die antichrist verdelg en tot niet maak asook die wat afvallig geword het van die waarheid.2 Thess2:8-12. Niemand gaan verdwyn of weggeraap word voor Jesus se wederkoms nie.
@chrissmit26143 жыл бұрын
Die mens ontvang die doping met die Heilige Gees by wedergeboorte. Die Pinkster en charismatiese bewegings glo dat daar n doping met die Heilige Gees is na wedergeboorte wat hulle dan ook noem die :Second Blessing" dit gaan dan ook gepaard met die spreek in tale. Dit is onskriftuurlik!! wonder of baie van hierdie gelowiges weet wat beteken die woord Glossa?? dit is n dialek van tale wat in die wereld gepraat word en nie n brabbeltaal wat ons in vandag se kerke sien gebeur nie.
@iansnooke33163 жыл бұрын
Kyk, niemand gaan op my kop piepie en sê dis reen nie. So hy maak haar suffer vir sestien jaar en toe iewe skielik spring hy in? Asseblief. Landie en haar broer is die heroes, nie die kamstigge "heilige gees" nie.
@rozanneclaudettemoses35093 жыл бұрын
Hallelujah 🙌🙌🙌
@kobusbritz95743 жыл бұрын
Gewone vroue wat by n God van uitnemendheid uitgekom het. Wonderbaarlik is Sy werke. Prys Sy lief like Naam. Amen.
@lianavandenberg17163 жыл бұрын
Bestaan die kanaal nog?????
@yolandescott53583 жыл бұрын
Powerfull boodskap. As ons kan leer hoe om in n huwelik n verhouding te bou en een te word. Leer ons ook hoe om met Vader in n huwelik in te kan gaan!!!! 🙏🙏🙏
@rozanneclaudettemoses35093 жыл бұрын
We serve a maricle working God🙏🙏🙏
@roleenvdmerwe974 жыл бұрын
Jy is n groot insperasie Landi, en so jammer waardeur julle moes gaan m hart gaan uit vir jou en jou boeties en sussies Xx
@charmainejonck10464 жыл бұрын
Amen!
@cornevanbiljon63064 жыл бұрын
Uit watter vertaling lees jy asb Elma? Dis pragtig!!!!
@rikagreyling62022 жыл бұрын
TPT VERTALING
@riettepretorius3024 жыл бұрын
Amen!
@riettepretorius3024 жыл бұрын
Dankie Gerrie!
@yolandescott53584 жыл бұрын
Awesome getuie!!!! En dit is so waar dat so baie mense in hul eie tronke is. En tog dink ek hulle besef dit nie. Mag Pappa jou Sus net seën en haar pad gelyk wees. Ons dien n awesome Pappa. Al word ons moeg en oorlaai. 🙏🙏🙏🙏