Bloedrivier 1838: Geloftevolk, hou ons gelofte in 2019! Ds Gustav Opperman

  Рет қаралды 11,729

Woorde uit sy Woning

Woorde uit sy Woning

Күн бұрын

Hou die Bloedriviergelofte van 1838 in 2019, Geloftevolk! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning
Prediker 5:3-4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Want: As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening! Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek.
Skryf asb in op ons KZbin kanaal! Kliep op UC4a6OxJVCv1iYCtt6TjpGMQ
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Na...
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
4) Beskikbaar:
Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's)
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Hierdie Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels.
Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Besoek ons Faceboek-blad: Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Ons gemeente is 101 jaar oud.
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Musiek gebruik in hierdie video:
1) Anguish: Kevin MacLeod
2) Ps 65 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
#geloftevolk
#bloedriviergelofte 1838
#gelofte 1838
#geloftedag 2019
#gustavopperman
@gustavopperman
@inaopperman

Пікірлер: 48
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Kyk by Ditsem-koerantjie se Facebook of www.Ditsem vir Geloftefeeskalender van landswye feeste. Ook op Pretoria se webwerf by gebeure vir Geloftefeeste. (Dankie, Kittie Kok, wat hierdie inligting verskaf het!)
@davehowell6453
@davehowell6453 4 жыл бұрын
Dankie vir die pragtige woorde, Dominee. Ek sou so graag die Erediens saam met u gemeente wou vier, maar dis nie moontlik nie. Mag die Here van Abraham, Isaak en Jakob die Boere Volk seën terwyl hulle die Gelofte eer.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Dankie Dave. dankie Here vir die gemeenskap van die gelowiges
@marilynr7469
@marilynr7469 4 жыл бұрын
Ek is bruin en Afrikaans- Ek weet my bloed is gemeng met voorvaders vanuit Europa en Suider Afrika (khoi) en vir jare was ons geleer om nie trots te wees op ons taal nie, dat ons net die produkte is van slawerny en verkr*agting en dat ons geen erfinis het nie- en vir jare het ek tussen die engelssprekende (asook die bruin engelssprekendes) skaam gevoel en selfs minderwaardig gevoel oor wie ek is, Afrikaans, Bruin en bonop arm ook. Toe ons Afrikaner geskiendenis geleer het op skool in die 1990s, was dit so wonderlik- alles oor Bloedrivier en die groot trek Maar daai tyd het die curriculum so vinnig verander die volgende jaar in graad 6/7 was al die Afrikaner geskiedenis uitgehaal en vervang met ANC geskiedenis. Ek het sowat 8 jaar terug n nuwe liefde ontwikkel vir my taal en my land, jammerte dat dit gebeur het toe ek VSA toe verhuis het- en dis hier waar ek my Ouma se ou bybel oopgemaak het en weer die Woord van God begin lees in my moedertaal.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Beste Marilyn,, kosbaar wat jy vermeld rondom jou ouma se Bybel. Dit is die beste skat wat 'n grootouer aan sy of haar kleinkinders kan nalaat.
@christofferraby4712
@christofferraby4712 4 жыл бұрын
Marilyn jy moet trots wees dat die ooggetuie dat het geskryf oor die slag van Bloed Rivier was 'n bruin mense voortrekker en' n vriend van Andries Pretorius. Sy naam was Coenraad Bantjes. Die boek waar hy het geskryf oor Bloed Rivier is in Voortrekker monument.
@lduplessis5725
@lduplessis5725 4 жыл бұрын
My geliefste broeder in Christus, ek hoor jou hart en jou soektog vir n identiteit en waardigheid maar dit lê nie in n taal, velkleur, of stam nie maar in die feit dat jy in die gelykenis van die allerhoogste God geskape is, en die heilge skrif sê God het nie " favourites" nie. Groete.
@ZandrichMynhardt
@ZandrichMynhardt 4 жыл бұрын
Ek was nuuskierig om u optesoek, maar dit lyk my jy vermy profiele elders.
@christofferraby4712
@christofferraby4712 4 жыл бұрын
@@lduplessis5725 it is important for Christians of all different cultures who had miracles happen to them to celebrate God's protection. It is also important that they can read the scriptures in their own language. It is a good thing that Christians who are descendants of Voortrekkers who want to celebrate this day because it is celebrating God's protection. It is not about people thinking they are better than others. It is about people remembering what God did for their families. In Egypt Coptics celebrate the miracle of 'Samaan the Tanner' (a protection miracle). It does not mean it is about being better than others. It is about remembering God's protection. 'Geloftedag' is the same.
@tersiamarais5191
@tersiamarais5191 2 жыл бұрын
Rooi klere.....👿👿👹
@emmerentiagroenewald3694
@emmerentiagroenewald3694 9 ай бұрын
Jy is kleurblind.......
@cape239
@cape239 4 жыл бұрын
Elke Afrikaner moet Geloftedag herdenk.
@shineandre
@shineandre Жыл бұрын
Hallelujah ek is geroep om deel te wees van God se volk. Groot is ons Heer en magtig.
@shineandre
@shineandre 3 жыл бұрын
Die belangrikste dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word steeds gevier en vereer deur diegene wat God liefhet en in hul harte hou, die gelofte wat aan God gemaak is. 'N Gelofte wat belowe, dat as God hulle van hul vyand sou verlos, dat hulle en hul kinders en kleinkinders vir 'n geslag kom, hierdie dag vier, 16 Desember, as 'n heilige dag wat vir God afgesonder is, vir sy goedheid en barmhartigheid teen 'n minderheid mense teen 'n sterk en magtige vyand. God seën elkeen en hul gesinne met veiligheid en sekuriteit wat hul geloftes sal eer en nakom van die skrik wat hulle elke dag in hierdie land teëkom. Hy is nie 'n man wat hy moet lieg nie, en ook nie soos die mensekinders om dit te belowe en dit nie te onderhou nie. God is getrou om sy beloftes na te kom. Dankie, Vader God. Mag u my en my huis seën met u heil vir geslagte in Jesus Naam. amen
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 3 жыл бұрын
Baie dankie vir jou inset, Andre Cronje. Waardeer!
@janniemeyer9951
@janniemeyer9951 9 ай бұрын
Amen. Amen. Angus Buchan. Saluut.
@kyriacosandirmaanastasi3204
@kyriacosandirmaanastasi3204 8 ай бұрын
Ek het die gelofte in my huis hier in Cyprus. Got it from the Voortrekkers monument in Pretoria. Ek is jammer what is happenning in SA. espesialy to the Boer people. They suffered so much. Ek is jammer. Lived in SA for6 years. Ek wiet Suid Africa. Alles van die beste.
@bbviljoen1153
@bbviljoen1153 4 жыл бұрын
Stem saam dat ons die gelofte moet hou maar hou nie van die obilisk voor oom op die tafel nie!
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Ons voorouers het in hulle eenvoud by beide die Vrouemonument asook die Paardekraal monument die betrokke ontwerp gevolg sonder om dit doelbewus met die Egiptiese sonaanbidding in verband te bring. By beide monumente was daar ook nog nooit, sover my kennis strek, enige voorkoms van sonaanbidding gewees nie. Dankie vir jou belangstelling Erik.
@bbviljoen1153
@bbviljoen1153 4 жыл бұрын
Hallo oom, ek stem saam vir lank was ons gewone mense soos oom sê in hul eenvoud onbewus van die simboliek ens maak ek kan oom amper waarborg een of ander vrymesselaar of heelwaarskylik vrymesselaars was betrokke by die oprigting van daai monumente. Net in ons klein dorpie is hulle op al wat ñ raad, bestuursliggaam, kerkraad en noem dit maar, hulle is soos kanker en oorals los hulle, hulle merke en simbole. Selfs ons geliefde Voortrekker monument is deurspek met vrymesselaars/songod aanbidding. Vrede vir oom.
@hansvorste84
@hansvorste84 2 жыл бұрын
Dankie.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 2 жыл бұрын
Dankie, @HansVorste. Ons waardeer jou dankie. Ina en Gustav
@dirkhanekom8323
@dirkhanekom8323 4 жыл бұрын
Die Gelofte is die identiteit van ons Volk as behorende aan die Almagtige HERE. Dit is wie ons is. Deur ons geloof in Jesus Christus alleen, sal ons vry word as Sy Geloftevolk. Prys die Here daarvoor; en, veral bo enige ander wat dink hulle is gode. In Christus sal ons gelei deur die Gees, in en deur ons geloof om die Christus seeninge soos verskadu in Deuteronomium 28:1-14 ontvang, in die uitleef van ons Gelofte om 'n Huis vir Hom op te rig en te wees - waar dit HOM sal behaag; maar, as ons dit afwys, vir mammon en die wereldse wat ookal en die gruwels van aborsie en sodomie, sal ons sekerlik ontvang, elke enkele vloek soos dit verderaan in Deuteronomium 28 as skadu van verwerping deur Jesus Christus beskryf word. Wees waaksaam in u geloof in Jesus Christus Geloftevolk, vanuit die Boere-Afrikaners en wie anders dit aanneem as u eiendom en u daarmee vereenselwig.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Dis waar, Dirk Hanekom. Dankie
@dirkhanekom8323
@dirkhanekom8323 4 жыл бұрын
Dankie. Maar ons moet ons in die gees onderwerp aan die Gees vsm die Waarheid.
@andriestheunissen9525
@andriestheunissen9525 4 жыл бұрын
Dankie, dit laat nou na baie jare toe terugdink na die 1960tags toe ons in Newcastle Natal gewoon het en Geloftedag by Bloedrivier gedenk het, dit sal my altyd blyby. Die predikante van die drie Susters Kerke het elke jaar beurte gehad om te preek.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Ja, dis kosbare herinneringe.
@irisseegers2793
@irisseegers2793 4 жыл бұрын
Dit is soo kosbaar!!🙏🙏🙏
@lienkyolwage1528
@lienkyolwage1528 4 жыл бұрын
Kontak my asb
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 4 жыл бұрын
Lienkie, is jy aan 'n gemeente verbonde? Wat is jou eposadres, selnommer? Gustav en Ina Opperman
@mynhardtsaayman1
@mynhardtsaayman1 4 жыл бұрын
Weet Ds meskien of daar 'n byeenkoms in Kaapstad sal wees en baie dankie vir jou videos, ek download gereeld.
@011gustav
@011gustav 4 жыл бұрын
Waar gaan die mense bymekaar kom? Iewers in Johannesburg area?
@gustavopperman4566
@gustavopperman4566 4 жыл бұрын
Beste Mynhardt. Dankie vir jou reaksie. Ek weet maar min wat in die Kaap gebeur. Ek weet wel dat Dr Chris Saayman van die NG Kerk Tafelberg (dolorerend) 'n Geloftediens aanbied.
@gustavopperman4566
@gustavopperman4566 4 жыл бұрын
@@011gustav Geloftefeeste word die hele land oor op verskillende terreine gehou. As ek presies weet waar jy bly, kan ek probeer om 'n aanbeveling te maak.
@011gustav
@011gustav 4 жыл бұрын
@@gustavopperman4566 Ek bly in die Wesrand. Weltevreden Park om meer presies te wees. Ek wil net dankie se vir die video. Dit le al baie jare swaar op my hart en ek is bly iemand het in gespring. EK sal volg en ondersteun. Mense kan nie 'n gelofte aan God doen en dit nie nakom nie.
@mynhardtsaayman1
@mynhardtsaayman1 4 жыл бұрын
@@gustavopperman4566 baie dankie ons sal daar wees. Lekker dag.
@museworx6066
@museworx6066 4 жыл бұрын
Vandag suffer ons want ons het ons Gelofde aan GOD verbreek. Shame
Waarom weifel jy? Mar 6 Ds Gustav Opperman GK Bethulie @WoordeuitsyWoning
31:02
Cute
00:16
Oyuncak Avı
Рет қаралды 12 МЛН
Стойкость Фёдора поразила всех!
00:58
МИНУС БАЛЛ
Рет қаралды 3,5 МЛН
💩Поу и Поулина ☠️МОЧАТ 😖Хмурых Тварей?!
00:34
Ной Анимация
Рет қаралды 2 МЛН
WELLINGTON-OOS DIGIDIENS  | Dink aan jou Skepper | NJ van As | Prediker 12
9:41
Bloedrivier - Toe die Skepper ingetree het
4:07
Boermedia
Рет қаралды 15 М.
Dagbreek: Onderhoud - Vrymesselaars
11:37
kyknettv
Рет қаралды 62 М.
Johan Vercueil - "Hierdie Gelofte"
4:26
Gerhard Wessels
Рет қаралды 31 М.
Cute
00:16
Oyuncak Avı
Рет қаралды 12 МЛН