Gegroet uit Reno Nevada. Dit was nou lekker om Pieter te sien hier in die vreemde. Dit is kos vir die siel vir 'n scatterling! My seun Sven het in Amerika leer praat so 100% Yank aksent wat bietjie Afrikaans verstaan maar glad nie praat nie. In Julie 2017 het ons Pieter by ons privaat partytjie Oos van Pretoria gehad en julle moes daai Yankie aksent hoor "Sturky WandewMawe" vir maande loop en sing! Hy luister dit nounog as ons op die pad is. My neef se seun is met Amerikanse meisie getroud en sy het "Stukkie" troue temalied gemaak!. So die "beat" van daai lied gaan verby taalgrense. Pieter en ander kunstenaars sal verstom wees om hulle musiek te hoor in allerhande vreemde plekke soos om 'n kampvuur in Nevada woestyn, op ons boot onder die "Golden Gate bridge", om 'n winter braaivuur in die 5 voet sneeu ens. Ek het Pieter al paarmaal ontmoet, onder andere so 2007 by Ben Kruger toe my Duitse Aupair met Ben se seun uitgegaan (en nou getroud is). Ek noem toe vir Pieter dat hy by Firkin die meisies vir ons warm gemaak het en ons dan vandaar oorgevat het. Hy drraai toe na sy meisie en se: "Hoor jy daar, ek het jou mos gese^!"