Рет қаралды 1,595
AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om die vermoëns wat AfriForum-buurtwagte met hul hommeltuie en radio- en kameranetwerke het, wat van ’n sentrale of mobiele punt gemoniteer kan word, ten toon te stel. Volgens Jacques Broodryk, woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, kan daar nie meer alleenlik op die wetstoepassers staatgemaak word nie en moet mense by buurtwagte betrokke raak om hul eie veiligheid te prioritiseer. Neem jou veiligheid in jou eie hande en sluit vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag aan. Besoek www.afriforumbuurtwag.co.za.