Рет қаралды 132
Gered en Geroep om Heilig te lewe. Ps 24
II TIMÓTHEÜS 1:
[9] wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,
EFÉSIËRS 4:1 AFR53
[1] EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
I PETRUS 1:14-16 AFR53
[14] Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. [15] Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, [16] omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
LEVÍTIKUS 19:2 AFR53
[2] Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die Here julle God, is heilig.
JESAJA 6:3 AFR53
[3] En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Heilig = "hagios"
Sacred, blamele
ss, cinsecreted, holy, saint.
Moreel, sedelik en geestelik rein en heilig te lewe. Eenkant gesit vir diens aan die Here, Moreel onberispelik, suiwer, gewyd.
LUKAS 6:
[46] En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
JAKOBUS 2:14-19
2 Kronieke 3:1
1) Hy wat rein van Hande is
Eerbare aksies, optredes en dade. Wat ek persoonlik leef en doen.
Is my hande rein voor God?
Jes 1:15-18
JESAJA 1:
[18] Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
2) Die wat suiwer van hart is.
Wat ek bedink.
As my gedagtes hoorbaar moes wees, wat sal mense hoor?
God hoor jou gedagtes.....
Is my hart rein en eerbaar of is daar bose motiewe in my siel.
SPREUKE 4:
[23] Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. [24] Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. [25] Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. [26] Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, [27] wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
3) Wat sy siel nie ophef tot nietigheid nie.
One who does not lift his soul up to an idol.
God altyd eerste en dan volg die res.
Niks of niemand mag ooit meer belangriker wees as God self nie.
MATTHÉÜS 22:
[37] En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. [38] Dit is die eerste en groot gebod. [39] En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Everyday is a day of new beginnings.
4) Nie vals sweer nie.
Moenie lieg of uit 2 monde praat nie.
If you dont lie, you dont have to remember.
PSALMS 15:
[1] 'n PSALM van Dawid. Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? [2] Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; [3] wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; [4] in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
As dit die standaard van die Ou Testamentiese heiliges was, hoeveel nou nie te meer nou vir ons wat met vrymoedigheid na die Troon van Genade kan nader nie.
HEBREËRS 10:
[19] TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus [20] op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, [21] en ons 'n groot Priester oor die huis van God het, [22] laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Water is die simbool van God se Woord.
Joh 15:3
Efe 5:26
DIE BELOFTE
Dis nie tydelike en wêreldse seën nie.
Dis die seën van sonde vergifnis, om die sekerheid van saligheid te hê. Die vrug van die geregtigheid en seën van God in my lewe.
God se wysheid en insig in my lewe.
Dit is meer werd as Goud en Silwer.