Рет қаралды 4,544
Die sangers Nightbird het eenmaal gesê: "You can’t wait until life isn't hard anymore before you deside to be happy.”
Ek is gebore met n lekkasie in my hart en het ‘n ope hartoperasie gehad toe ek 4 jaar oud was. Hulle het aan my hartklep gewerk maar dit nie vervang nie. Hospitale ken ek van kleins af, maar van kleins af glo ek in “Sterk staan en druk deur!” Die Here het mos gesê: "Ek sal niks oor jou pad bring wat jy en Ek nie saam kan hanteer nie.”
Êrens in 2016 het iets in my begin snaaks voel. Na ‘n afspraak by die dokter is n sist so groot soos n pomelo in my lyf gekry en na ‘n operasie om dit suksesvol te verwyder is ek gediagnoseer met “Stage 4 overian Cancer.” My grootste toets nog. Dié wat kanker het sal vir jou sê - dis een ding om daardeur te gaan, maar dis heeltemal ‘n ander ding om jou familie ook daardeur te sien gaan saam met jou. Dink nie enige van my mense het geëet of geslaap in daardie tyd nie. Met die Here se krag is ek deur ‘n jaar se chemo en met Danie Botha se liedjie, "It’s so Easy when God is with you" in my gedagtes, het ek kanker oorwin.
Kon nie glo Desember toe die dokter sê 7 jaar is al verby nie. Ja, ek was daar want ek het vreeslik moeg begin raak en wou net hoor of als reg is.
Die dokter wou net seker maak en stuur my toe vir ‘n longplaat en daar sien hulle toe die water in my longe, wat beteken, dis my hart. Om te gaan lê en myself jammer kry was nooit ‘n opsie nie want die Here seën my uit my skoene uit. My werk gee vir my dae af as ek te moeg is, reël vir my ‘n vertrek, ‘n stoel en maak vir my ‘n bed uit voersakke om te gaan lê in my etenstye. Die oulikste dokter het uit die Kaap gekom en so het ek toe weer ‘n ope hartoperasie in Maart 2023 en is ek geseën met ‘n splinternuwe hartklep. My herstel is stadig maar ek word elke dag sterker.
Ek het besluit in plaas van om kwaad te wees vir die Here vir wat met my gebeur het, gaan ek Hom loof en prys dat my hartklep gewerk het vir 40 jaar en gaan ek vir Hom dankie sê dat daar dokters is wat my kan help.
Ons het nooit beheer oor wat met ons gebeur nie maar ons het beheer oor hoe ons dit hanteer.