Een van die mooiste liede van Lucas Maree. Pragtig, so mooi beskrywend van n droomvrou.
@stephaniejooste38795 ай бұрын
Die dag voor ons troue 21 jaar terug het my man my gebel en "Droomvrou" vir my gespeel. Dit het op daardie oomblik op die radio gespeel en hy het aan my gedink. Dit klink seker snaaks maar my man is nie iemand wat sy hart op sy mou dra nie, en hy kan nooit die woorde van lietjies onthou nie. So, ons mag seker nie 'n liedjie hê soor ander paartjies nie, maar Droomvrou is vir my 'n teken van hoe hy my lief het. Dankie Lucas, vir hierdie lietjie!
@daniellaubscher41557 жыл бұрын
Dis 'n besondere ervaring om na hierdie Afrikaanse liedjies van ouds te luister wat altyd sagtheid in my hart bring, saam met sommer 'n klomp heimwee vir die tyd wat so vinnig aanstap.
@mikehowell-ouafrikaanseliedjie7 жыл бұрын
Dankie Daniel. Ek is bly wanneer ek hoor julle mense geniet dit. Ja, dis vir my ook 'n heerlike nostalgiese ervaring , en ek ontdek self "nuwe" oues so in my soeke
@inavrey-roodt42915 жыл бұрын
Baie mooi gestel.
@hendrikdegoede9813 жыл бұрын
Het die voorreg gehad om lekker saam met Lukas te kuier so n paar jaar voor sy dood in Kareedouw.Wat n ongelooflike diep siel en wonderlike stem..
@ebenmulder43864 жыл бұрын
Dit was ‘n overgeetlike voorreg om Lucas te ontmoet. Sy musiek vul my met nostalgie en rykdom hier in die verre Amerika... Mooi herinneringe van vergange dae...
@barrysaayman Жыл бұрын
So mooi.
@leonswart7526 жыл бұрын
Daar is een besonderse "Droomvrou" weergawe van hom en ek kan dit net nie weer kry nie!! As iemand dalk 'n weergawe het wat anders as die beskikbare KZbin's, plaas dit asseblief as jy kan...sal jou ewig dankbaar wees om "daardie" een weer te hoor!
@lizelmeyer86114 жыл бұрын
Ek soek ook na daardie weergawe...
@leonswart7523 жыл бұрын
@@lizelmeyer8611 Lizel Ek kan nie glo dat nog niemand (selfs sy vrou het nog nie gereageer nie) vir ons kon help met daai weergawe nie (en ek weet ek sal dit dadelik herken as ek dit hoor....sy beste!!!) Iemand help asseblief....dis nie een van die 2 of 3 weergawes op KZbin nie
@gerrit40202 жыл бұрын
Dalk hierdie een? kzbin.info/www/bejne/rou1q6Z3YtWhjtU
@jeanettegerber44673 жыл бұрын
My droomman het dit vir my gestuur. Baie spesiaal!!!
@flipvanderwalt7228 ай бұрын
Ek droom van jou
@elizethompson86272 жыл бұрын
Bly maar die beste
@tersakorff21813 жыл бұрын
Awesome, Danki🌺
@JohannaDeLange-k7g Жыл бұрын
So moooi, dankie
@margariethaisabellalubbe67752 жыл бұрын
Pragtig.
@renathasnyders8664 жыл бұрын
EK SOEK NOU VIR JARE AL NA HAAR MET ‘N HONGER HART WAT NET NIE WIL BEDAAR NIE SY’T MY WAKKERWERELD SKOON DEURMEKAAR GEMAAK DAN DROOM EK OOK NOG ELKE AAND VAN HAAR SY’S ALTYD MET HAAR RUG NA MY GEDRAAI HAAR GESIG HOU SY GEHEIM EN HAAR NAAM DIE MOET EK RAAI MAAR EK WEET EK KEN DIE MEISIE WAT DAAR STAAN EN EK WENS EK KON NET NADER AAN HAAR GAAN KOOR HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU AS SY TOG MAAR NET EEN KEER OM WOU KYK WANT EK WONDER WIE SY IS EN HOE HAAR OE LYK EK WEET EK KEN DIE KURWES VAN HAAR VLEES EN EK WEET EK KEN DIE WARM VAN HAAR GEES HERHAAL KOOR HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU NET NOU DIE AAND, TOE KYK SY SKIELIK OM EN EK MOET ERKEN EK WAS TOT IN MY SIEL VERSTOM DIE SOEKTOG NA MY DROOMVROU WAS VERBY EN SY WAS TOE AL DIE TYD MAAR NET JY HERHAAL KOOR HIERDIE IS ‘N LIEDJIE NET VIR JOU , DROOMVROU EN EK SING DIT, JA EK SING DIT NET VIR JOU EN EK HOOP AS JY DIT HOOR SAL JY ONTHOU, DROOMVROU DAT EK JARE LANK GESOEK HET NET NA JOU