No video

Moet net nie jou rug draai nie - Andries Enslin, 28 Januarie 2018 NM

  Рет қаралды 17,401

LewenSentrum

LewenSentrum

6 жыл бұрын

28 JANUARIE 2018
MOET NET NIE JOU RUG DRAAI NIE
FAILING FORWARD
1 SAMUEL 12:6-23 (DB)
_______________________________________________________________________________
Romeine 8:28-29 (NLV) En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.
ISRAEL SE STORIE, IS ONS STORIE
1 Samuel 12:6-15 (DB) Daarna sê Samuel vir die volk: “Julle weet dit is die Here wat Moses en Aäron gegee het en julle voorouers uit Egipte laat trek het, nè? Wel, kom staan dan hier in die beskuldigdebank! Ek gaan nou téén julle vir die Here getuig, deur al die goeie dinge wat die Here vir julle en julle voorouers gedoen het, op te noem. Nadat Jakob Egipte toe getrek het, het julle voorouers na die Here geroep en gevra Hy moet hulle help. Hy het Moses en Aäron gestuur. Hulle het julle voorouers uit Egipte gelei en vir hulle hier ’n blyplek gegee. “Maar hulle het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die generaal van die dorp Hasor. Die Here het hulle ook in die mag van die Filistyne en die koning van Moab oorgegee. Toe hulle teen julle voorouers oorlog gemaak het, het hulle na die Here geroep en bely: ‘Ons het gesondig, want ons het die rug vir U, Here, gedraai en die Baälgode en Astarte-godinne gedien. Red ons asseblief nou uit die mag van ons vyande. Ons sal U dien.’ “Die Here het Jerubbaäl, Bedan, Jefta en vir my, Samuel, gestuur en die Here het julle vrygemaak van die mag van julle vyande aan alle kante sodat julle rustig kon woon. Maar die oomblik toe julle sien dat Nagas, die koning van die Ammoniete, teen julle optrek, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar móét nou ’n koning oor ons heers.’ En dit terwyl die Here julle God tog julle koning is! Wel, nou hét julle die koning wat julle wou gehad het! Julle het vir ’n koning gevra, en die Here hét vir julle ’n koning gegee! “As julle respek het vir die Here, Hom dien en na Hom luister en nie teen sy bevele in opstand is nie; as julle én die koning wat oor julle regeer, die Here volg, sal Hy julle God wees. Maar as julle nie na Hom luister nie en teen sy bevele in opstand is, sal die Here julle laat swaarkry soos Hy met julle voorouers gemaak het.
1 Samuel 12:20-22 (DB) Samuel het vir die mense gesê: “Moenie paniekerig raak nie. Julle het wel al hierdie verkeerde dinge gedoen, maar moet net nie die rug vir die Here draai nie. Dien Hom met hart en siel. Julle moet nooit hulp soek by daardie hopelose spul afgode nie. Hulle kan niks doen nie. Hulle kan nie help nie, want hulle ís niks. “Die Here sal, omdat Hy ’n goeie Naam het, nie sy mense in die steek laat nie. Ja, Hy het vas besluit dat julle sy volk sal wees.
JESUS GEE ‘N OPSOMMING - JOU HART
Markus 12:29-31 (NLV) Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”

Пікірлер
NOGTANS SAL EK SING - Andries Enslin, 7 Oktober 2018
32:45
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
The Joker saves Harley Quinn from drowning!#joker  #shorts
00:34
Untitled Joker
Рет қаралды 72 МЛН
Don't Let Your Situations Get the Best of You (08-25-2024)
1:29:30
Hoe kom jy uit jou Egipte? - Andries Enslin, 11 Junie 2017 VM
40:47
JAKOBUS: GLO JY NOG IN GEBED? - Andries Enslin, 16 September 2018
32:14
GEE HOM AL TWAALF MAANDE - Andries Enslin, 20 Januarie 2019
34:35
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
Kaggeldenke - Andries Enslin, 17 Junie 2018
37:32
LewenSentrum
Рет қаралды 7 М.
Voetfout of groot fout - Andries Enslin, 21 Januarie 2018 NM
26:10
Doop my met Goddelike liefde - Andries Enslin, 20 Mei 2018
39:40
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
GOD GEE AAN ONS GAWES - Andries Enslin, 28 Oktober 2018
37:24
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
Ouers wreed vermoor; ek moes kies
27:46
Die Getuienis
Рет қаралды 15 М.