Рет қаралды 109,990
Neil Sandilands - Die Ballade van Frik en Dot, oftewel, “Goue Graal”
Tienvier korporaal van die Noord Transvaal
Frikkie was nie bang nie, hy’s ‘n man van staal.
Oppie agterseat is Dottie, sy’s ‘n minx en skraal.
Voorwaarts mars! Ons soek die “Goue Graal”.
Dottie het die t**** maar haar blik neutraal,
Frikkie het die wiele, hy onthou haar kaal,
Gistraand by die stripclub om daai blink-blink paal,
toe sy ontboesem oor die bose en die “Goue Graal”.
Kom sit hier by die vuur, laat ons plan beraam
Oor ‘n visie vir die toekoms en die kind se naam.
Oppie paal kan ek nie bly nie, ek kry te f***** skaam
Frikkie vryf sy 9mill; sluk droog, beaam.
Daar’s ‘n (hun) afdraai oppie Highway
Die dice bestem dit so
Waar jy net met jouself stry
So het Frik en Dot geglo
Maar as jy vet gee en bo bly
Sal die Gode dit bepaal
Lat jy daai one-time-shot kry oppie
“Goue Graal”…
Gert Dipper is ‘n blok, hy’t ‘n badge, hy’s ‘n Poot.
Maak lankal stadig jag op elke skurk en idioot.
Vir Frik soek hy al jare, nog net gehoor van sy vennoot.
Die minx met die t**** en reputasie in die Moot.
Hy was toevallig op daai Highway toe hy hoor van die roof
En die Mustang daar verby seil teen ‘n spoed wat verdoof
18 kilometers met sweet op sy hoof trap Gert daai lepel plat
in ’n chase in Bainskloof
Op sy troon sit die Duiwel en vingers tik. Hy wag.
Hy’t die rol van die dice voorspel, spoeg spat deur sy grynslag.
God self is bedruk bo die berge wink die lug,
hoe sal die jaagtog uitspeel as ’n Western, of as klug?
Skote klap die teer word kort
Dipper gallop daai Ford.
Real estate het duur geword vir Frikkie en sy Dot.
Die afrdaai seil slap nader
Dipper rig sy lood, trompetgeskal en wolwehuil
Die roep van die ondergrond.
Dis Tjoekie toe skiem Dipper, waar sulke outlaws hoort.
Dottie gryp haar b*****, bloed sypel uit haar mond.
Frikkie skree ten hemele, Roof is beslis ‘n ding!
Hoe durf jul oordeel fel oor die vrou wat ek bemin?
Frik en Dipper stry die stryd en die Mustang jaag steeds noord.
Frik grip die 9mill stywer en betwyfel God se woord.
Dottie blaas haar asem uit in ‘n verblindende wit lig
As dit is hoe die dice rol is daar f***** fout met moord.
Op daai afdraai gooi Frik handbriek en die Mustang swivel om,
en Dipper kom van vooraf kop-aan-kop sy oë verstom.
Frik se oë kyk reguit met Dipper in sy visier. Vandag skiet ek jou m*** toe,
vandag vrek jy soos ‘n dier.
Die 9mill klop in slo-mo en die heelal stop verstardt
Lood travel deur die ruimte tussen man en kar.
Hyiennas giggel gekkig en die Duiwel prys met lof,
toe die lood Gert se kop vat en die ten hemele ontplof.
Dit was stil-stil op daai Highway, dit was asof alles wag,
en Frikkie in sy seat omdraai en weet dit is nou nag.
Sy Dottie lê daar leweloos, gistraand was sy nog kaal.
Nou sit hy met sy Dottie lyk en in die boot die “Goue Graal”.
Was die afdraai ooit die moeite werd, hoe kan ‘n mens bepaal?
Word jy mite of legende of kies jy “Goue Graal”?
God weet die Duiwel kroek, hy’s ‘n adder-idioot.
Sou hy net ‘n halwe kans kry dan slat hy daardie noot.
Frik weet hy moet nou koers kry, “Goue Graal” of helde dood,
Want Dottie’s aan die anderkant en God weet soort soek soort.
Hy sal outlaw bly vir altyd, dis bestem dis hoe dit hoort.
Hy lig die 9 mill mond toe en sluk sy eie lood.
Nou sometimes op daai Highway, daar by daai afdraai sign.
Kan mens goeters in die nag hoor soos ‘n Mustang of ‘n kraai.
Soms kan mens ‘n kind hoor in ‘n baie vreemde taal.
Hulle sê dis Dot en Frik se ongebore kind
met ‘n 9 mill op linker en op regs die vermiste Goue Graal.
Hy’s ‘n tydlose swerwer, tussen die hemel en die hel
B********* nes Frik, so word dit oorvertel.
Hy’t sy Ma se luscious t**** sal baie dit beaam en as jy fyn-fyn luister:
“Wit Willem is my naam!”
Credits:
Musicians: Kevin Gibson - Drums, Albert Frost - Guitars, Schalk Joubert - Double Bass, Wynand Davel - Violin, Landi Lu - Banjo & Backing Vocals, Lee Thompson - Trumpet, Neil Sandilands - Vocals
~ a homeage to Akkedis, The Lyzard Kings, Anton Goosen, David Kramer
Written & Composed - Neil Sandilands
Music Director & Mix - Marius Brouwer
Recorded at Belville Studios - Theo Crous
Video: Rae-Dawn Sandilands - Camera, Vicky Sandilands - Hair & Make-up
Mustang - Jaco Swanepoel
Video Post-Production - Neil Sandilands, Guy de Lancey
Filmed at Bainskloof, Western Cape, South Africa, June 2020. Lockdown.
Transvaal * Region of Transvestites, Tiete * Party Balloons, Die Moot * Holy Place Bainskloof * Bains Crack, Bebliksemd * Amicable