Рет қаралды 4,779
PAULUS WORD BETER OUD
TIEN GEBOOIE VAN VOLWASSENHEID
2 KORINTIËRS 12:7-9
PAULUS WORD BETER OUD
2 Timoteus 4:11-13 (NLV) Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees. Ek het Tigikus na Efese toe gestuur. Wanneer jy kom, onthou om die bo-kleed wat ek by Karpus in Troas agtergelaat het, saam te bring. Bring ook my boeke, en veral my perkamente.
TIEN GEBOOIE VAN VOLWASSENHEID
1. 1. ‘n Lewe van dankbaarheid wat gewys word in daaglikse vreugde.
2. Gewillig om lewe se kompleksiteit met empatie te hanteer
3. Draai jaloesie, beledigings, beskuldigings, bitterheid heeltemal om, eerder as om terug te betaal.
4. Swaarkry maak jou eerder sag as hard.
5. Vergifnis: vergewe ander, jouself en God vir die onregverdigheid van die lewe.
6. Wyse kommunikasie van sukses, mislukking en stilte.
7. Lewe van gebed.
8. Aanvaarding van andersheid, onvoorwaarlike liefde in motiewe en gee.
9. Oorgee, vertroue, geloof.
10. Hou nooit op leer nie.
DANKBAARHEID IS MEER AS WOORDE
Dankbaarheid word gewys in die feit dat jy die lewe geniet wat jou God aan jou gegee het.
Here gee ons vandag ons daaglikse brood en help ons om dit te geniet sonder ...
Lukas 17:7-10 (NLV) “As een van julle ’n slaaf het wat besig is om te ploeg of om diere te versorg, sal hy aan hom, wanneer hy van die land af kom, sê: ‘Kom eet gou saam’? Nooit nie! Hy sal aan hom sê: ‘Maak iets gaar vir aandete. Bind jou klere vas en bedien my terwyl ek eet en drink. Eers daarna gaan jy self eet en drink.’ ’n Slaaf wat sy opdragte uitgevoer het, ontvang mos nie dank nie! Net só is dit ook die geval met julle: As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: ‘Ons is net nikswerd slawe. Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen.’”
DANKBAAR SELFS IN DIE KOMPLEKSITEIT VAN DIE LEWE
2 Korintiërs 11:24-29 (NLV) Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van nie-Jode; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes. Watter medegelowige is swak, en ek voel nie saam swak nie? Wie word tot struikeling gebring, en ek raak nie uitermate ontsteld nie?
PAULUS LEER DIE ANTWOORD
2 Kor 12:7-9a (DB) Om seker te maak dat ek nie te veel van myself sou begin dink oor al die openbarings wat ek ontvang het nie, het God ’n groot struikelblok oor my pad gestuur. Al my swaarkry en swakhede was soos ’n doring wat die hele tyd in my voet bly vassit het. Ja, dit was soos ’n boodskapper wat die duiwel na my toe gestuur het om my pimpel en pers te kom slaan. Hierdie struikelblok moes keer dat ek verwaand raak oor al die wonderlike geestelike ervarings wat ek al beleef het. Nie minder nie as drie keer het ek die Here gevra om hierdie struikelblok uit my lewe weg te vat. “Laat al my swaarkry en lyding asseblief tog net ophou!” het ek Hom gesmeek. Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. …”