Ruben Lennox - Toe ons nog kinders was

  Рет қаралды 393

keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek

keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek

Күн бұрын

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, ‘n B.A.- en 'n B.Ed.-graad behaal en het aanvanklik op Swellendam skoolgehou. In 1982 het hy 'n onderwyspos aan die Laerskool Worcester-Noord aanvaar en het, benewens die akademiese vakke wat hy aangebied het, ook operettes geskryf en opgevoer, kleuter verhale geskryf en leiding geneem op die gebied van sang. Ruben het later visie-hoof van die skool geword. Hy was ook betrokke by die kultuurlewe op die dorp, was ‘n lid van die Vryburgers, het gedien op die bestuur van die Kultuurraad en was dirigent en afrigter van die skool koor.
Aanvanklik het hy slegs Engelse liedjies geskryf, maar dit het verander nadat hy in 1981 'n luister-liedjie simposium op Stellenbosch bygewoon het en die geleentheid gehad het om met Koos du Plessis te gesels. Die inspirasie wat hy uit hierdie gesprek geput het, het sy liefde vir die Afrikaanse lied laat ontdooi. Ruben se deurbraak in die musiek-wêreld het gekom nadat hy 'n paar liedjies geskryf en dit op band na Koos Doep gestuur het. Koos het dit op sy beurt vir Anneli van Rooyen gegee en so het dit gebeur dat Anneli “Sewe Sakke Sout” en “Rooi Kitaar” opgeneem het. “Sewe Sakke Sout” was Anneli se grootste treffer, het #4 op die Top 20 bereik en was vir 13 weke op die treffersparade in 1982. Tydens sy loopbaan het Ruben baie liedjies vir ander kunstenaars geskryf, insluitend “Dubi-dubi-dum” vir Rina Hugo, “Saam Met Jou” vir Carike Keuzenkamp, “Mooi Ou Kaapland” vir Gé Korsten, “Sommer So Sonder Rede” vir Die Troebadoer, “She Sells Sea Shells” en “Drieë, Drieë” vir Leon Schuster en “As Die Seemeeu Draai” vir Jaco Pieterse en Louise Senekal.
Sy eie loopbaan as platekunstenaar het in 1983 begin met die uitreiking van die langspeelplaat “Hou Die Blink Kant Bo”, met al 12 liedjies wat deur Ruben self geskryf is. Van die gewildste liedjies op hierdie album is “Toe Ons Nog Kinders Was” en “'n Duisend Liggies”. In 1986 het hy dit opgevolg met “Anderkant Nêrens” en 4 jaar later met "’n Koue Koffie More”. In 1995 is die album “As Kinders Vra” op CD uitgereik. Tydens sy loopbaan het hy landwye konsertoptredes onderneem en gereeld by kultuurverenigings en skole opgetree, en het ook verskyn in televisieprogramme soos “Middagvertoning Met” en “Musiekforum”.
Ruben Lennox het aan die einde van 1996 die onderwys verlaat en het ‘n landwye toer onderneem om Afrikaanse musiek by laerskool leerders te bevorder, ook in Namibië. Hy het dikwels opgetree in kerke van Radio Kansel, het verskeie liedere geskryf vir gemeente sang en het vir 30 jaar sang bediening by Worcester-Noord NG Gemeente gedoen. Deesdae woon hy saam met sy vrou Polly in Gansbaai, ry fiets om fiks te bly en tree nog op by huise vir bejaardes.
Hierdie liedjie is in 1983 uitgereik op die album "Hou Die Blinkkant Bo".

Пікірлер
Ruben Lennox   Toe ons nog kinders was
3:33
Old Afrikaans Country Music & South African Movies
Рет қаралды 2,9 М.
Jannie du Toit - Drie-uur in die môre
3:00
keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek
Рет қаралды 51
Ozoda - Lada ( Official Music Video 2024 )
06:07
Ozoda
Рет қаралды 29 МЛН
Un coup venu de l’espace 😂😂😂
00:19
Nicocapone
Рет қаралды 10 МЛН
Стойкость Фёдора поразила всех!
00:58
МИНУС БАЛЛ
Рет қаралды 7 МЛН
Soos Ou Vriende
3:30
Anneli Van Rooyen
Рет қаралды 55 М.
Mike du Preez - Ek het rose hier vir jou
2:51
keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek
Рет қаралды 84
André Swiegers - Vry Soos Die Wind  (video montage)
3:24
André Swiegers
Рет қаралды 2,3 М.
Appel - Heito Potato (Amptelike Musiekvideo)
3:35
Appel
Рет қаралды 3,1 МЛН
'n Duisend Liggies
3:08
Jacques Swart
Рет қаралды 3,7 М.
Sewrc 2024   CLASS 5B
24:47
ArabianEssence
Рет қаралды 28
Maritsa - Die liefde
2:31
keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek
Рет қаралды 102
Tussen Treine
4:12
Taboe - Topic
Рет қаралды 113 М.
Bok van Blerk - Ik Ben Een Afrikaander
3:31
Bok van Blerk
Рет қаралды 100 М.
Maritsa - Iemand soos jy
3:20
keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek
Рет қаралды 33
Ozoda - Lada ( Official Music Video 2024 )
06:07
Ozoda
Рет қаралды 29 МЛН