VAN “DALK” NA “SAL” NA “HET” - 20 OKTOBER 2024

  Рет қаралды 4,398

LewenSentrum

LewenSentrum

Күн бұрын

DATUM: 20 OKTOBER 2024 (OGGEND)
PREDIKER: ANDRIES ENSLIN
TEMA: VAN “DALK” NA “SAL” NA “HET”
REEKS: 25STE VERJAARSDAG
SKRIF: JOËL 2:12-29 (NLV)
___________________________________________________________________________________
Joël 2:12-29 (NLV) Maar nou sê die Here: “Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!” Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie. Wie weet, miskien besluit Hy anders en is Hy julle genadig. Dalk gee Hy vir julle voorspoed in plaas van hierdie verskriklike oordeel. Miskien maak Hy dit vir julle moontlik dat julle weer soos voorheen graan en wyn vir die Here julle God kan offer! Blaas op die trompet in Jerusalem! Kondig ’n tyd van vas aan. Roep die gemeente op om saam te kom. Bring die volk byeen en wy die vergadering toe aan die Here. Bring die leiers, die kinders en selfs die babas bymekaar. Laat die bruidegom uit sy kamer kom en die bruid uit haar bruidskamer. Die priesters wat in diens is van die Here moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil. Hulle moet bid: “Here, spaar u volk! Hulle behoort aan U. Moenie toelaat dat ander met hulle die spot dryf nie. Moenie toelaat dat nasies slagspreuke oor hulle maak nie. Waarom moet die volke onder mekaar sê: ‘Waar is die God van Israel?’” Dan sal die Here wys dat Hy omgee vir sy land en Hy sal sy volk jammer kry. Hy sal hulle antwoord en sê: “Kyk, Ek stuur vir julle koring, wyn en olyfolie. Dit sal aan julle behoeftes voldoen. Julle sal nie langer ’n voorwerp van spot onder die nasies wees nie. Ek sal hierdie leërs uit die noorde verwyder en hulle ver weg stuur. Ek sal hulle verdryf na ’n droë en onherbergsame land toe. Dié op die voorhoede sal in die Dooie See beland, en dié op die agterhoede in die Middellandse See. Die stank van hulle lyke sal oor die land versprei.” Die Here het inderdaad groot dinge gedoen! Julle moenie bang wees nie, my volk! Wees bly en verheug julle, want die Here het groot dinge gedoen! Moenie bang wees nie, diere van die veld! Binnekort sal die weiding groen wees. Die bome sal weer vol vrugte wees. Die vyebome en wingerde sal weer volop vrugte dra. Wees bly, inwoners van Jerusalem! Juig oor die Here julle God! Die reën wat Hy stuur, is ’n bewys van sy genade. Die herfsreëns en die lentereëns sal weer oorvloedig wees soos voorheen. Daar sal weer hope koring op die dorsvloere wees. Die parskuipe sal oorloop van wyn en olyfolie. Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien. In dié tyd sal Ek my Gees selfs op slawe en slavinne uitstort.”
WAT BETEKEN DRAAI TERUG MET VOLLE OORGAWE?
Joël 2:12-13 (NLV) Maar nou sê die Here: “Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!” Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en will julle nie graag straf nie.
HIERDIE WOORD IS VIR ALMAL
Ons almal kan verander van BANG na BLY!
VAN “DALK” NA “SAL” NA “HET”
Joël 2:20a-21 (NLV) Die Here het inderdaad groot dinge gedoen! Julle moenie bang wees nie, my volk! Wees bly en verheug julle, want die Here het groot dinge gedoen!
DIE VYAND, DIE SPRINKANE, DIE SKANDE
Joël 2:25 (NLV) Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.”
DIE BELOFTES IS GROTER AS NET OORVLOED
Joël 2:27-29 (NLV) “Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien. In dié tyd sal Ek my Gees selfs op slawe en slavinne uitstort.”
HOOR DIE UITNODIGING
Draai elke dag terug, skeur jou hart, ontvang my GEES, LIEFDE en KRAG en leef ‘n gehoorsame geseënde lewe.

Пікірлер: 7
Pastoor Desmond Wessels
37:41
Pastoor Desmond Wessels
Рет қаралды 6 М.
"كان عليّ أكل بقايا الطعام قبل هذا اليوم 🥹"
00:40
Holly Wolly Bow Arabic
Рет қаралды 14 МЛН
Mom had to stand up for the whole family!❤️😍😁
00:39
What's in the clown's bag? #clown #angel #bunnypolice
00:19
超人夫妇
Рет қаралды 27 МЛН
AL EEN, MAAR NOOIT ALLEEN VIR DIE HERE NIE - 13 OKTOBER 2024
29:47
Daaglikse Oordenking - 24 Oktober 2024
6:03
LewenSentrum
Рет қаралды 3,4 М.
Die vreesgeveg van die ouer jare
1:00:49
AGS Stilbaai
Рет қаралды 228
Volgens wat Christus werk | Vita Dei 599
18:58
Riekert Botha
Рет қаралды 3,8 М.
Deur die Vallei - Koortjies met Jonathan Rubain | kykNET
5:05
Bybelskool | Psalm 1 [16 April 2021]
27:40
Ekerk
Рет қаралды 10 М.
NAMPO VIRTUAL Dag 1 - PREMIERE: Terug Plaas toe met Nataniël
28:40
"كان عليّ أكل بقايا الطعام قبل هذا اليوم 🥹"
00:40
Holly Wolly Bow Arabic
Рет қаралды 14 МЛН