Woestynroos

  Рет қаралды 46,383

Neil Sandilands

3 жыл бұрын

From Sandilands' debute album Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse "Maanskyn". Release date, 7 May 2021.
1. Woenstynroos (Featuring Inge Beckmann)
Lyrics & Composition: Neil Sandilands/Theo Crous
Drums: Jonno Sweetman
Guitars: Theo Crous
Horn & Bow: Georgio Frazer Barry
Keys: Theo Crous
Vocals: Neil Sandilands/Inge Beckmann
"Woestynroos" Written by Neil Sandilands & Theo Crous
Waar die jakkals en die skelms huil en die sand lê sag en slaap en die wind waai haar woorde neffens my.
Op my knieë bid ek iewers tussen Springbok en Okiep. Vir ‘n reënbui vanaf Garies tot Nababeep.
Daar’s legendes in die nag. Hotnotsgot dié weet alleen. Was jy ooit bitterlik dors, my vriend?
Die Gemsbok staan alleen. Ons is maar almal vel & been. Die Jirre weet, ek bid dat dit moet reën.
Die kokerboom staan omgekeerd en die meerkat soek die slang en die stilte suis haar seer, verlate sus.
Die hart is soos ‘n klip my vriend wat tyd vat om te blink. Het jy al ooit in die woestyn water gedrink?
Daar’s legendes in die hemel. Die woestynroos wéét alleen. Was jy al ooit so bitter dors my vriend?
Die Gemsbok staan alleen. Ons is maar almal vel & been. Namakwaland, my roos. My edelsteen.
En die reën, ja die reën, sal ons weer laat lag en sing. Voor die Groot Gees iewers aan die anderkant. En die reën, ja die reën sal ons almal nader bring. Ek bid alweer vir reën in hierdie land.

Пікірлер: 20
@realexperienc
@realexperienc 3 жыл бұрын
Laat my gelyktydig gelukkig en hartseer voel...God dank vir dié helde se klank!
@bevfaria3300
@bevfaria3300 2 жыл бұрын
HAUNTINGLY BITTERSWEET .. LEGENDARY .. MELODIOUS MELANCHOLY .. ALWAYS PRAY FOR AND LOVE THE RAIN .. 🖤💦
@sean312
@sean312 3 жыл бұрын
🙏🏼 Die reen goed oor Die Richtersveld en Namakaland vandag.🙏🏼
@mandhis
@mandhis 2 жыл бұрын
Baie Mooi en geluk met 100,000 keer se speel op Spotify!
@kvangreuning
@kvangreuning 3 жыл бұрын
Dis beautiful Frik 😍😘
@TheAngel207
@TheAngel207 3 жыл бұрын
Die musiek inspireer my om weer te begin digkuns skryf. Groete
@marinusgreyling
@marinusgreyling 3 жыл бұрын
Sangoma Sandilands & Sterbelaaide Span. Elke snit is 'n melodiese kortverhaal.
@lavencha
@lavencha 5 ай бұрын
Wens mens kon net wegraak in daai woestyn.. verlang na dae voor tegnologie.. niemand geworry as jy vir dae lank weg was nie.
@yvonneellisrossouw3645
@yvonneellisrossouw3645 Жыл бұрын
WOW WOW Niel jy is een uit 'n miljoen. Ek is mal oor jou musiek.
@tiernosoldado
@tiernosoldado 3 жыл бұрын
*Uitstekend!*
@stefandebeer2729
@stefandebeer2729 3 жыл бұрын
Baie mooi, roer die hartsnare
@debbiesteyn3801
@debbiesteyn3801 3 жыл бұрын
Wow🙏
@amandavanwyk6305
@amandavanwyk6305 3 жыл бұрын
Hoendervleis! Wow! ⭐⭐⭐⭐⭐
@TheAngel207
@TheAngel207 11 ай бұрын
Die song gesing by 'n oudisie vir 'n kort film en rolle gekry vir 2 films, so dit dra vir my diepe waarde.
@jacquesscherman4394
@jacquesscherman4394 3 жыл бұрын
Hartsnaar mooi!
@martinfrits1348
@martinfrits1348 Жыл бұрын
Jy mág maar, en jy moet méér, asseblief!!
@wilmarevandermerwe5813
@wilmarevandermerwe5813 3 жыл бұрын
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
@007superc
@007superc 3 жыл бұрын
Hi ...hoop jy like die song Deen ....
@jeffwpope
@jeffwpope 3 жыл бұрын
$$$$$
Когда отец одевает ребёнка @JaySharon
00:16
История одного вокалиста
Рет қаралды 13 МЛН
Watermelon magic box! #shorts by Leisi Crazy
00:20
Leisi Crazy
Рет қаралды 114 МЛН
Flipping Robot vs Heavier And Heavier Objects
00:34
Mark Rober
Рет қаралды 41 МЛН
Un coup venu de l’espace 😂😂😂
00:19
Nicocapone
Рет қаралды 10 МЛН
Asik - CONTROL
3:51
Asik Music
Рет қаралды 405 М.
Nursultan Nazirbaev - Қай қала? (премьера песни) 2024
2:33
Sevinch Ismoilova & Alisher Bayniyazov  - Oh yarim (Official Music Video)
3:15
Лилия
3:00
Али Ахмет - Topic
Рет қаралды 3 МЛН
Afruza - Baxtlimisan (Official Music Video)
4:42
Afruza
Рет қаралды 11 МЛН
ИРИНА КАЙРАТОВНА  - 30 НЕ АУТ [MV]
3:42
ИРИНА КАЙРАТОВНА
Рет қаралды 392 М.