Рет қаралды 17
DIE HEILIGE GEES AS ‘N PERSOON
Hy leer en herinner ons aan Jesus se woorde
Johannes 14:25-26
25. Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26. maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Hy hoor en praat
Johannes 16:13-14
13. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
Hy getuig van Christus
Johannes 15:26-27
26. Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. 27. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.
Hy moedig aan
Handelinge 9:31
En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Hy is ons metgesel vir altyd
Johannes 14:16-17
16. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17. die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Hy sal mense oortuig vansonde
Johannes 16:8
en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
Hy tree vir ons in
Romeine 8:27
En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Hy stuur mense uit
Handelinge 13:4
So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
Hy ervaar droefheid
Efesiërs 4:30
En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Hy kan weerstaan word
Handelinge 7:51
Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
Hy kan getoets word
Handelinge 5:9
En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.