Рет қаралды 214
Vrydag 12 April was die laaste stapdag van 2024 se Red n Plaas Red n Gemeenskap Camino. Vanaf 6-12 April het 50 stappers van regoor die land in die Karooveld om Victoria-Wes reën, wind en son as deel van hierdie staptog trotseer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode en DJ Muller, inhoudvervaardiger by Kaapkerk het met van die stappers en plaaslike boere gesels oor wat hierdie projek vir hulle beteken.
Hou gerus Kerkbode en Kaapkerk se webblaaie en sosiale media dop vir meer stories en foto’s.