BOSKREET - Wildebeest Brandewyn Vriende (Amptelike Musiekvideo)

  Рет қаралды 283,254

Wildebeest Brandewyn Vriende

2 ай бұрын

BOSKREET is 'n kragtige aanbieding deur TITAN SECURE en WILDEBEEST BRANDEWYN.
Die lied, uitgereik onder die naam "Wildebeest Brandewyn Vriende" word gesamentlik uitgevoer deur Wynand Strydom, Neil Somers en MarulaBoom
www.titansecure.io
www.bundubrands.co.za
Volg Wildebeest Brandewyn op sosiale media:
Facebook - WildebeestBrandewynOfficial/
Instagram - wildebeest_brandewyn?hl=en
LIED
Skrywers: Eugene Vos, Dirk van Niekerk en Francois Steyn
Vervaardigers: Eugene Vos en Francois Steyn
Musiekverwerking: Francois Steyn
Finale meng en meester: Dirk van Niekerk
MUSIEK VIDEO
Atlas Media ZA
SPESIALE DANKIE
Western Breeze Luxury Lodge
CMH Ford Gezina
Kire Vellies
__________________________________________________
BOSKREET LIRIEKE
VERS EEN
Ek behoort aan die more son en aan die blou van die hemel
Vasgegroei aan sekelbos en mopanie, geanker in rooigrond en basalt
Riviere dreun deur my are, donderweer weerklink uit my nate
My siel is vry soos die visarend se roep, my hart wild soos die Wildebees se storm loop
KOOR
Hierdie is my Boskreet
Die eggo van my siel se wild wees
Die donderweerdreun van my hartklop
Die stormloop van Wildebees
Hierdie is my Boskreet
Laat die vrinne om die vure saamstaan
Sing tot die bosveld bewe
Dis die leuse van my lewe
En die veld raak stil
Laat jou boskreet brul
VERS TWEE
Ek beskerm ver verlate vlaktes
Ek waak oor ewige gebergtes
Ek hou my hand oor lentebloeisels
Ek staan paraat vir Kameeldoring en renoster
Koor herhaal x 1
BRUG
Elke oor wat hoor moet weet hierdie is my Boskreet
Elke oor wat hoor moet weet hierdie is my Boskreet
Hierdie is my Boskreet
Die eggo van my siel se wild wees
Die donderweerdreun van my hartklop
Die stormloop van Wildebees
Koor herhaal x 1
EINDE
So groei deur my tot ek in jou verdwyn
Vat my stof en maak my asem los
Want ek is bos

Пікірлер: 75
@TheBliksempie
@TheBliksempie 19 сағат бұрын
Top klas! Dankie menere.
@GinoBorgnis
@GinoBorgnis 9 күн бұрын
Luister uit Canada uit, verlang die bosveld vuur reuk.
@hendrikmeiring5528
@hendrikmeiring5528 19 күн бұрын
Baie bitter mooi❤Schwabie my het die talent. Hou so aan😊
@JeanOlivier-qs9gp
@JeanOlivier-qs9gp 24 күн бұрын
Dit gee my skoon hoendervleis !!
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 8 күн бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@claudzg
@claudzg 2 ай бұрын
AMAZING! Kyk uit nederland uit verlang huistoe🇿🇦!
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@hanjofourie1709
@hanjofourie1709 2 ай бұрын
Ek verlang sommer na iemand wat ek nie eers ken nie. Briljant julle!!! Hy sal vir seker op herhaal wees om die bosveld vuur en jagveld.
@alwynvanwyk1851
@alwynvanwyk1851 2 ай бұрын
Voel ook so, of aan hulle wat nie meer hier is nie😢
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie Hanjo, alles van die beeste.
@ruthc2472
@ruthc2472 2 ай бұрын
Not normally an Afrikaans music fan but this hit home - Brilliantly sung 🎉❤
@carelleroux85
@carelleroux85 2 ай бұрын
Ongelooflik!!! Ons soek nog en nog en nog...... 🙏🙏🙏🙏
@MrGulstad
@MrGulstad 14 күн бұрын
Greetings from Sweden, don't spraak afrikans but love the trio singing this song, how about doing an english version for the rest of the world????🦈
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 8 күн бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste #WildebeestBrandewynVriende
@ronelvanzyl557
@ronelvanzyl557 2 ай бұрын
Beautiful wow.....hoendervleis!
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@deplorablebristolian
@deplorablebristolian 2 ай бұрын
In twintig jaar het nog nooit so na ons land verlang nie. Uitstekende lietjie wat ek oor en oor kyk met ń knop in my keel hier in Engeland. Ek is nog steeds skoon bedonder oor hoe ons uit verkoop is deur De Klerk en sy swart skoen maats.
@MartiensPretorius-ug8vj
@MartiensPretorius-ug8vj 2 ай бұрын
Awesome
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@suesteyn8990
@suesteyn8990 2 ай бұрын
Ai julle, so so spesiaal. Sit hier in Australia en verlang…….
@terisameyer681
@terisameyer681 2 ай бұрын
🫂
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@robertrohlandt6683
@robertrohlandt6683 2 ай бұрын
Great song
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@anjoretvanniekerk2307
@anjoretvanniekerk2307 2 ай бұрын
Lief dit!! ❤
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@shawnnieuwoudt426
@shawnnieuwoudt426 2 ай бұрын
Baie mooi song en video
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@liezlbrandt1715
@liezlbrandt1715 2 ай бұрын
Beautiful song!!! Love dit!!!
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@annetteroos3054
@annetteroos3054 2 ай бұрын
Pragtig.
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@betsmaritz2722
@betsmaritz2722 2 ай бұрын
Pragtig manne, hou so aan!!
@deplorablebristolian
@deplorablebristolian 2 ай бұрын
Ek is ook ń Maritz...hier in Engeland.
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@BettieNel
@BettieNel Ай бұрын
Goue stemme saam sjoe dankie julle die bosveld is die plek waar jy stil kan raak ❤
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 8 күн бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste #WildebeestBrandewynVriende
@sepiachu6934
@sepiachu6934 2 ай бұрын
Ongelooflike liedjie!!
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@bezties
@bezties Ай бұрын
Mooi stemme!
@alexlepnik5422
@alexlepnik5422 2 ай бұрын
Wat a groot liedje en Brandewyn
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie
@stonemarten1400
@stonemarten1400 2 ай бұрын
Respect to the Boer - tough men and women in a beautiful land. Great song and video too. Just a shame I can’t speak Afrikaans to understand the words.
@deplorablebristolian
@deplorablebristolian 2 ай бұрын
It is a very hard hitting song for Afrikaners, it references the old South African anthem quite a bit and that tugs at the heart strings of true humble Afrikaners.
@stonemarten1400
@stonemarten1400 2 ай бұрын
@@deplorablebristolian Thanks for that. My dad was in the Rhodesian Army, so our family has an emotional connection to Africa and it’s sad to see what’s happening. I wish to express my support to the Afrikaners. I love the bush, the wildlife, the braais and I also quite fancy a wee dram of that Wildebeest brandy.
@deplorablebristolian
@deplorablebristolian 2 ай бұрын
@@stonemarten1400 Afrikaners call a wee dram a dop. Brandy is brandewyn as you know but directly translated it is burning wine. My parents met in Northern Rhodesia which is now Zambia.
@stonemarten1400
@stonemarten1400 2 ай бұрын
@@deplorablebristolian Cheers and enjoy a dop yourself - gesondheid! My parents also met in Ndola, Zambia and although returned to the UK, have always had a great fondness for Africa.
@alwynvanwyk1851
@alwynvanwyk1851 2 ай бұрын
Trane in n ou man se oog 😢😢😢
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@marcellesharp7168
@marcellesharp7168 2 ай бұрын
Wow! Treffend 👏👏👏
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@stonemarten1400
@stonemarten1400 Ай бұрын
Appreciation to Afrikaans speakers who wish to protect their rare language and identity, but I would really appreciate if someone could translate the words of this great song into English for the benefit of us foreigners? It seems a very heartfelt song, even without understanding the words.
@synthwave7
@synthwave7 Ай бұрын
You can use AI to do this translation.
@zianhaasbroek4578
@zianhaasbroek4578 20 күн бұрын
Ken om lenerd😊
@wernercowley6165
@wernercowley6165 2 ай бұрын
Beautiful, welldone julle
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Die manne het mooi gemaak. Alles van die beeste
@duanlewis6583
@duanlewis6583 Ай бұрын
Dit is my harts taal, uiteindelik iemand wat oor ONS NATUURLEWE SING
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 8 күн бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste #WildebeestBrandewynVriende
@SarelDeJager-wp8mc
@SarelDeJager-wp8mc 2 ай бұрын
TROTS AFRIKAANS MOOI ❤
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie Sarel. Alles van die beeste
@monicadebruyn4297
@monicadebruyn4297 2 ай бұрын
FANTASTIES DANKIE JULLE IS KONING VAN DIE BOS🐅🦓
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@hendriksnyman4215
@hendriksnyman4215 2 ай бұрын
Raak skoon nostalgies. Dit is ongelooflik mooi. Ps: hoe donners cute is daai vlakvark? 😂
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@hendriksnyman4215
@hendriksnyman4215 2 ай бұрын
@@WildebeestBrandewynOfficial brilliant ... dis baie "punny"! Julle klink amazing!!!!
@z3n71n3l
@z3n71n3l Ай бұрын
Jissou my mens. Julle manne almal sing besonders goed en ek luister na jul almal, maar my magtag Wynand, waneer jy sing dan sing jy die kak uit die grond uit. Jou stem trek ver bo almal!
@chanellegouws2078
@chanellegouws2078 2 ай бұрын
Dit maak my trane kry. Mis ons land. Sit hier in amerika. Soek ons afrika terug😢
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
@GratefullyYou
@GratefullyYou Ай бұрын
Waar kry Ek willebees?
@LiamVOSSIE
@LiamVOSSIE 9 күн бұрын
Gaan op Google en se wildebeest brandewyn near me of gaan op takelot,woodstock liquors,mothercity liqouers
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 8 күн бұрын
Loer gerus op bundubrands.co.za of kontak ons by sales@bundubrands.co.za. Alles van die beeste
@evertpotgieter8539
@evertpotgieter8539 2 ай бұрын
Hou aan wat julle doen
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie Evert. Alles van die beeste
@feniquewelsch8653
@feniquewelsch8653 2 ай бұрын
Verlang plaas toe
@WildebeestBrandewynOfficial
@WildebeestBrandewynOfficial 2 ай бұрын
Baie dankie. Alles van die beeste
Increíble final 😱
00:37
Juan De Dios Pantoja 2
Рет қаралды 111 МЛН
버블티로 체감되는 요즘 물가
00:16
진영민yeongmin
Рет қаралды 94 МЛН
МАМА И STANDOFF 2 😳 !FAKE GUN! #shorts
00:34
INNA SERG
Рет қаралды 4,1 МЛН
Can You Draw A PERFECTLY Dotted Line?
00:55
Stokes Twins
Рет қаралды 80 МЛН
Bakr x Бегиш - TYTYN (Mood Video)
3:08
Bakr
Рет қаралды 564 М.
Saǵynamyn
2:13
Қанат Ерлан - Topic
Рет қаралды 2,6 МЛН
Ozoda - JAVOHIR ( Official Music Video )
6:37
Ozoda
Рет қаралды 8 МЛН
Iliyas Kabdyray ft. Amre - Армандадым
2:41
Amre Official
Рет қаралды 280 М.
Қанат Ерлан - Сағынамын | Lyric Video
2:13
Қанат Ерлан
Рет қаралды 2,7 МЛН
Say Mo - LIL BIT & 1 shot 2 (Waysberg Music Remix)
2:43
Waysberg Music🇰🇿
Рет қаралды 142 М.
BABYMONSTER - ‘FOREVER’ M/V
3:54
BABYMONSTER
Рет қаралды 21 МЛН