Die Laaste Afrikaanse Kerk - 125 jaar in die Middestad (Vollengte video) Woorde uit sy Woning

  Рет қаралды 7,031

Woorde uit sy Woning

Woorde uit sy Woning

2 жыл бұрын

In die volksmond staan sy bekend as die Paul Kruger Kerk. Ons praat van “sy”, want sy is die moeder van al die Gereformeerde kerke in Pretoria. Jy moet mooi kyk om haar raak te sien, want daar waar sy staan op die hoek van WF Nkomo en Kgosi Mampuru Street (voorheen Kerk- en Potgieterstraat) is sy gedeeltelik verberg deur bome en halfvoltooide toringblokke. Jy sal haar ook nie sommer hoor nie. Die klokkegelui en Psalmgeklank tussen haar mure op Sondae kompeteer met ‘n eindelose getoet van kliënt soekende taxi’s.
Sy is die laaste Afrikaanse kerk in die middestad van Pretoria.
Die Paul Kruger kerkgebou is stom, soos sy nog altyd was. En tog is sy die perfekte klankbord vir al die stemme en geluide van binne en van buite. In haar beginjare in 1900 het sy die geknars van die invallende Britse soldatestewels en offisiersbevele weerklank. So ook die klap van die osdrywerswepe. Vandag is dit die eindelose stadsverkeer en die geroep van straatverkopers. Binne die stewige mure word die Evangelie geabsorbeer en elke stukkie grein op elke houtbank getuig van oordeel en ‘n genade onbeskryflik groot.
Soos almal van ons wys sy ook uiteindelik nou al haar ouderdom. Die verweer sypel oral in: die geute werk nie altyd meer so goed nie. Die reuse Jakarandaboom, nog geplant deur Schieke gooi jaarliks sy blare op die dak. Dit veroorsaak verstoppings. Die muf slaan uit teen die mure. Die orrel het dringend aandag nodig. Die reuse weerkaatsende glasvensters van die saalgebou moet vervang word. Die tuin en die veiligheidsheining moet in stand gehou word. Soos elders word die gemeente jaarliks armer aan kinders en middele.
Arie Stavast is emeriti predikant in die gemeente. Hy volg in die voetspore van sy vader wat ook daar die Woord verkondig het. Ds Arie is moedig. Hy glo dat, solank daar nog lidmate in die gemeente is, hulle nie sal toelaat dat die besonderse kerkgebou tot niet gaan nie. Dit is waar, maar hulle sal hulp nodig hê ...
Die Laaste Afrikaanse Kerk is ‘n dokumentêre video, wat deur Gustav en Ina Opperman in opdrag van Solidariteit Helpende Hand vervaardig word. Dit is tydens die Krugerdag vieringe op 10 Oktober 2021 by die kerkgebou bekend gestel.
Kontakbesonderhede:
Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886
en Ina Opperman +27 83 650 2186
reformeer@gmail.com
Ons Woorde uit sy Woning KZbin-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons KZbin-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.
Musiek gebruik in hierdie video:
1) Gebed van Pau Kruger Kopiereg: @ChrisChameleon Met groot waardering!
2) Nostalgic places Place Calm Myuu 2:23
KZbin Audio Library License for the above track and all the other tracks not otherwise indicated:
You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required.
KZbin may credit the artist and link the Audio Library from your video.
You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted).
3) Spacetime Blues Cinematic Sad Loopop 2:38
4) Renunciation Classical Sad Asher Fulero 3:42
5) Heart Strings Classical Romantic Coyote Hearing 3:07
6) Allégro Emmit Fenn
Do not find copyright info. Rapported it in Feedback
7) Decision Cinematic Sad The Tower of Light 3:03
8) Jesus, meine Zuversicht Classical Inspirational Sir Cubworth 2:14
9) Ps 84 & Ps 116 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble)
Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Tel: 018 297 3986/7/8/9
Faks: 018 293 1042
bestellings@gksa.co.za
Toestemming: Ds Eric Kayayan
10) Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning:
Ps Ps 122 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers

Пікірлер: 18
@ws8091
@ws8091 Жыл бұрын
Wat n hartseer dag.God sê hart is seer...bitter seer
@marleneflourentzou680
@marleneflourentzou680 4 ай бұрын
Goeie more Ek woon al hier vir so 25jare Ek het ook Grieks geleer God bless
@salomemalherbe677
@salomemalherbe677 2 жыл бұрын
Wonderlike wonderlike video. Hoe hartseer is die aanskou van verval 😢 Mag dat ons Hemelse Vader Sy genade oor ons land uitstort en ons volk in ere herstel.
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 2 жыл бұрын
@SalomeMalherbe. Baie dankie vir jou terugvoer. Dit is baie hartseer om die verval waar te neem. Ons kan net bid dat die Here ons genadig sal wees! En dankie, dat jy al na soveel video's gekyk het en meeleef in jou kommentaar. Ina
@marleneflourentzou680
@marleneflourentzou680 2 жыл бұрын
Ek hoop dat die kerk alkyd dear sal wees So n mooi,traditionele kerk Hartseur dat Suid Afrika nou so verval
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 2 жыл бұрын
@MarleneFlourentzou, baie dankie vir jou reaksie. Vertel ons asb meer oor jouself, as jy nie omgee nie. Ons stel belang in ons kykers. Jy kan epos na reformeer@gmail.com Vriendelike groete, Ina en Gustav Opperman
@marleneflourentzou680
@marleneflourentzou680 2 жыл бұрын
@@WoordeuitsyWoning Goeie more Ek is van Pretoria maar ek woon not op die eiland van Cyprus, in Europa Baie groete
@marleneflourentzou680
@marleneflourentzou680 2 жыл бұрын
Dear is bare Greek Orthodox kerke her Ons het baie movie tradisies by die kerke om Paasfees Die was gister Paasfees hier en die heele week voor Paasfees gaan die mense kerk toe in die aand Op die aand voor Paasfees gaan ons kerk toe 11 uur in die aand en op middernag gee die priest vir ons n vlam Ons het almal spesiale kerse en dan sing die priest "God has arisen from the dead" en ons sing almal saam Daarna gaan eet ons n spesiale sop saam met die families Dit is baie mooi
@a.j.kaastra1317
@a.j.kaastra1317 4 ай бұрын
​@@marleneflourentzou680 Ernstig? My Aussie woon in Cyprus. Hoe lank woon julle al daar?
@tokkiewiese1816
@tokkiewiese1816 2 жыл бұрын
Wat n wonderlike baken wat ons beslis moet bewaar. N interessante video..deel v ons geskiedenis...
@kobieburger7187
@kobieburger7187 Жыл бұрын
KOSBAAR
@a.j.kaastra1317
@a.j.kaastra1317 4 ай бұрын
Dagsê! Ek het hierdie video nou net gesien. Hoe is inmiddels die situasie daar? Hgd met die kerk?
@jeankorff3286
@jeankorff3286 2 жыл бұрын
Hoe absoluut hartseer!.....
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 2 жыл бұрын
@JeanKorff. Daar is nie woorde nie.
@lillian9221
@lillian9221 2 жыл бұрын
As ek die wereldwye leeg staande katedrale en kerke sien, laat dit my so aan Jesus se woorde dink. MATTHÉÜS 24:1-14 AFR53 EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie
@WoordeuitsyWoning
@WoordeuitsyWoning 2 жыл бұрын
Ja, @Lillian, jou opmerking is werklik ontroerend.
@kathrinabierman4746
@kathrinabierman4746 Жыл бұрын
nee moenie kerk toemaak asseblief asseblief.Dis vreeslik om te sien hoe n kerkgebou uit mekaar geruk word.Bid die Here sal julle help..
Saudi Aramco’s Looming Crisis Explained
8:56
TLDR Business
Рет қаралды 264 М.
8:00AM  |  SUNDAY SERVICE  |  16TH JUNE 2024
1:56:35
All Saints Cathedral Kampala
Рет қаралды 689
터키아이스크림🇹🇷🍦Turkish ice cream #funny #shorts
00:26
Byungari 병아리언니
Рет қаралды 18 МЛН
Is it Cake or Fake ? 🍰
00:53
A4
Рет қаралды 19 МЛН
Zondagsdienst 16 juni 2024
1:23:17
LIFE Winterswijk
Рет қаралды 236
Ons Koning by sy Bruilof Nagmaalreeks 12b Nagmaal Ps 45  Ds Gustav Opperman
27:41
Ingvar Villido Ishwarananda: “Kes või mis on Shiva ja Shakti?”
2:07:05
Ingvar Villido Ishwarananda
Рет қаралды 1,4 М.
Afrikaanse diens - Adele Vrey
57:38
DEO GLORIA BAPTIST CHURCH
Рет қаралды 2,9 М.
KSM Erediens I 2 Mei I Jesus is Alles
1:08:52
kerksondermure
Рет қаралды 7 М.
2018-06-09 "MEER OOR VONKK SE MEDITATIEWE LIEDERE" Dr Gerrit Jordaan
40:02
Pretoria-Oos Gemeente
Рет қаралды 1,7 М.
I gave up everything - The Testimony
25:19
Die Getuienis
Рет қаралды 1,6 М.
터키아이스크림🇹🇷🍦Turkish ice cream #funny #shorts
00:26
Byungari 병아리언니
Рет қаралды 18 МЛН