Die lesse wat die Springbokke teen die Wallabies geleer het! PLUS: André kies sy eie Springbokspan!

  Рет қаралды 4,190

MEGAFOON SPORT! RUGBY

MEGAFOON SPORT! RUGBY

Күн бұрын

Dis Episode 2 van ons nuwe weeklike Uit die Boks Rugby Podcast met André Pretorius en MW Welman!
Hierdie week delf ons diep in die Springbokke se vertoning teen die Wallabies in Perth om te kan sien wat die span en ook die spelers daaruit kon geleer het! Ons gesels oor die uitdagings om in sulke moeilike omstandighede te speel, en ontleed ook die detail van lynstaanspel! Ons bespiegel ook of ons meer van Tony Brown se planne kon sien as gevolg van die skrums waar ons nie mag meegeding het nie!
Ons gesels ook oor die ander spanne, en hoekom die All Blacks se Scott Robertson vir Leon McDonald laat gaan het. Laastens kies André sy Springbokspan vir die eerste wedstryd teen die All Blacks!
Meer as ‘n uur se lekker rugby gesels met ‘n uitsonderlike rugbybrein! Moet dit nie misloop nie!
Die lesse wat die Springbokke teen die Wallabies geleer het! PLUS: André kies sy eie Springbokspan!
Join this channel to get access to perks:
/ @megafoonsport

Пікірлер: 39
@SeanLarkan
@SeanLarkan 20 күн бұрын
Andre is a top contributor; sees & understands things others simply don’t; how good for us through MW to benefit from his wisdom & insights
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Thank you Sean. I really enjoyed this one!
@Cee0624
@Cee0624 20 күн бұрын
Ek rol meesal lang programme aan om by kern uit te kom..die ene soos goeie spanningsverhaal voel hy's verby voor hy begin het.Sak vol pitkos..baie dankie.
@PieterGildenhuys
@PieterGildenhuys 20 күн бұрын
Man om suiwer Afrikaans te hoor is soos Mozart in my oor: 'n genesing! Baie dankie MW. Ek woon al 35 jaar in Aust. Dis moeilik om by te bly met my Afrikaans. Jy en Andre Pretorius praat so mooi Afrikaans! Baie interesante inhoud ook. Andre is 'n waardige kenner. Ek geniet alles wat jy bydra baie. Mooi loop mense!
@10Petoors
@10Petoors 20 күн бұрын
Dankie Pieter, soms moeilik want ek rig af in Engels en Japanees… MW is die meester ek volg net😉… Bly jy het dit geniet!
@kobusdutoitbosman6240
@kobusdutoitbosman6240 20 күн бұрын
Heerlike program MW en André‼️ Skerp beskouinge en baie onderhoudend BAIE dankie❗️🥂 🪖
@Mail2elr
@Mail2elr 20 күн бұрын
Lekker om André weer te sien! Dankie manne, sinvolle gesprek.
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
@@Mail2elr Baie dankie. Elke Vrydag van nou af!
@sdewviljoen
@sdewviljoen 20 күн бұрын
Dankie MW!! Julle maak ons slimmer en slimmer. Eks dankbaar dat daardie stukkie oor Frankryk in Afrikaans was dat die AB nie kan inluister nie!! Geniet die af naweek!!
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
@@sdewviljoen Op Loftus vanaand. Never a dull moment!
@fanolivier1963
@fanolivier1963 20 күн бұрын
Die program maak dat ek uitsien na nog. Andre wys ongelooflike insig vir voor en agterspel. Hy is ook gelei met goeie nadenkende vrae.. Rugby intelektuele gesprek en nie emosies nie. Dankie
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Baie dankie. André het 'n ongelooflike insig! Dis 'n plesier om met hom te gesels.
@chrismouton1985
@chrismouton1985 20 күн бұрын
Hierdie was nou 'n lekker gesels, manne!
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
@@chrismouton1985 Was dit nie! Ek het dit baie geniet!
@annettekolb3103
@annettekolb3103 19 күн бұрын
N wenner reeks. Dankie MW en Andre
@gerhardvtonder
@gerhardvtonder 20 күн бұрын
Ten minste is ek en Andre Pretorius op dieselfde bladsy as dit kom met Johan Grobbelaar.
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
@gerhardvtonder Ek het 'n punt daarvan gemaak om met hom daaroor te gesels 👍. Gedog jy sou dit geniet!
@eti-om2gh
@eti-om2gh 20 күн бұрын
Ek dink die paniek oor die begin voorry was te veel van die goeie. Wessels en kie skrim weekliks teen die beste voorrye in Europa en word baie selde geskrum. Australië se spanne presteer bar weinig in hulle kompetisie die sowieso nie bekend is vir skrumkrag nie. Ek sou my nat geskrik het as dat die geval was. Die ABs kruip ook maar net oor die lyn met n volle dubbele kompliment voorry spesialiste. Hulle 2de voorry is ook maar onervare en onbewese. Dink paniek is ons grootste vyand. Ond agerlyn is net nie so flambojany soos die AB’s maar goed bevorraad in hulle tweede keuses. Dink volgende twee naweke moet met jou beste en sterkstes te speel en eksperimentering swaar beperk. Die ABs kom met n 1996 instelling, maar ek twyfel of hulle die perde in huis het om die wa deur drif te trek en moet waak teen bravado en valse selfvertroue…
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Ek hoop jy is reg maar ek sal nooit die All Blacks onderskat nie!
@eti-om2gh
@eti-om2gh 19 күн бұрын
@@megafoonsport klopt. Ek dink dat jy ook nie moet laat intimideer deur die AB aura nie. Hulle het n periode gehad met die MCaw generasie die volgens my die mooiste toeval was generasionele atlete met n goeie leier. Dit gaan baie lang wees voordat ons die voorreg kry om so n boel spesiale atlete saam kan sien. Die enigste vergelykbare span was die Bokke van die 2009 periode. Ons instelling moet wees in geloof en uitvoering van ons plan en visie met niks om voor te vrees of uitermatig op jou hoede voor te syn, maar natuurlik met die allergrootste profesionele Springbok respek vir opposisie. Windgat was nog nooit ons ding nie. Geloof in jouself en in jou plan was en is altyd een van die Bokke se grootste kenmerke. Hulle was altyd jintelmanne!
@eti-om2gh
@eti-om2gh 19 күн бұрын
Baie dankie trouens vir julle kanaal. Is lekker om rugby op n volwasse en breedskalige manier te ontvang. Seer gewardeerd!
@ChrisBornman-tb4fe
@ChrisBornman-tb4fe 20 күн бұрын
Andre dankie vir jou mooi manier hoe jy dieper insig gee oor ons mooi spel asook hoe jy oor die spelers as sulks kommentaar lewer.
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
André is 'n gentleman
@10Petoors
@10Petoors 19 күн бұрын
Lekker om te hoor jul geniet dit. Stuur asb vrae indien jy het, wat ons kan help om te antwoord wat jul regtig wil hoor. Sien jul volgende week.
@janhbhugo5085
@janhbhugo5085 20 күн бұрын
Terug arde toe is die Regte woord Andre’
@10Petoors
@10Petoors 20 күн бұрын
Baie dankie , ek het lekker gesukkel om daardie een uit te kry. Waardeer Jan🙏🏻
@Mail2elr
@Mail2elr 20 күн бұрын
Opskietverdediging WD.
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Daarsy. Dankie!
@alexvanheerden5115
@alexvanheerden5115 20 күн бұрын
Waar is JD Schickerling in die wêreld? Ek het op n tyd gedink daai man het potensiaal vir bokke speel.
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Hy is terug by die Stormers vir die URC.
@dionventer5623
@dionventer5623 20 күн бұрын
Puik spankeuse Andre!
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Baie interessant!
@PaulMalgas
@PaulMalgas 20 күн бұрын
❤❤❤shasha
@TheBuildKingR
@TheBuildKingR 18 күн бұрын
Ek glo Leon was n "scapegoat" alhoewel André nie so dink nie. As ek na Razor se media konferensie luister, dit was amper asof hy approval van Savea gesoek het, dit was snaaks. Ook na Leon blykbaar op sy eie gegaan het, daai media konferensie was baie ongemaklik. Razor sien nou dis nie super rugby nie en hy sukkel. Ek kan nie wag vir einde van die jaar om te sien hoe hulle gaan perform.
@megafoonsport
@megafoonsport 18 күн бұрын
Het jy gekyk wat Harry daaroor gesê het?
@TheBuildKingR
@TheBuildKingR 18 күн бұрын
@@megafoonsport Ek het ja, klink maar na Razor glo sy eie hype
@megafoonsport
@megafoonsport 18 күн бұрын
@@TheBuildKingR Dink ook so
Why the Springboks can't be Double World Champions and underdogs at the same time!
1:03:05
小丑妹妹插队被妈妈教训!#小丑#路飞#家庭#搞笑
00:12
家庭搞笑日记
Рет қаралды 32 МЛН
Will A Guitar Boat Hold My Weight?
00:20
MrBeast
Рет қаралды 161 МЛН
Шок. Никокадо Авокадо похудел на 110 кг
00:44
Siya Kolisi reveals why he wanted to leave Racing 92 #springboks
9:00
Christian Cullen shares WILD stories from his record-breaking All Blacks career!
1:05:57
The Good, The Bad & The Rugby
Рет қаралды 81 М.
Springboks vs All Blacks Best Attack Strategy Exposed!
37:10
Rugby Bru
Рет қаралды 2,8 М.
小丑妹妹插队被妈妈教训!#小丑#路飞#家庭#搞笑
00:12
家庭搞笑日记
Рет қаралды 32 МЛН