Wow wat n ongelooflike getuienis hoendervleis gekry van begin tot einde oom Nevil❤
@JanineRoos-ps7ri3 ай бұрын
Dankie vir die deel dis so besonderse kennis wat jy deel
@amandavanzyl81603 ай бұрын
Dankie Pastoor Neville, in Maart 2007 het ek n Ongelooflike ervaring met ons Koning gehad...Ekt die mooiste sagte kleed aangehad, die lug was blou blou en die gras groen voel soos fluweel onder jou voete! Ons Pragtige Koning en die Hemelse gevoel van Ongelooflike Liefde, Stabiliteit en Egtheid & die mooi Manier wat Hy ons uit luister is n ervaring wat geen Woorde kan beskryf nie...Ekt jare jare gesoek en n paar jaar terug kom ek op die enigste boek af...90 Minutes in Heaven van Marvin J Besteman met Lorilee Craker (die getuienisse dieselfde ervaring) PRYS GOD!!!
@salomekok96165 ай бұрын
Dankie Past. Neville vir die deel van die kragtige getuienis...ek glo harte is aangeraak vanoggend....Al die Eer aan Koning Jesus vir die God's man .....dankie Jesus.
@BeatriceLotter5 ай бұрын
Baie Dankie Amanda vir die onderhoud met Oom Nevil Norden. Sedert 2007 wat ek in Pretoria gekom het, stukkend na 2 egskeidings, het ek die voorreg gehad om by hom te leer. Hy het my ook gehelp om deur die emosie van verwerping deur al 3 my ouers te werk, maar hoofsaaklik deur my pa's. Ek is ook bevoorreg om dit self met hom te kon deel deur die getuienis van my outobiografie twee jaar gelede. Later kon ek weer by Daru de Wet, n Generaal ook in die Hemel nou, leer. Blessings vir julle elkeen. Beatrice Lotter
@yvonnegoosen57975 ай бұрын
Dankie Amanda. Ek geniet jou programne almal. Be blessed! 🙏
@lynne505 ай бұрын
Amen. Dankie. Kosbaar. Hy is ons Abba Vader, ons kan Hom so noem. Hy wil ons Pappa God wees...
@dawnderks-alzheimerstalks5 ай бұрын
Pastoor Neville bid vir die redding van my siel in Jesus Heilige Naam 🙏🏻
@hendameyer38325 ай бұрын
Wow, so mooi. His kisses are sweeter than wine🙌. Die hemel fasineer my, my ouers is al 51 jaar daar....
@maggiecornelissen72805 ай бұрын
Dankie. Baie spesiaal.
@eileenzeeman558924 күн бұрын
"Dankie dankie dankie !!"
@louisjohannesvandermerwe50675 ай бұрын
Wat n blessing!!!!
@mariekritzinger16435 ай бұрын
Jammer, ek dink julle kerk is in Brummeria. Ek was een oggend by 'n diens toe Jesus op die verhoog aan jou verskyn het. Amanda liefie, jy is nog jonk, maar ons oues verloor ons draad baie maklik as ons in die rede geval word. Ek hoop julle gaan nog baie onderhoude met Neville op u. tube uitsaai. Ek luister oopmond na hom. Neville het my 4 kleindogters ingeseen, hulle bly nou al 24 jaar in New Zealand. Shalom. Julle programtyd is te kort.
@marinagrobler99523 ай бұрын
Ek geniet jou program so Baie groete Marina.. 15:50 15:52
@mariekritzinger16435 ай бұрын
Ai Neville, hoe ver gaan my gedagtes terug, van 'n fliek teater na 'n tent na die gebou in Montana. Ek is nou 84 en dink met heimwee aan daardie tye. Ek onthou een aand in die tent van pastor Ed Roebert. Daar was 'n besoekende pastoor. Jy Neville was ook op die verhoog. Sal nooit vergeet nie, bruin broek aan, roomkleur hemp en 'n geel das. Die besoekende Amerikaanse pastoor het gese dat party van die predikers op die verhoog se hande sal gesalf word. En sonder enige mens se toedoen was 'n paar van julle, jy ook, se hande blink van olie van die Heilige Gees. My vriendin het baie pyn gehad en kon haar voete net skuifel. Ek het my oog op jou gehad en toe die diens afsluit op jou afgepeil om vir haar te kom bid. Jy het jou, nog vol olie hand op haar kop gesit en begin bid. Die volgende oomblik het haar stoel omtrent 'n meter hard na agtertoe geskuif en die pyn was oombliklik weg. Sy het sulke Jesus ogies (vol liefde) gehad, sy het opgespring en was onmiddelik genees. Op pad kar toe het sy haar bene hoog opgetel om oor die tenttoue te klim. Sy het so vinnig geloop ek het gesukkel om by te hou.
@yvonnegoosen57975 ай бұрын
Kan nie wag vir Neville se eie programme ook. Baie leersaam.
@g.j.dutoit4447Ай бұрын
Hier is die vers in Afrikaans: "Ek ken ’n man in Christus wat veertien jaar gelede weggeruk is tot in die derde hemel-of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie; God weet dit. En ek weet dat hierdie man-of dit in die liggaam was of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit-weggeruk is na die paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het "WAT N MENS NIE MAG UITSPREEK NIE" (2 Korintiërs 12:2-4, AFR83) In hierdie gedeelte praat Paulus in die derde persoon, waarskynlik uit nederigheid, maar dit word algemeen aanvaar dat hy na homself verwys. Die "derde hemel" word beskou as die woonplek van God, hoër as die aardse en sterre-hemel. As Paulus nie eens gepraat het wat hy gesien, gehoor het. En deel van die Bybel geskryf het. Wie gee jou die reg? Die verse maak jou n leeunaar. Paul het net aangegaan om die EVANGELIE te verkondig. Nie nog Jesus of engel het die en daai te sê gehad. Kyk gerus JUSTIN PETERS - CLOUDS WITHOUT WATER en kom uit jou valse doctrine asb. ❤❤❤
@nicolaasburger16375 ай бұрын
“Straat van goud” en die stad uit Jerusalem is hoofsaaklik beeldspraak gebruike wat Jesus se heerlikheid beskryf.