Рет қаралды 2,004
Dis die Gees van God wat hom dryf om na die sin van die lewe te soek. Dis die Gees van God
wat hom wys hoe vrugteloos die mens se werk is. Dis die Gees van God wat die mens uiteindelik op sy knieë dwing. Dit is Hy wat ons leer bid … Abba Vader (Rom 8:15). Woordverkondiging: Pred 1, ds Gustav Opperman GK Colesberg.
Die mens se moeite, jaar in en jaar uit
bring vir hom geen profyt nie.
Sy gejaag na sukses, na kennis, na mag,
na geregtigheid, na geld, geluk en seksuele plesier … dit alles bring hom nêrens nie.
Geslagte kom en gaan
En dit wat deur een geslag vermag is,
sal nie deur die volgende geslag onthou word nie.
Bron: Prediker 1
Tema: God se werk en die mens se werk.
Teks: Pred 1:2,3 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! 3 Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
Psalms:92:1,2; 19:4; 90:1,9; 8:1,3,4
Opnamedatum: 2023 12 24
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from KZbin Audio Library.
With thanks and appreciation:
Opus One
Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. creativecommon...
Artist: audionautix.com/
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! bit.ly/3HTholb Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Groot en klein sal baat vind hierby.
Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.
Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 1000 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Kontakbesonderhede:
Webblad: woordeuitsywoning.com
Gustav: +845034886 eposadres: gustavopperman@gmail.com
Ina: +836502186 eposadres: reformeer@gmail.com
Woorde uit sy Woning bedien Afrikaans sprekendes wêreldwyd met preke, Bybelstudies, inspirerende weekstukkies en geskiedenis videos. Daarmee wil ons troos, bemoedig, waarsku en leer.
Gustav en Ina Opperman het jare lange ondervinding in die televisiebedryf en was ook die pastoriepaar in verskeie gereformeerde gemeentes. Ds Gustav het ge-emeriteer en hy en Ina is voltyds besig met hulle roeping om die evangelie dwarsoor die wêreld te versprei. Hulle ateljee is in die omgewing van Hartbeespoort, Pretoria.
Ds Gustav preek nog elke Sondag op uitnodiging en Ina is voltyds besig met die video redigering.
Besoek hulle webblad: woordeuitsywoning.com waar meer as 1000 preke, Bybelstudies, Helpende Woord kort dagstukkies, en geskiedenis en ander dokumentêre maklik gevind word. Hulle versprei hulle video's ook op KZbin, Faceboek, WhatsApp en Telegram. U is welkom om ons te kontak as u op een van die laasgenoemde 2 groepe video kennisgewings wil ontvang.
Ons Woorde uit sy Woning KZbin-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u ons KZbin-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer.
U kan ook direk 'n bydrae maak:
Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi
Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Dit werk steurend in op die aard van ons video's. Sou KZbin wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons kry ook geen aandeel in die vergoeding.
Indien u ‘n bydrae wil maak spesifiek tot die reeks: Onse Kategismus vir Kinders: Woorde uit sy Woning Pty Ltd
FNB Business Account Tjekrekening
Rekeningnommer: 62874370952
Bankkode: 260346
Swift kode: FIRNZAJJ
Dankie dat u belang stel om ‘n bydrae te maak tot die verwesenliking van ons projek: Onse Kategismus vir Kinders.
Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.