Рет қаралды 360
Die nasionale vaatjieresies (barrel racing) kampioenskappe vind Saterdag 2 September 2023 plaas net buitekant Ermelo op die AKACHETA Stoet Plaas.
Die kampioenskappe sal ook deel uitmaak van 'n Lentefees wat op die dag aangebied word en is almal welkom. Daar is baie vermaak, eetgoed en drinkgoed vir almal. Kaartjies kan by die hekke of op iTickets gekoop word.
Wat se aktiwiteite sal plaasvind?
Die uitdunne gebeur in die voormiddag en die finale sal in die agtermiddag plaasvind waartydens die 2023 kampioen gekroon sal word. Dit is iets om nie te mis nie.
Die motorfietse gaan ook met die perde kompeteer - kom kyk.
Dan is daar ook Boeresports, Ponieritte en lekker musiek.
Kontakpersone is:
Charlene 082 041 2268
Melissa 072 443 5011
#boermedia #nbha