Рет қаралды 8,665
My Vader | Tot in Ewigheid | Doxa Deo Aanbidding | Revelation Enterprises
Musiek Video met Reinhardt Smit
Vers 1
Wie sou ooit kon dink dat ‘n God so groot
Vreugde kan beleef oor ‘n mens soos ek?
Dis genade, U genade
Vers 2
Wie sou ooit kon staan voor my God se troon?
Meer as net gered, as U kind gekroon
Ek is heilig, want U is heilig
Koor
My Vader, my Here, aan U kom toe al die ere
My Koning, my Vrede, U waarheid is my lewe
Vers 3
Meer en meer word ek aan U beeld gelyk
’n Lewe wat getuig van U heerlikheid
U leef in my en U leef deur my
Brug
Meer as net bestaan, is U hart vir my
Meer as net gered, is U woord oor my
Lewendig in my is die Gees van krag
Daar is meer, ja, U gee meer
Reinhardt Smit
©Revelation Re-Cord (Pty) Ltd
Doxa Deo Aanbidding