Deur God net inniglik lief te he, Hom te ken en Sy onsettende GROOTHEID en Liefde vir ons te kan beleef maak ons automaties nederig voor Hom, ons Vader, wat ons lief het. Mens begryp dit met tyd en sodra ons Sy hand vat om saam ons deur hierdie aardse tyd te stap.
@Hermsl6 ай бұрын
Dankie George. In hierdie tyd van probeer of "strive" is jou boodskap krities. Ons buig maklik voor mense omdat ons langs hulle staan. Wanneer ons onsself ver bokant hulle stel dan raak dit moeilik. Dieselfde met God. Jesus kon Sy posisie LANGS God verlaat om Homself te verneder tot die dood, sonder dat Hy gevoel het Hy's beroof. Daar is ook 'n vernedering wat gerig is daarop om onsself te verhoog. Dit is eintlik die hoogste vorm van hoogmoed. Die Skrif sê, "God sal jou verhoog." Waarvan praat ek? Ek praat van "fawning" of onderwerping. Dis waar jy 'n vloerlap word terwille van oorlewing. Dit is 'n gevaarlike posisie van desperaatheid en lê aan die wydste spektrum van die bekende verdediginsmeganismes: veg, vlug en vries. "Fawning" is die 4e meganisme en impliseer oorgawe aan die wêreld. Jy gee oor en raak uitgelewer aan jou omstandighede. Jy verloor alles, ook jouself. Oorgawe aan God is die teenoorgestelde. Jy wen alles, ook die ewige lewe. Hoe maklik ons oorgee aan God word bepaal hoe hoog ons onsself stel bokant God en mens.
@paulnel52156 ай бұрын
Verduidelik asb aan my; Hoe moet ek nederig wees voor GOD?
@Hermsl6 ай бұрын
Die kort antwoord is, neem jou posisie in LANGS God, nie VOOR Hom nie, want dan raak Hy vir jou 'n struikelblok. Shalom.