Рет қаралды 5,320
SIMON VAN AFRIKA
Markus 15:21-22 (DB) ’n Sekere man wat oorspronklik van Sirene in Afrika af gekom het, het juis toe daar verbygestap. Hy was op pad van die platteland af dorp toe. Sy naam was Simon en sy kinders was Aleksander en Rufus. Die soldate gee hom toe sommer die kruis en sê hy moet dit na Golgota, oftewel die “Plek van die Kopbeen”, toe dra.
JY DRA NIE ‘N STUK HOUT, SONDER DAT SPLINTERS JOU STEEK NIE
• Hoe ken die dissipels Hom so goed?
• Hulle weet waarvandaan Hy kom.
• Hulle ken selfs sy twee seuns se name.
WAT IS DIE SPLINTERS VAN DIE KRUIS?
• Alle vorms van sonde en gebrokenheid:
2 Korintiërs 5:21 (DB) Christus het nooit enige sondes gedoen nie. Maar God het Hom aan die kruis in ons plek in sonde verander. Hy het al ons sondes daar op Christus afgelaai sodat ons wat in Hom glo se verhouding met God nou herstel is.
… EN WAT IS HULLE DOEL?
• Alle splinters herinner jou dat jy Jesus nodig het:
Romeine 7:24-25 (DB) Wat ’n patetiese mens is ek nie! Ek leef in die doderyk. Wie kan my uit hierdie gemors verlos waarin my liggaam vasgevang is? Goddank! Daar is wel Iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy Naam is Jesus Christus! Hy is ons Here.
JOU SPLINTERS NEEM JOU NA JOU REDGEBED