Ek was baie diep in 'n baie donker put. U het 2x by my werk met ons kom praat . Ek het vroeer afgetree weens toksiese omstandighede. Verhuis na Pretoria waar my familie woon. Hier voel my gees en siel veilig. Ek ontvang liefde en vriendskap in oorvloed. Ek het 7 maande terug gehoor ek het fase 4 kanker. Ek het God se vrede wat alle verstand te bowe gaan in my. Ek het vandag my 8ste chemo ontvang. Het in die afgelope maande alreeds wonderwerke van God beleef tov my gesondheid. Aan God gee ek AL die Eer. Hy is elke oomblik by my. Nie eers die "groot K" laat my naby 'n diep, donker put beland nie. Here baie dankie dat ek U genade en Almag en liefde beleed. Dankie Johan dat jy my elke dag nog meer kan leer uit God se Woord. Groete Lizette.