Рет қаралды 39
Skriflesing: 1 Konings 19: 1-21 (83' vertaling)
Fokusverse: 1 Konings 19: 11 & 13
Elia lê diep onder ʼn Besembos, alleen in die woestyn. Hy het van
uitputting aan die slaap geraak ... en voor die slaap met die
uitmergelende gedagte gesit:
Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as
my voorvaders nie (vers 4).
Daar is verskeie dinge wat hom tot hierdie moedelose en hulpelose
toestand gedryf het:
Watter dubbelhartige en onbestendige volk het hy nie mee te doen
nie?
Telkens as hy die Woord van God tot hulle bring, blyk dit dat hulle
hulle bekeer van hulle sondige weg. Dit is egter gewoonlik van
korte duur, want gou weer hoereer die volk agter Kanaän se Baäl-
gode en agter afgode aan wat Agab se goddelose vrou, Isébel, vir
die volk ingevoer het.
Wanneer Elia so uitgeput van die vlug en sielsmoeg geworstel is met ʼn
halstarrige volk, dan wonder hy:
Nou waar is die Here ... waar werk die Here dan ... want nou, na
dese lyk dit asof die Here van hom vergeet ...
En dan stuur die Here ʼn Engel om hom te versterk en bemoedig ...