Рет қаралды 153,134
Daar was Saterdagaand ná die wedstryd tussen die Leeus en Brumbies hoogdrama in die SuperSport-atlejee toe Ashwin Willemse op die lug sy mikrofoon afgehaal en uitgestap het.
Willemse het Nick Mallett en Naas Botha, sy medeaanbieders, van “neerhalende gedrag” beskuldig.
Die hoofaanbieder, Motshidisi Mohono, het vir Willemse gevra vir sy gedagtes oor die wedstryd, wat die Leeus met 42-24 gewen het, waarop Willemse geantwoord het: “Dis belangrik vir my ... Ek het hierdie spel vir lank gespeel en ek was gereeld as ’n kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek te verdien,” het Willemse gesê.