Рет қаралды 574
Hierdie video is spesiaal vir Apie Smit vervaardig om sy droom van ‘n Toeriste Trein , ‘The Jimmy Logan Route’ tussen Touwsrivier en Matjiesfontein, visueel voor te stel. Die Toeriste trein vertel dan die storie van James Douglas Logan wat as Spoorwegman op Touwsrivier in 1878 beland het en homself met harde werk, insig en deursettingsvermoë, laat uitstyg het en latere jare met Matjiesfontein ‘n welgestelde sakeman geword het.