Рет қаралды 539
Pretoria, Gauteng, 10 Desember - Byna elke restaurant het hamburgers op hul spyskaart, maar min verstaan die kuns agter dié wêreldbekende dis.
Net meer as 'n dekade gelede het twee vriende van Pretoria die gaping in die mark raakgesien.
Met 'n fokus op spesialis-burgers het Corné Read en Jan-Hendrik van Staden die eerste Burger Bistro in die Moot op die been gebring.
Hulle is onlangs deur Uber Eats aangewys as die eetplek in Gauteng wat die beste gradering onder klante gekry het.