Рет қаралды 7,599
LIEFDE IN KONFLIK
WAT SȆ DIE TOP 3? REEKS
2 Johannes 1:1 (DB) Van die oudste, julle geestelike leier. Hierdie brief is vir die gemeente, die uitverkore vrou en haar kinders. …
3 Johannes 1:1 (DB) Van die oudste, die geestelike leier, aan my liewe en goeie vriend Gaius. …
WIE WAS DIE GEMEENTE, UITVERKORE VROU EN GAIUS?
Die Kerk is die bruid, die vrou, die moeder.
Gaius as gemeenteleier.
OPDRAGTE
LIEFDE:
2 Johannes 1:5-6 (DB) Liewe vrou, ons moet mekaar liefhê! Ek vra mooi. Ek vra nie nou iets wat ek nie voorheen van julle gevra het nie. Dit is die ou opdrag wat ons nog altyd het. Liefde is mos niks anders as om volgens die wil van God te leef nie. En wat wil God dan van ons hê? Dít: wat ons doen, moet ons in liefde doen. Ons weet dit al van die eerste dag af dat ons die evangelie gehoor het.
STAAN BY JESUS - AL BETEKEN DIT KONFLIK:
2 Johannes 1:10-11 (ABA) As daar mense by julle aankom en hulle wil vir julle iets anders leer as wat Christus geleer het, dan moet julle sê hulle mag nie in julle huise inkom nie. Julle moenie vir hulle sê hulle is welkom nie, want as julle sê dat hulle welkom is, dan doen julle ook slegte dinge soos hulle.
GASVRYHEID:
KONFLIK:
3 Johannes 1:9-10 (DB) Ek het vroeër ook so iets aan julle gemeente geskryf. Diotrefes was egter die vlieg in die salf. Hy is mos iemand wat altyd baas wil speel. Hy wou glad nie aanvaar wat ek geskryf het nie en het dit geïgnoreer. Dít kan ek nie so los nie. As ek weer na julle toe kom, sal ek hom onder vier oë spreek oor die goed wat hy aanvang en rondvertel. Hy versprei allerhande lelike en sommer bose stories oor ons en dit is net ’n hoop leuens. Dit is nie al nie. Dit word nog erger! Hy weier om mede-Christene gasvry te ontvang. Hy staan ook sowaar in die pad van diegene wat dit tog graag wil doen. En as hulle nie na hom wil luister nie, gooi hy hulle sommer uit die gemeente uit.
WIL PERSOONLIK MET JOU PRAAT:
SY VERHOUDING MET JESUS GEE HOM VRYMOEDIGHEID IN KONFLIK
Begin by die “seun van die Donder” en eindig by geliefde.
Geen ander skrywer noem hom dit nie, dit is sy eie openbaring.
Verhouding begin fisies en eindig in geloof.