JAKOBUS: VASGEVANG IN VERSOEKING - Andries Enslin, 9 September 2018

  Рет қаралды 20,009

LewenSentrum

LewenSentrum

5 жыл бұрын

TEMA: JAKOBUS: VASGEVANG IN VERSOEKING
REEKS: WAT SÊ DIE TOP 3?
WIE WAS JAKOBUS?
Nie-Apostel.
Broer van Jesus wat nie wou glo nie.
Leier in Jerusalem-gemeente en een van die leiers wat Paulus wou sien.
WAT WAS VIR HOM BELANGRIK?
Jakobus 1:1-8 (DB) Van Jakobus. Iemand wat God en die Here Jesus Christus dien met alles wat hy het. Almal wat oor hierdie wêreld versprei is en aan God behoort, moet die brief lees. Dit is vir julle bedoel. My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees. Die slegte dinge wat met julle gebeur, toets of julle werklik die Here vertrou. As dit met julle sleg gaan, leer julle juis om nader aan die Here te leef. Julle moet die Here toelaat om julle deur hierdie dinge te leer wat dit beteken om altyd net op Hom te vertrou, kom wat wil. So sal julle geestelike grootmense word wat weet hoe om in elke situasie reg op te tree. As julle egter in ’n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hoe om vir Hom te leef nie. Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra; Hy sal gee. Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg. Dit is ’n goeie voorbeeld van iets wat g’n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit?
Jakobus 1:12-17 (DB) Die Here gebruik slegte of moeilike dinge in ons lewe om te kyk of ons lojaal aan Hom gaan bly. Ware geluk is om dié toets met vlieënde vaandels te slaag. God noem sulke mense wenners in die lewe. Hy sal hulle deel van sy familie maak. Hulle sal vir altyd by God kan bly omdat hulle deur hulle optrede gewys het hoe lief hulle Hom het. Een fout moet ons egter nie maak nie. Ek kan nie sê dat God die Een is wat al die slegte dinge oor my bring net om my te toets nie. Met sulke speletjies hou God Hom nie op nie. Dit is nie asof die een of ander bose mag God aan sulke toetse kan onderwerp of dat God mense daaraan onderwerp nie. Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood. Liewe broers en susters, moenie toelaat dat mense julle allerhande stories hieroor vertel nie. God het niks slegs in Hom nie. Hy is ook nie die een dag in ’n goeie bui en die volgende dag in ’n slegte bui nie. Hy bly altyd dieselfde. Hy het alles gemaak, ook die sterre in die hemel. Dit is ook Hy wat goeie dinge met julle laat gebeur. As sulke mooi dinge met julle gebeur waaroor julle maar net kon droom, moet julle weet: dit kom van God af.

Пікірлер
JAKOBUS: GLO JY NOG IN GEBED? - Andries Enslin, 16 September 2018
32:14
Byt Vas - Andries Enslin, 12 Augustus 2018
34:54
LewenSentrum
Рет қаралды 18 М.
HAPPY BIRTHDAY @mozabrick 🎉 #cat #funny
00:36
SOFIADELMONSTRO
Рет қаралды 14 МЛН
Я нашел кто меня пранкует!
00:51
Аришнев
Рет қаралды 4,7 МЛН
Clowns abuse children#Short #Officer Rabbit #angel
00:51
兔子警官
Рет қаралды 42 МЛН
Vuur is nie altyd lekker nie - Andries Enslin, 29 Julie  2018
36:53
LewenSentrum
Рет қаралды 12 М.
Waar Was God? Dr  Isak Burger
38:35
Dinamika Familie Gemeente, Vanderbijlpark
Рет қаралды 5 М.
GOD GEE AAN ONS WAPENS - Andries Enslin, 4 November 2018
27:44
LewenSentrum
Рет қаралды 20 М.
GOD IS GEDULDIG - Andries Enslin, 7 April 2019
32:37
LewenSentrum
Рет қаралды 14 М.
Ou- en Nuwe Testamentiese heiliges
46:46
Raymond Lombard Ministries
Рет қаралды 14 М.
Gee jou boot vir Jesus - Andries Vermeulen, 15 April 2018
54:31
LewenSentrum
Рет қаралды 546 М.
NOEM MY CHRISTEN - Andries Enslin, 3 Februarie  2019
39:20
LewenSentrum
Рет қаралды 16 М.
Waarom is jy kwaad? - Andries Enslin, 28 Januarie 2018 VM
32:29
LewenSentrum
Рет қаралды 21 М.
Die huidige Midde-Ooste krisis!
1:05:04
Raymond Lombard Ministries
Рет қаралды 10 М.
DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE
50:32
Lux Mundi Gemeente
Рет қаралды 89 М.
HAPPY BIRTHDAY @mozabrick 🎉 #cat #funny
00:36
SOFIADELMONSTRO
Рет қаралды 14 МЛН