Рет қаралды 8,497
JOHANNES: VRY VAN DIE BOSE
WAT SÊ DIE TOP 3? REEKS
WIE WAS JOHANNES?
Hier volg die name van die twaalf wat Hy gekies het: Simon (Jesus het sy naam verander na Petrus), Jakobus en Johannes (die seuns van Sebedeus, maar Jesus het hulle die bynaam “Seuns van die Donder” gegee), … Markus 3:16-17 (NLV)
Liefling-dissipel
Skrywer van vyf boeke
Efese, Patmos
Sterf natuurlik
EERSTE BRIEF
Alles het by Hom begin. Voor alles was Hy al daar. Wat Jesus kom vertel het, het ons met ons eie ore by Hom gehoor. Ons het Hom met ons eie oë gesien. Ons het mooi dopgehou wat Hy gedoen het. Ons kon aan Hom vat en het ook inderdaad met ons hande aan Hom geraak. Wanneer ons dus oor Jesus praat, is ons seker waarvan ons praat. Maar wie is hierdie Jesus van wie ons praat? Dit gaan oor die Een wat ons kom vertel het waar om die ewige lewe te kry. Hy self het die ewige lewe. Daarom kan ons Hom “Lewe” noem. Die “Lewe” het na ons toe gekom. Ons het Hom goed dopgehou. Wat ons gesien het, het ons oortuig dat Jesus nie alleen die ewige lewe het nie, maar dit ook vir ons kan en wil gee. Omdat niemand so naby die hemelse Vader staan as juis Hy nie, kan Hy dit doen. Wat ons gesien en gehoor het, het ons so beïndruk dat ons julle eenvoudig daarvan moet vertel. Julle weet mos van die geestelike familie van die hemelse Vader en sy Seun, Jesus Christus. Ons behoort nou aan daardie familie. Ons wil so graag hê dat julle ook deel daarvan moet word. 1 Johannes 1:1-3 (DB)
Ons kan heeltemal vry en vol selfvertroue met God praat. Immers, as een van ons vir God iets volgens sy wil vra, kan ons maar weet: Hy luister! Wel, een ding is seker, dit is so goed of ons het wat ons van God vra. Kyk na die volgende voorbeeld. Sê nou iemand sien ’n medegelowige wat verkeerde dinge doen, maar darem op so ’n manier dat hy Jesus nie heeltemal die rug toekeer nie, wat dan? Wel, dan moet hy in gebed vir God vra om daardie persoon te help. God sal daardie persoon help. Die persoon is immers nog nie by die afgrond van die geestelike dood af nie. In sommige gevalle is persone al klaar by die afgrond af. Ek praat nie oor hulle as ek sê dat julle moet bid nie. Dinge wat nie vir God reg is nie, is natuurlik sonde. Maar deur sonde te doen dompel die gelowige hom nie noodwendig in die geestelike dood in nie. Tog weet ons ook dat iemand wat God se kind is, nie heeltyd al agter die sonde aanloop nie. Die Bose kan nie ’n houvas op hom kry nie. Ons weet dat ons kinders van God is. Al die ander mense in die wêreld wat nie kinders van God is nie, is verstrik in die mag van die Bose. Dit weet ons: die Seun van God het gekom en vir ons die geestelike dinge kom verduidelik. Daarom kan ons nou die ware God ken. Ons is deel van die familie van die ware God, van sy Seun, Jesus Christus. Hierdie Jesus self is die ware God en die ewige lewe. My kinders, loop wye draaie om alles wat julle hinder of keer om God voluit te dien. 1 Johannes 5:14-21 (DB)
VRY VAN DIE BOSE
Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon. 1 Johannes 4:4 (NLV)