No video

Byt Vas - Andries Enslin, 12 Augustus 2018

  Рет қаралды 18,744

LewenSentrum

LewenSentrum

6 жыл бұрын

Byt Vas
WAT SÊ DIE TOP DRIE? REEKS
WIE IS DIE TOP DRIE?
Sowat agt dae later het Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom teen ’n berg op gevat om daar te gaan bid. Lukas 9:28 (DB)
PETRUS SE TWEE BRIEWE
1 Petrus - Geskryf aan gelowiges wat versprei is, 65 N.C. gelowiges moet swaarkry verduur.
2 Petrus - Geskryf aan gelowiges in Rome, 60-64 N.C. hou aan groei tot die einde.
KERNBOODSKAP VAN 1 PETRUS
Dit kan gebeur dat daar in julle alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir julle lekker is nie en wat julle geloof op allerhande maniere toets. Moenie dat dit julle van stryk bring nie. Kom ons neem goud as voorbeeld. Geld wat van goud gemaak is, hou natuurlik nie vir altyd nie. Tog doen mense moeite om dit in ’n baie warm vuur te sit om so al die vuiligheid wat in die goud vassit, weg te smelt. So is dit met die geloof ook. Dit moet getoets en suiwer gemaak word. As julle geloof deur al die moeilikhede heen sterk bly, sal daar by die wederkoms van Jesus gesê word watter mooi voorbeeld julle met julle geloof gestel het. Almal sal daaroor praat.
1 Petrus 1:6-7 (DB)
Jesus het ‘n duur prys vir julle betaal en die doel van swaarkry is heiligmaking in jou totale lewe
As julle regtig probeer om goed te leef, sal mense julle gewoonlik nie sleg behandel nie. Maar as julle moet swaarkry juis omdat julle doen wat reg is, is julle eintlik gelukkig. Moet net nie vir mense bang word en die kluts kwytraak nie. Julle moet eerder wys dat daar in julle lewe net vir Een plek is, naamlik vir Christus, die Here. As iemand julle uitvra oor die dinge wat God julle beloof het en waarna julle so uitsien, gryp die kans aan. Vertel hulle daarvan. 1 Petrus 3:12-15 (DB)
) Dit het met Jesus ook gebeur. Self het Hy niks verkeerds gedoen nie, maar Hy moes vir altyd vir ander se verkeerde optrede sterf. Die Een wat niks verkeerds gedoen het nie, moes so vir al die verkeerde dinge van ander betaal. So het Hy dit egter vir ons reggekry om by God uit te kom. Sy menslike liggaam is wel doodgemaak, maar die Gees het Hom lewendig gemaak. 1 Petrus 3:18 (DB
Jesus het as mens hier op aarde ook baie gely. As julle swaarkry, moet julle net soos Hy maak. Sy voorbeeld moet julle sterk maak. Iemand wat so swaarkry as mens, hou hom nie meer met die sonde op nie. Sy ingesteldheid in die lewe is anders. Hy hardloop nie die hele tyd agter sy eie neus aan en doen net wat vir hom as mens lekker is nie. Nee, al wat ’n Christen graag die res van sy lewe wil doen, is dit wat God - en nie mense nie - gelukkig sal maak. Kyk net hoe ’n groot deel van julle lewe het julle reeds gemors deur julle op te hou met die dinge van die mense wat God nie ken nie. 1 Petrus 4:1-2 (DB)
My liewe vriende, as dit so swaar met julle gaan dat julle dit byna nie meer kan hou nie, moenie sommer daaruit aflei dat julle godsdiens daarmee heen is nie. Christene moet ook swaarkry. Dink maar aan Jesus. Hy het baie swaargekry. Julle moet eerder bly en opgewonde wees dat julle soos Hy is, al is dit ook dat julle soos Hy kan swaarkry omdat julle Christene is. Dink net hoe bly julle gaan wees wanneer Hy weer kom en almal dan sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s’n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle ’n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien. 1 Petrus 4:12-14 (DB)
SY SLOTOPSOMMING
In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ’n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ’n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg. Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamente skud nie. Laat dít vir julle ’n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry. Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie. Daarvoor sal God sorg. Dit is immers Hy wat soveel goeie geskenke vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Hy het Christus Jesus gestuur, deur wie God ons ook uitnooi om vir altyd sy eregaste te wees. Al ly julle nou ’n rukkie, sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie. Hy kan dit doen, want al die krag behoort aan Hom, nou en vir altyd. Daaraan hoef niemand eens te twyfel nie. 1 Petrus 5:8-11 (DB)

Пікірлер
JAKOBUS: VASGEVANG IN VERSOEKING - Andries Enslin, 9 September 2018
38:49
LEER OM TE SKYN IN ALLE SEISOENE - 30 JUNIE 2024
37:32
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
English or Spanish 🤣
00:16
GL Show
Рет қаралды 6 МЛН
My Cheetos🍕PIZZA #cooking #shorts
00:43
BANKII
Рет қаралды 28 МЛН
Om in die Heilige Gees vas te loop. Deel 1 [4 Mei 2022]
34:43
Is God jou Vader? | Vita Dei 547
23:41
Riekert Botha
Рет қаралды 9 М.
GOD GEE AAN ONS GAWES - Andries Enslin, 28 Oktober 2018
37:24
LewenSentrum
Рет қаралды 10 М.
DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE
50:32
Lux Mundi Gemeente
Рет қаралды 92 М.
JAKOBUS: GLO JY NOG IN GEBED? - Andries Enslin, 16 September 2018
32:14
JESUS SÊ: “BEKEER JOU” - Andries Enslin, 10 Februarie  2019
38:26
GESEËND - TOG VOEL DIT OF EK WEGSINK - 21 APRIL 2024
42:32
LewenSentrum
Рет қаралды 12 М.
GOD GEE AAN ONS WAPENS - Andries Enslin, 4 November 2018
27:44
LewenSentrum
Рет қаралды 20 М.
Gebed verander my. Stephan Joubert [7 Junie 2020]
28:38
Ekerk
Рет қаралды 38 М.