No video

Kaleidoskoop - Wegbreek

  Рет қаралды 291,530

Kaleidoskoopband

Kaleidoskoopband

Күн бұрын

Gepubliseer: 17 Feb 2017
Vervaardiger en Videograaf: Paul Hugo Bravo & Thatcher
Ander Videograwe - Jean de Villiers - Daville, Jean & Dean Brummer - Consuming Fire Films, Etienne Schoeman - Schoeman Film
Spesiale dank: Die Du Plessis gesin - The Fig Tree House - Nelspruit, Re:treat huisie - Moolmanshoek, die Badenhorst gesin - Siloë - Harrismith, tannie Rika - Eersterivier, die Streichers - Swellendam en die van Vuurens by LittleBig studio - Pretoria.
___________
Wegbreek
Agter slot en grendel vasgevang
Deur die tralies van die stad bly ek na jou verlang
Daar is 'n kronkelpad waarna my hart so smag
Hierdie stofpad kronkel deur die platteland se prag
Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land
Wees my medereisgenoot, kom vat my hand
Sodra die son se strale deur die wolke breek
Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek
Soos die berge oprol om die see vir my te bring
Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring
Geroeste doringdraad deel ervare raad
Jy span jou liefde en jou hart bly vry van haat
Windpomp se kreun wat sy wysheid kom verleen
Draai van vreugde in die droogte en die reën
Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land
Wees my medereisgenoot, kom vat my hand
Sodra my kaal voete teen die seesand slaan
Met net die wind wat deur my hare dans
Laatmiddag son wat warm aan my vel kom kleef
Voel ek weer ek leef
Voel ek die vrede my hart weer binnedring
WEGBREEK is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf. Die video is deur die loop van 2016 verfilm. Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het.
“Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind.
Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons WEGBREEK om te gaan skryf, asook wat ons inspireer (die natuur). Die einde van die video wys dat die ‘sending’ waarop ons was eers voltooi is wanneer iemand die CD koop, die musiek geniet en inspirasie daaruit put"
Facebook: / kaleidoskoopband
Twitter: @kaleidoskoop2
Instagram: @kaleidoskoopband
Webblad: www.kaleidomusiek.co.za
Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Пікірлер: 47
@hettiehenning4601
@hettiehenning4601 6 жыл бұрын
Dankie vir sielvolle musiek!Henning familie.Hettie Pieter en Dalla
@psjfellowship3094
@psjfellowship3094 5 жыл бұрын
Baie baie baie mooi.ongelooflik.platteland is my tuiste
@Johnrosstaiwan
@Johnrosstaiwan 5 жыл бұрын
PSJ fellowship net jammer dit is deesdae so gevaarlik! 😩😩
@catalaya9942
@catalaya9942 2 жыл бұрын
Ek love die band...love love love. ...❤❤
@SAlaaitie
@SAlaaitie 6 жыл бұрын
so lekker om na musiek te kan luister wat nie net lee woorde bevat nie, maar wat van betekenisvolle lerieke oorstroom
@chantellevdmerwe9882
@chantellevdmerwe9882 7 жыл бұрын
WOW!!! Julle musiek is awesome!!!! Ek besit elke een van julle cd's, en nou het ek jullle nuwe digitale CD ook. Ek kan nie wag om julle volgende optrede te gaan sien nie. Ek jam elke dag op julle musiek, al die pad van Frankryk af. Ek is trots om afrikaans te wees.
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Awesome, bly jy hou Afrikaans se naam hoog oor die waters! :) Dankie vir jou ondersteuning en dankie vir die mooi woorde, ons sien ook uit om jou by 'n optrede te sien. Geniet die nuwe album!
@cvdsloubser
@cvdsloubser 2 жыл бұрын
Legend
@essichwassenaar5339
@essichwassenaar5339 7 жыл бұрын
Welgedaan, lekker om 'n nuwe snit te hoor. Ek sien Nelspruit feature.... Baie cool.
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Dankie Essich...jip, Nelspruit het, hoe dan nou anders ;)
@heathdafeath
@heathdafeath 7 жыл бұрын
Eks baie lief vir dis lied❤️❤️ Dankie
@chrisvanrooyen275
@chrisvanrooyen275 5 жыл бұрын
Hierdie klink en lyk baie profesioneel
@Johnrosstaiwan
@Johnrosstaiwan 5 жыл бұрын
Dit is ‘n pragtige video!
@nadiastrauss4901
@nadiastrauss4901 7 жыл бұрын
Lanklaas so baie van 'n band gehou! Al julle musiek is vir my awesome, soveel so, dat ek sommer WEER na julle cd launch gaan kyk. Het dit bygewoon in Atterbury teater, en gaan sommer weer vir julle kyk by julle launch in Vanderbijl! Kan alreeds nie wag vir als wat nog uit julle penne gaan vloei nie!
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Baie dankie Nadia, waardeer die ondersteuning erg baie! Sien uit na launch nommer 2 in Vanderbijl dan! ;)
@ncschoombee5581
@ncschoombee5581 7 жыл бұрын
Ekt reg gekom met details. Sien julle het dit geplaas.Dankie
@TheMelodie1987
@TheMelodie1987 7 жыл бұрын
Baie Dankie dis mooi
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Groot plesier, Melodie, bly jy hou daarvan :)
@albertruthenberg5246
@albertruthenberg5246 7 жыл бұрын
Mal oor julle musiek. Ek het vreeslik uitgesien na die nuwe song! Net een stukkie kommentaar. Voel Anique se stem kon biejtie meer promiennt gewees het. Klink asof sy net in die agtergrond sing. En sy het so awesome stem !
@drivemoz8692
@drivemoz8692 7 жыл бұрын
Cool lied, baie mooi stemme - dankie - ek het nie die groep geken nie, maar gaan nou definitief volg
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Dankie Drive Moz, waardeer, jy kan ons ander musiek luister of koop op ons webtuiste: www.kaleidomusiek.co.za. Geniet en mooi week verder!
@hennietraut8012
@hennietraut8012 5 жыл бұрын
Awesome guys Ek love julle musiek
@riaanvernooy7164
@riaanvernooy7164 7 жыл бұрын
Lekker song!! ⛺ Bly so awesome.. 👌
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Dankie Riaan, bly jy geniet hom!
@eugeneviljoen2888
@eugeneviljoen2888 7 жыл бұрын
Julle is awesome!!!
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Dankie Eugene, waardeer!
@malanplan
@malanplan 2 жыл бұрын
Baie nice! Well done 🤙🏻
@williamkruger2332
@williamkruger2332 5 жыл бұрын
Eerlik waar die lekkerste road trip musiek veral as jy op verkansie is en ry van sedgefield af na knysna toe maak jou tuis voel
@julipieterse1966
@julipieterse1966 6 жыл бұрын
Anique, jy's pragtig vriendin
@sonikaneethling7288
@sonikaneethling7288 7 жыл бұрын
Welgedaan julle.
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Dankie Sonika ;)
@tenishcaturner9493
@tenishcaturner9493 4 жыл бұрын
@Kaleidoskoopband. My 2-jarige dogter het op haar eie unieke manier die liedjie op 1.5x spoed gestel. Dit skep 'n interessante luister ervaring. Probeer dit gerus.
@elsabewadlow8542
@elsabewadlow8542 4 жыл бұрын
Here help my om U Woord te verkondig en getuie vir U te wees🙏👏
@Rainsong777
@Rainsong777 6 жыл бұрын
...op watter CD van julle is hierdie liedjie ? (wil seker maak ek het "al" julle CD's) ;o)
@charlvandermerwe5883
@charlvandermerwe5883 7 жыл бұрын
Wat is d name van die plekke op d video. Kan julle dit met ons deel. Ons soek sulke WEBREEK plekke. Great song. Hou so aan!
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Hi Charl, baie dankie, bly jy hou van die musiek ;) Ons sal sommer vir jou die name en kontakbesonderhede aanstuur: Die 3 plekke wat te huur is (baie goeie tarriewe!) Nelspruit boomhuis - 072 0355 685 / thefigtreehouse@gmail.com , Swellendam berghut - Natalie: 076 530 2402 , Eersterivier Strandhuis - Rika: 084 548 6003. Hoop jy kom reg...geniet dit!!
@TheWildWondersSA
@TheWildWondersSA 7 жыл бұрын
Baie mooi julle! Sal baie great wees as ek van jullemusiek kan gebruik vir my KZbin Kanaal. Johan ons moet praat. ;)
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Lekker Liaan, glad you like dem!
@sandradewet-vandenberg3396
@sandradewet-vandenberg3396 6 жыл бұрын
Julle doen dit mooi!
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 6 жыл бұрын
Dankie Sandra, waardeer! :)
@ncschoombee5581
@ncschoombee5581 7 жыл бұрын
Johan waar kan ek met julle inverbinding treë? Epos adress asseblief? Eks een van die direkteure van Affiplaas en ons is opsoek na n tema lied vir ons eerste groot produksie video wat ons kan help met bemarking. Ons is besig om uit tekyk na ander bands ook .Ons hou van wat ons sien en wil graag inkontak kom.Ons het na bands soos Douvoordag ook gekyk. Dis so reg in ons kraal wat klank en tema betref. Ek hoor graag van julle .Groete
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Goeie dag NC, skies, ons is tans op toer en kom nie so gereeld by als uit soos ons wil nie. Jy kan 'n epos stuur na info@kaleidomusiek.co.za of bookings.kaleidoskoop@gmail.com. Hoor graag van jou, dan gesels ons verder. Mooi dag en week! Groete, Jouba
@colleenjansevanrensburg1350
@colleenjansevanrensburg1350 7 жыл бұрын
Mal hieroor. Julle mag maar.
@Kaleidoskoopband
@Kaleidoskoopband 7 жыл бұрын
Baie dankie Colleen, waardeer...en baie bly jy hou daarvan!
@johnhenry1878
@johnhenry1878 5 жыл бұрын
Kyk julle mag maar sing. Sal julle graag eendag wil ontmoet
Kaleidoskoop - Vars Uitgekerf
4:53
Kaleidoskoopband
Рет қаралды 295 М.
Kaleidoskoop - Die Goeie
4:48
Kaleidoskoopband
Рет қаралды 172 М.
КТО ЛЮБИТ ГРИБЫ?? #shorts
00:24
Паша Осадчий
Рет қаралды 4,3 МЛН
SPONGEBOB POWER-UPS IN BRAWL STARS!!!
08:35
Brawl Stars
Рет қаралды 24 МЛН
At the end of the video, deadpool did this #harleyquinn #deadpool3 #wolverin #shorts
00:15
Anastasyia Prichinina. Actress. Cosplayer.
Рет қаралды 15 МЛН
Kaleidoskoop - 'Acoustic Covers' - Zombie (Full Version)
4:09
Kaleidoskoopband
Рет қаралды 39 М.
Wanderlust 🌲 - An Indie/Folk/Pop Playlist | Vol. III
2:18:05
alexrainbirdMusic
Рет қаралды 2,2 МЛН
Sasha Maya Barr - Come In Next (Official Music Video)
4:16
Sasha Maya Barr
Рет қаралды 17 М.
Neem My Op Vlerke Mashup (Live)
6:13
Karen Zoid
Рет қаралды 127 М.
Spoegwolf - Heen en Weer (Single Version)
3:05
Spoegwolf
Рет қаралды 353 М.
ELVIS BLUE  -  REDE OM TE GLO
3:24
Elvis Blue
Рет қаралды 1,4 МЛН
WANT AS EK DROOM - Karen Zoid & Kaapstadse Filharmoniese Orkes
4:14
Kaleidoskoop - Vlugvoetig
4:13
Kaleidoskoopband
Рет қаралды 230 М.
MAGNĒTISKĀ VĒTRA - LINDA LEEN (official video) 2024
5:15
LindaLeenMUSIC
Рет қаралды 8 М.
Kaleidoskoop - Gabriel (Full Version)
4:37
Kaleidoskoopband
Рет қаралды 97 М.