Kultuurskatte van die Voortrekkermonument

  Рет қаралды 3,313

FAK DIGITAAL

FAK DIGITAAL

5 жыл бұрын

Dit is vanjaar 80ste herdenking van die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria.
Met die hoeksteenlegging op 16 Desember 1938 is ‘n eksemplaar van Jan van Riebeeck se dagboek, ’n afskrif van die Piet Retief-Dingaan-traktaat, ’n afskrif van die Gelofte van 16 Desember 1838, ’n afskrif van die Stem van Suid-Afrika en die Statebybel van mnr. Henning Klopper agter die hoeksteen toegemessel.
Die Voortrekkermonument is as huldeblyk aan die Voortrekkers wat hulle kultuur na die binneland gebring het, gebou.
Die gedagte om ‘n monument ter ere van die Voortrekkers te bou, het in 1931 by ’n FAK-kongres ontstaan. Daarna is ’n Sentrale Volksmonumentekomitee gestig wat in beheer van die fondsinsameling, ontwerp en oprigting was. Die staat het die meeste van die geld bygedra - die totale koste van die monument was 350,000 pond.
Die Voortrekkermonument is op elf jaar later op 16 Desember 1949 amptelik ingewy.
Hoeveel trappe lei van die parkeerterrein tot bo by die Monument?
130
Wie was die beeldhouer van die beeldegroep voor die Monument?
Anton van Wouw
Watter boumateriaal is vir die Monument gebruik?
Graniet uit Noord-Transvaal
Wie stel die vier hoekfigure voor?
Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en Die Onbekende leier (verteenwoordigend van al die ander Voortrekkerleiers). Elke hoekbeeld weeg ongeveer 6 ton.
Waarom bestaan die laermuur juis uit 64 waens?
64 waens is in ’n laer getrek by Bloedrivier op 16 Desember 1838
Hoe hoog is die Monument?
Bykans 62 meter in totaal
Wie was die argitek?
Gerard Moerdijk

Пікірлер
Covid-19 afsondering - wat behels dit vir familieboere
4:14
Kruger Huis in Pretoria
12:08
RSG 100 - 104 FM
Рет қаралды 10 М.
Haha😂 Power💪 #trending #funny #viral #shorts
00:18
Reaction Station TV
Рет қаралды 13 МЛН
Пробую самое сладкое вещество во Вселенной
00:41
Дибала против вратаря Легенды
00:33
Mr. Oleynik
Рет қаралды 2,6 МЛН
Bejaardes baljaar by die Voortrekkermonument
2:46
Maroela Media
Рет қаралды 1,3 М.
Addiction To Success | Episode 10: Ray's Story- The Hope Shot
34:35
GNU talks with Helen Zille | Carte Blanche | M-Net
12:16
Carte Blanche
Рет қаралды 45 М.
Vandag in die geskiedenis | 17 Februarie 1838
1:58
FAK DIGITAAL
Рет қаралды 125
I Ate Only Viking Food for a Week
46:28
V. Birchwood
Рет қаралды 40 М.
Versoeningsdag by die Voortrekkermonument
2:33
Netwerk24 Video
Рет қаралды 1,2 М.
Musiekfees 2013 - Pretoria bly Pretoria.
2:03
AfriForum
Рет қаралды 1,7 М.
Springboks thump Wales at Twickenham
42:57
Save the world
Рет қаралды 101 М.
Haha😂 Power💪 #trending #funny #viral #shorts
00:18
Reaction Station TV
Рет қаралды 13 МЛН