❤God is my Lighuis. Sy lig is vir my 'n teken van hoop. Sy lig verlig my voetpad dat ek nie struikel oor dinge wat my wil ontspoor en so my rigting weg van wat God vir my wil hê, lei nie. God se lig is die waarheid, so ek vang Sy lig op en weerkaats dit na my ander broers en susters wat God se voetpad wil leer ken en so ook die pad van die waarheid wil ken en loop om die ewige lewe te be-erwe.❤