My huis

  Рет қаралды 24,581

Lami Leer en Speel Videos

Lami Leer en Speel Videos

Күн бұрын

Bevorder jou kleinding se woordeskat met 'n rympie en liedjie! Ons praat oor elke kamer in die huis en leer ook van "oop en toe"
Lami kuier by sy maatjie se huis
Die maatjie gaan vir ons hul huis wys
My huis het ‘n deur, ek maak dit oop
Dan kan ek daar deur loop
Ek staan op die vloer
en sien vensters waardeur ek kan loer
Wat sien ek in my huis?
Slaapkamers en ‘n kombuis
Badkamer en ‘n sitkamer ook
Verskillende vertrekke in elke soort
In die kombuis is waar ek kos maak
Gesonde kos wat lekker smaak
In die kos kas is daar pap en sout
Die yskas hou die kos vars en koud
Op spesiale dae kyk ek in die resepte boek
En dan bak ek in die oond sjokolade koek
Die mikrogolf maak ook kos gaar en warm
Ek gebruik 'n vatlap anders brand ek dalk my vingers of arm
By die wasbak kan ek skottelgoed was
Ek maak die kraan oop en gooi seep in
Dan kan ek met was begin
Ek droog dit af en bere mooi waar dit pas
Ek speel in die sitkamer in die dag
Hier kan ek lekker speel en lag
Ek sit mooi stil op die bank
En kyk Lami, maar nie te lank
Ek klim op die bank
Ek sit op die bank
Ek speel wegkruipertjie, ek kruip onder die tafel weg
Kan jy tel tot by tien?
Die badkamer het 'n toilet en wasbak
Ek was myself skoon in die bad
As ek klaar is staan ek mooi stil op die mat
want 'n nat vloer is baie glad
As dit donker word gaan ek slaapkamer toe
Ek lees bietjie boek en maak my oë toe
Ek slaap rustig in my bed
More het ek weer baie pret
Bo op die kombers
Onder die kombers
Sit in die bed
Lê in die bed
Boek oop en toe
Sit die lig aan
Sit die lig af
--
Donasies:
ko-fi.com/koff...
Baie dankie vir jul ondersteuning.
--
Lami poppies:
/ nessi_noodles_crochet
Vanessa: 076 924 2561
--
Gratis werkaarte:
afrikaans.com/...
--
Meer oor Lami Leer en Speel Videos:
#afrikaans #kinders #opvoedkundig en opbouend
#stories, #liedjies en #rympies
Hier gaan jou #kleuter leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
100% GRATIS vir almal.
Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Tans is 70% van die mense wat ons kanaal gebruik nie subscribed nie. Die Afrikaanse KZbin mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.

Пікірлер
Parkie pret #woordeskat #kleuters #lami #afrikaans
13:26
Lami Leer en Speel Videos
Рет қаралды 18 М.
ТИПИЧНОЕ ПОВЕДЕНИЕ МАМЫ
00:21
SIDELNIKOVVV
Рет қаралды 1,8 МЛН
DID A VAMPIRE BECOME A DOG FOR A HUMAN? 😳😳😳
00:56
Osman Kalyoncu Sonu Üzücü Saddest Videos Dream Engine 262 #shorts
00:20
"كان عليّ أكل بقايا الطعام قبل هذا اليوم 🥹"
00:40
Holly Wolly Bow Arabic
Рет қаралды 6 МЛН
Gebaretaal + Troeteldiere vir Babas + Kleuters | Leer Woorde, Handgebare, Kleure, Vrae, Tel + Meer
45:36
Insekte #kleure #kleuters #lami #afrikaans
22:17
Lami Leer en Speel Videos
Рет қаралды 50 М.
Leer van Diere | Plaasdiere, Wilde Diere, Troeteldiere | Afrikaanse Rympies
29:22
Juffrou Linky - Opvoedkundige Videos vir Kinders
Рет қаралды 698 М.
Afrikaanse Kinder Animasie - Die Stroper - Tom Die Insleep Voertuig
23:40
RoboFuse - Afrikaans
Рет қаралды 162 М.
T-rex Has a Toothache😭| T-rex is Coming | Good Habits | Kids Songs | BabyBus
37:26
BabyBus - Kids Songs and Cartoons
Рет қаралды 21 МЛН
Kleure vir Kleuters / Eksperiment / Speletjies/ Lami Leer en Speel Videos
16:31
Lami Leer en Speel Videos
Рет қаралды 84 М.
Gouelokkies en Die Drie Bere
7:36
Koko Stories
Рет қаралды 133 М.
Seisoene - Leer seisoene in Afrikaans!
10:34
Stegosaurus Learning
Рет қаралды 47 М.
Seediere #kleuters #lami #afrikaans
34:11
Lami Leer en Speel Videos
Рет қаралды 40 М.
Plaasdiere #kleuters #lami #afrikaans #liedjies
13:25
Lami Leer en Speel Videos
Рет қаралды 86 М.
ТИПИЧНОЕ ПОВЕДЕНИЕ МАМЫ
00:21
SIDELNIKOVVV
Рет қаралды 1,8 МЛН