Рет қаралды 1,547
Ford is trots om vanjaar die 101ste herdenking van die vervaardiging van voertuie in Suid-Afrika te vier, met takke regoor die land.
Gerrit Bezuidenhout het met Chris Rothman, 'n nuwevoertuig-verkoopspesialis by Consolidated Auto Ford, gesels oor die belangrike rol wat Ford en die landbousektor in mekaar se markte speel. Behalwe vir ou gunstelinge, stel Ford ook interessante nuwe voertuie ten toon by hul Nampo-standplaas, soos die Tremor, 'n 4x4-trofeevoertuig, die Tourneo vir personeelvervoer, en die Territory vir die boervrou.
Volg ons op ons webwerf landbou.com Facebook / landbouweekblad en @landbou op Twitter