Stille Nag - Germandt Geldenhuys (ft. Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger & Paul Lückhoff)

  Рет қаралды 421,725

Germandt Geldenhuys

Germandt Geldenhuys

3 жыл бұрын

ⓒ Germandt Geldenhuys
Jy kan sekerlik saamstem: 2020 was ‘n tawwe jaar wat baie van ons se hoop weg gevreet het en gevolglik gaan hierdie Kersfees dalk ‘n bietjie meer gedemp wees, vir baie mense.
Dit is presies waaraan ek gedink het op ‘n Maandagmiddag einde November toe iemand my daaraan herinner dat daar in die stil tye van die lewe ook wonderwerke kan gebeur - dat nuwe lewe (en hoop) uit die eenvoud kan spruit.
Ek het toe besluit ek wil “Stille Nag” (my ma se gunsteling Kerslied) opneem en vrystel oor die feestydperk.
Ek het dadelik my vriend (en maestro!), Sean Butler, genader om die opname te behartig. (Al was die “deadline” letterlik 7 dae, het hy ingestem en tot in die middernagtelike ure gewerk.)
Sean, daar is nie baie mense soos jy nie. Jy is ongelooflik. Baie dankie.
Ek wou graag ook vir ‘n slag iets saam my vriende doen - al was dit net iets klein - en ek besluit toe om van my vriende by Binnelanders saam te nooi om te kom saamsing!
Hierdie manne het almal binne sekondes “ja” gesê toe ek dit aan hulle voorstel en elke liewe een van hulle het uit hulle pad gegaan om van hierdie projek ‘n sukses te maak.
Dankie manne. Ek is trots om julle my vriende en kollegas te kan noem.
Saam julle sal ek oorlog toe gaan.
Ek het ook besluit dat ek hierdie projek alles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis gaan doen. So, elke keer wat jy die song aflaai, koop, speel of share, doen jy dit met die wete dat jy ‘n klomp kinders se Kersfees en Nuwe Jaar ‘n klein bietjie lekkerder gaan maak. Al die opbrengs word net so aan hulle geskenk.
Ek hoop julle geniet - en word geraak - deur hierdie weergawe van Stille Nag deur my, (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger en Paul Lückhoff.
SHARE sover as wat jy kan, asseblief.
Hoe meer mense luister hoe meer fondse samel ons in. En sodoende versprei ons sommer ook die Kersfeesgees!
NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, KZbin MUSIC: linktr.ee/germandtgeldenhuys
Spesiale dank aan:
* Sean Butler + MELODY LANE STUDIOS se musikante en redigeerders vir al hulle harde werk met die opname van die lied.
* Linzay Coetzee (DUIDELIK) vir die ontwerp van die bemarkingsmateriaal, die ontwerp van die album-omslag en ook jou onbaatsugtige hulp en ondersteuning deurentyd.
* NG Kerk Lindenpark, vir die gebruik van hulle kerkgebou.
* Noeleen Fenske vir bydraes met grimering vir die "shoot".
* Charl van Biljon vir jou insette i.t.v regie.
* Donovan Benade + Dewald de Witt van MEMORY LANE STUDIO, vir die skiet en redigering van hierdie musiek video. Julle ouens is ysters! Baie dankie.
* Tania Fourie Promosies - dankie dat julle ingespring het en gehelp het met verspreiding + media.
* Ernst Swart, vir al jou hulp met die publisiteit van die liedjie en die video.
Laastens, dankie aan die Here vir al die talente wat Hy ons gegee het. Mag Sy naam hierdeur omhoog gehou word.
_______________________________________
I’m sure you can agree: 2020 was a tough year.
As a result, Christmas, for many people, might not be the same.
That is exactly what I was thinking about on a Monday afternoon late November when someone reminded me that miracles most often happen in life’s “silent” moments, and that new life can sprout from the most unlikely places.
I decided then and there that I wanted to record “Stille Nag” (Silent Night in Afrikaans) and release it over the 2020 Festive Season. (It also happened to be my mother’s favourite Christmas carol.)
I immediately phoned my friend, Sean Butler, to do the recording. (Even though our deadline was literally 7 days, he agreed - even if it sometimes meant that he worked into the early hours of the morning.)
Sean, there aren’t many like you - you are incredible.
THANK YOU.
I also wanted to work with my friends again, even if just for a short little while. So I asked some of my friends at Binnelanders to sing with me!
They all agreed within seconds of me asking and they really went out of their way to make sure that this project was a massive success.
Thank you, guys. I am proud to call you my friends and colleagues. I’d follow you guys into any battlefield
I also decided that this project was going to be done to benefit the the Abraham Kriel Orphanage.
So, every time that you download, play + share this song, you are helping us make this Christmas and New Year a special one for a whole bunch of kids. All profits will be donated to them, directly.
I hope you enjoy (and are touched by!) this version of ’Stille Nag’ (Silent Night) by me (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger + Paul Luckhoff.
Please SHARE as far + wide as you can.
The more people listen, the more monies we can raise.
AND we get to spread the Christmas spirit a little bit more.
NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, KZbin MUSIC: linktr.ee/germandtgeldenhuys

Пікірлер: 168
@germandt.g
@germandt.g 3 жыл бұрын
BAIE DANKIE aan almal wat Stille Nag sover ondersteun het! ONTHOU asb om die song ook te gaan luister/koop/download op iTunes/Apple Music/Spotify ens. Dis al manier hoe ons kan fondse insamel vir die Abraham Kriel Kinderhuis. (Volle details in die beskrywing hierbo!) 🎄🎁🥳
@eddiemorrison7979
@eddiemorrison7979 3 жыл бұрын
Julle kan maar n cd vrystel... puik gedoen
@esthermuller7068
@esthermuller7068 3 жыл бұрын
Ja kom almal wat die Here liefhet! Gaan koop die kragtige en pragtige verwerking van Stille Nag. En dit deur ons "eie" mense! En dis in opdrag van Jesus self - om God lief te hê en ons naaste soos onsself. Laat hierdie lied "viral" gaan. Vir die regte redes. Juig die Redder is hier, by ons.
@lindaminnaar5365
@lindaminnaar5365 2 жыл бұрын
Awesome
@andriesgrundlingh4150
@andriesgrundlingh4150 2 жыл бұрын
Ooo
@elizepienaar9744
@elizepienaar9744 2 жыл бұрын
DANKIE PRAGTIG!!!
@x10a91
@x10a91 2 жыл бұрын
baie dankie en seën aan jul almal vir hierdie uitstekende weergawe van stille nag...... jul stemme is opgeteken in die hemele
@lizettekieser2412
@lizettekieser2412 3 жыл бұрын
Wow hoe spesiaal is dit nie, Ben Kruger, in goeie herinneringe
@annamartviljoen1919
@annamartviljoen1919 3 жыл бұрын
Namens Abraham Kriel Bambanani wil ons regtig almal aanmoedig om saam te JUIG !! Dankie aan ons Stars for Charity vir julle besondere Binnelanders barmhartigheid!!!!
@ionakunneke9670
@ionakunneke9670 Жыл бұрын
Ongelooflike weergawe van Stille nag!! Briljant en hartroerend gedoen!!!
@tbreg606
@tbreg606 2 жыл бұрын
Absolutely stunning. What an honour to have South African actors with this amazing talent. You are each blessed with a very unique voice. I loved the church ambience. Made me think of yonder years. Bless you all and once again. "Okkie" ek sal jou verskriklik mis. Dit was 'n voorreg om na baie jare se Binnelanders na jou te kyk. Rus sag. 🤗🙏
@mariegrunewald3729
@mariegrunewald3729 7 ай бұрын
Fantasties!!!! Pragtig elkeen van julle sangers. ❤❤❤❤❤
@ceciliaduplooy7847
@ceciliaduplooy7847 2 жыл бұрын
Baie dankie vir hierdie opname van "Stille Nag" dit is so spesiaal. Julle manne het die mooiste stemme. Dankie, dankie 🙏🙏 en dis nog soveel meer spesiaal omdat Ben Kruger ook saam gesing het. Vandag sing hy vir Jesus en dit was vir ons 'n voorreg om Ben en sy mooi gesindheid te leer ken in "Binne Landers" Rus sag by jou Hemelse Vader Ben 🙏🙏
@Niventro
@Niventro 3 жыл бұрын
Ik ben Nederlands en vindt dit zelfs mooi!🤣
@rudieboonzaaierbiesjesfont5809
@rudieboonzaaierbiesjesfont5809 3 жыл бұрын
..inderdaad mooi..!
@evadnecoetzee3934
@evadnecoetzee3934 2 жыл бұрын
Julle is so kosbaar vir ons 💗🙏
@theodorecobernneels2377
@theodorecobernneels2377 2 жыл бұрын
Mensdom maar dis mooi. Hopelik kom daar 'n hele afrikaanse cd van die perre. Nie aldag wat 'n groep mans wat rolle in 'n sepie speel wat jy kyk gou vinnig om 'n mike gaan staan en sing laat die biesies bewe nie.
@ansunipienaar8792
@ansunipienaar8792 2 жыл бұрын
Baie geluk aan julle mooi pragtige song ek is mal daar oor. Clint brink,Reynardt Hugo,Paul Lückhoff,Ben Kruger en Germandt Geldenhuys ek kyk julle almal elke a aand op Binnelanders. Julle almal speel baie goeie rolle.Baie geluk met julle liedjie. Ek ondersteun dit so baie vir julle en omdat ek julle elke aand sien op Binnelanders.Julle kan maar n CD vrystel puik gedoen julle. Maak nog so liedjies asseblief.💜🌽🌽Inderdaad mooi. Julle stem is pragtig
@berthalangley8518
@berthalangley8518 2 жыл бұрын
Baie dnki vir julle om kerstyd julle "fans" so te verras in ons moedertaal en dit vir so n goeie doel love binnelanders trots op julle...Jesus liefde!!!!!
@reinierbekker5916
@reinierbekker5916 3 жыл бұрын
Ongelooflik! Nooit besef Germandt het so ñ besondere stem nie! Geluk aan almal betrokke - ñ voortreflike weergawe!!
@lindiepienaar6052
@lindiepienaar6052 Жыл бұрын
Sjoe, Germand ek kan hierdie oor en oor kyk en luister... Wat van nog 'n lied waar Louis, Tertius en Steve saamsing? Dalk vir Paasnaweek????? Genugtig, julle manne het mooi stemme !!!!🥰🥰🥰🥰🥰
@marilynconradie8082
@marilynconradie8082 2 жыл бұрын
Ooooo wow❣❣ RIP Oom Ben Kruger
@bennievanderwalt-wz1pe
@bennievanderwalt-wz1pe Жыл бұрын
Ons gaan vir wyle Ben Kruger baie mis baie mooi
@riamarx2008
@riamarx2008 Жыл бұрын
O my hart....dit is ongelooflik mooi
@jmlewis01
@jmlewis01 Жыл бұрын
Baie mooi en special. RIV oom Ben.
@christirossouw5209
@christirossouw5209 3 жыл бұрын
Absoluut uit die hart gesing! PRAGTIG! Julle kan gerus n groep begin!!! Die CD'S sal van die rakke af vlieg!!
@tebraduplessis5474
@tebraduplessis5474 3 жыл бұрын
Wat 'n voorreg om na julle te luister. Dit is pragtig. Die Here het vir julle 🎤 🎼 mooi stemme gegee.
@linaroets3293
@linaroets3293 3 жыл бұрын
Dis is so mooi en sulke goue wonderlike stemme saam Baie dankie om met ons te deel Julle is net Super Sterre Baie dankie 👌👌👌👌👍👍👏👏👏 Lina Roets
@dottiecox9058
@dottiecox9058 Жыл бұрын
Fantasmagories, wat n fees. Baie baie dankie vir al die skoonheid.
@lufunot9398
@lufunot9398 2 жыл бұрын
Wow 👏🏾 I don't understand Afrikaans. But this is the best version of silent night I have ever heard 👌🏾
@germandt.g
@germandt.g 2 жыл бұрын
Thank you Lufuno. This means the world.
@moeliezwart7742
@moeliezwart7742 Жыл бұрын
@@germandt.g Dit is die mooiste van mooi. Baie dankie.
@hesterginsberg8056
@hesterginsberg8056 2 жыл бұрын
Amazing nou is van hulle nie meer saam ons nie RIV Ben
@desertchild1
@desertchild1 3 жыл бұрын
Asemrowend! Baie baie dankie vir die ongelooflike GROOT Kersfees seen wat julle op ons laat neerdaal het met die pragtige sang.
@meisiegrobler1802
@meisiegrobler1802 3 жыл бұрын
Kan ons nie 'n cd kry met oom Ben wat gaan slaap het nie. Hierdie is 'n wonderlike herinnering aan julle saam. Hoop daar kom nog.
@fransbotha4641
@fransbotha4641 Жыл бұрын
Baie mooi weergawe van Stille Nag.
@williampretorius7109
@williampretorius7109 3 жыл бұрын
Hoendervleis mooi.n traan het oor die baard van die kers geloop...
@anne-mariejaphta5140
@anne-mariejaphta5140 Жыл бұрын
Joh most beautiful ever that I heard ❤🙏👌
@elizaberthputter684
@elizaberthputter684 2 жыл бұрын
Beautiful dankie julle is Awesome !!! ons miss vir Okkie, mag hy rus in Vrede.🙏🙏
@sarasteyn6130
@sarasteyn6130 2 жыл бұрын
So, so pragtig. Dankie.
@rinayoung2094
@rinayoung2094 3 жыл бұрын
Pragtig....wonderlik.. Hoendervleis mooi...n weergawe wat ek oor en oor na wil luister.
@alettavonbenecke5878
@alettavonbenecke5878 3 жыл бұрын
Dis mooi verby hulle kan gerus n CD saam opneem hulle stemme is so mooi saam...Seën wense vir julle almal in hierdie kerstyd...💓😊
@theflammiferofwesternesse6122
@theflammiferofwesternesse6122 3 жыл бұрын
Alle liefde vir Afrikaners hierdie kersseisoen. Groete, uit Sjina.
@TheRose0506
@TheRose0506 3 жыл бұрын
Só 'n besonderse mooi weergawe van Stille Nag! ❤️🌹
@annalieesterhuizen5314
@annalieesterhuizen5314 2 жыл бұрын
Awesomeness 👌
@delyfurry4859
@delyfurry4859 3 жыл бұрын
Beautifully sung...enjoyed listening!
@riascraftsandsewing4271
@riascraftsandsewing4271 3 жыл бұрын
Germandt en manne, baie dankie, dis hoendervleis mooi!!! God's rykste seen bid ons jul en jul gesinne toe in die Kerstyd. 🎄🙏
@miempievan
@miempievan 3 жыл бұрын
Wow stunning gesing nie geweet van die ander manne kan ook sing nie soos Clint Brink en Paul Luckhoff
@polliemereis2171
@polliemereis2171 Жыл бұрын
Pragtig, Binnelanders se akteurs!
@RottenFrog
@RottenFrog 2 жыл бұрын
Wow, "Stille Nacht, heilige Nacht" auf Afrikaans. Pragtig! Geseende Kersfees! Frohe Weihnachten! Groete uit Duitsland 🎄🇩🇪🇵🇾🎄
@louisesteyn8064
@louisesteyn8064 3 жыл бұрын
Absoluut fantaties!!!!!!!!!!!!!!!
@zonjakruger7516
@zonjakruger7516 Жыл бұрын
Ongelooflik mooi manne🙌🙏
@ilonafloris2171
@ilonafloris2171 2 жыл бұрын
Wow dis so pragtig hle is regtig geseend mt vele talente
@connienaude3477
@connienaude3477 3 жыл бұрын
Baie baie dankie. Iets waaraan mens kan vashou as jy verlang na oom Okkie
@stephaniebaartman4717
@stephaniebaartman4717 3 жыл бұрын
Geen woorde!! Hierdie is absoluut pragtig 😍😍😍
@mariskahamann4276
@mariskahamann4276 3 жыл бұрын
Wow!!!! Die is so spesiaal. Baie dankie vir dit, Germandt. Julle klink amazing saam. Jy het my verbaas, oom Wimpie 😉
@sariestrijdom5710
@sariestrijdom5710 3 жыл бұрын
Fantasties julle maak my dag!
@berenicejacobus3108
@berenicejacobus3108 3 жыл бұрын
Wow...dis asemrowend mooi julle.Luv dit!Gods rykste seen en n wonderlike feestyd met jul gesinne.
@emmamouton8060
@emmamouton8060 3 жыл бұрын
Dankie aan elkeen van julle. Dit is pragtig. ⭐️⭐️⭐️⭐️🙏❤️
@amandadiergaardt9561
@amandadiergaardt9561 2 жыл бұрын
Sjoe dis SO MOOI!!
@rudolfinekamahene1109
@rudolfinekamahene1109 3 жыл бұрын
Angel voices! Love it!😍👏🏽👏🏽👏🏽🕊
@soekiesmith3652
@soekiesmith3652 2 жыл бұрын
Die mooiste mooi Kerslied gesing deur Germandt Reynard Clint Ben en Paul
@earlbooysen9580
@earlbooysen9580 2 жыл бұрын
Absolutely a Devine piece of work. Mag die Here julle seen. Hoop ons kan nog verwag in die toekoms
@rianajoubert8515
@rianajoubert8515 Жыл бұрын
Truely talented!
@sariecalitz5661
@sariecalitz5661 3 жыл бұрын
Dit is so ongelooflik mooi
@carinavanrensburg331
@carinavanrensburg331 3 жыл бұрын
Dit is hoendervleis mooi!! Baie dankie!
@andrem.musiek
@andrem.musiek 3 жыл бұрын
Baie mooi julle 🥂 Seënwense
@sackyareseb5347
@sackyareseb5347 2 жыл бұрын
Hmmmmm my favourite manne van Binnelanders the song blessed me 💗❤❣⚘
@b.h.4887
@b.h.4887 2 жыл бұрын
Oktober 2021 en dis vir my vandag nog mooier. Met Ben ook nie meer met ons nie, kry ek hoendervleis om te dink waar hy nou is, geen pyn, covid nie. Net Hemelse musiek...
@elmariefrans85
@elmariefrans85 2 жыл бұрын
Pragtig stemme D🙏
@BenitaElder
@BenitaElder Жыл бұрын
Dit is absolutely God given talent en ek luister dit oor en oor en oor en elke keer huil ek want dit roer my hart. God is groot 👏👏🙏🙏
@elizabethwallander6384
@elizabethwallander6384 2 жыл бұрын
Halleluja.
@jahminbesser415
@jahminbesser415 3 жыл бұрын
Wow! Dus ongelooflik mooi.
@sandralabuschagne9442
@sandralabuschagne9442 Жыл бұрын
Ongelooflik mooi!
@ansiegeldenhuys6751
@ansiegeldenhuys6751 3 жыл бұрын
So aandoenlik in ons moedertaal .. en Ben Kruger ook ... goeie herinnering aan hom .....
@Lulu-uw2zg
@Lulu-uw2zg 3 жыл бұрын
So Mooi : Jesus ons Redder
@magdacloete8830
@magdacloete8830 3 жыл бұрын
WOW 😲 dis pragtig,dit is so seer om te dink almal is nie meer saam om weer saam te sing nie, dankie vir jou liedjie wat jy geplaas het,watter wonderlike stemme het die mans nie,nogmaals dankie.
@ansievermaak2614
@ansievermaak2614 3 жыл бұрын
Wow!!! werklik hoendervleis mooi
@annekehattingh7868
@annekehattingh7868 3 жыл бұрын
Hoendervleis mooi. Dankie my Kersfees is nou gemaak. Geseënde Kersfees almal.
@elizcahabig7654
@elizcahabig7654 3 жыл бұрын
Dit is stunning
@stephanierossouw6156
@stephanierossouw6156 3 жыл бұрын
Awesome weergawe kry skoon hiendervleis. Julle mag maar! Beautiful ❤️
@williameckard4848
@williameckard4848 2 жыл бұрын
Sho..trane-loop-mooi. Well done al die manne. Germandt, ek hoop jy besef watse stemtalent jy werklik het. Maak dit 'n loopbaan ou maat
@germandt.g
@germandt.g 2 жыл бұрын
Baie dankie. Ek waardeer die mooi woorde.
@beetlecrushe
@beetlecrushe 3 жыл бұрын
Manne wat kan!
@helminaoelofse5417
@helminaoelofse5417 3 жыл бұрын
Pragtig, kosbaar. Dankie Binne landers
@inavandermerwe8623
@inavandermerwe8623 2 жыл бұрын
So pragtig!
@riavandeventer2624
@riavandeventer2624 3 жыл бұрын
Soos altyd so mooi. Besonders gesing.
@francisolgavanrensburg419
@francisolgavanrensburg419 3 жыл бұрын
Awesome
@francoisgerbusmaass4599
@francoisgerbusmaass4599 3 жыл бұрын
Dit is uitstekend ni beter ni prys di Here ❤🙏
@fredapretorius3939
@fredapretorius3939 3 жыл бұрын
Wat n pragtige talentvolle akteurs van Binnelanders,, soooooo pragtig.
@verityhess5528
@verityhess5528 3 жыл бұрын
Hoendervleis mooi my binneland team
@priscilladrake3775
@priscilladrake3775 3 жыл бұрын
Sjoe dit roer mens se siel. Dis so spesiaal met oom Ben 🤗🤗🤗
@abigailstanfliet9478
@abigailstanfliet9478 3 жыл бұрын
Yo amazing stunning best one ever ....
@lnpikachu
@lnpikachu 3 жыл бұрын
WOW!!!! Dis amazing mooi!!
@raymondisaacs5846
@raymondisaacs5846 Жыл бұрын
Pragtig manne
@Adri-oj3yt
@Adri-oj3yt Жыл бұрын
Baie baie dankie vir hierdie pragtige weergawe van Stillenag.
@esthergildenhuys6764
@esthergildenhuys6764 2 жыл бұрын
Baie dankie manne.... dit was soooo treffend
@TdogGaming21
@TdogGaming21 Жыл бұрын
Clint brink sing mooi
@rajanmoodaley7970
@rajanmoodaley7970 3 жыл бұрын
A big thank you. We need this
@karenerasmus2624
@karenerasmus2624 3 жыл бұрын
Wow, dit is so mooi! Dankie.
@riaanapotgieter2794
@riaanapotgieter2794 3 жыл бұрын
Besonders mooi of liewe dit is stunning.
@tiaandupreez
@tiaandupreez 3 жыл бұрын
🇿🇦🎄🎁 Ongelooflik Mooi. Well done aan almal! Dis mos hoe 'n mens die feestyd wil ingaan. ♥️
@elizevanschalkwyk1560
@elizevanschalkwyk1560 3 жыл бұрын
Sjoe dis amazing.
@annemariemalan724
@annemariemalan724 3 жыл бұрын
Asemrowende stemme uit Sy hemelse troonkamer..onvergeetlik!!!
@tammiesvanvuuren1293
@tammiesvanvuuren1293 3 жыл бұрын
Ongelooflik mooi !! Welgedaan aan almal. Julle stemme is so in harmonie. Ek kry hoendervleis !!
@deidrekapp2726
@deidrekapp2726 3 жыл бұрын
Wow, dis Asemrowend mooi !!!!
@lssmilee2
@lssmilee2 3 жыл бұрын
Hoendervleis mooi 😍😍
@02107115
@02107115 3 жыл бұрын
Ongelooflik mooi
@altaviljoen5917
@altaviljoen5917 11 ай бұрын
Fantasties!!!
@niccicoertze
@niccicoertze 3 жыл бұрын
Rus in vrede liewe Ben Kruger 😭
@theresahume2011
@theresahume2011 3 жыл бұрын
Amazing!!!
@rianatintinger4171
@rianatintinger4171 3 жыл бұрын
Baie mooi spanpoging!
@phillipleboa5251
@phillipleboa5251 3 жыл бұрын
Dankie.
@kamipregaladhan8397
@kamipregaladhan8397 3 жыл бұрын
Beautiful!
@adsnational3804
@adsnational3804 3 жыл бұрын
"Sooooooo mooi.....van Belinda...
Gé Korsten - Jerusalem
5:04
gouestem
Рет қаралды 331 М.
Blye Versekering (André en Lieb Bester)
4:55
André Bester
Рет қаралды 77 М.
How Many Balloons Does It Take To Fly?
00:18
MrBeast
Рет қаралды 160 МЛН
WHAT’S THAT?
00:27
Natan por Aí
Рет қаралды 13 МЛН
路飞被小孩吓到了#海贼王#路飞
00:41
路飞与唐舞桐
Рет қаралды 78 МЛН
In Geval - Germandt Geldenhuys
4:26
Germandt Geldenhuys
Рет қаралды 19 М.
Noot Vir Noot - Performance by Germandt Geldenhuys
5:53
Germandt Geldenhuys
Рет қаралды 18 М.
Kom Alle Getroues - Germandt Geldenhuys
3:43
Germandt Geldenhuys
Рет қаралды 16 М.
STILLERIVIERSTROOM
4:10
Nick Taylor
Рет қаралды 22 М.
Romy - Steve Hofmeyr feat. Rocco de Villiers
3:51
Steve Hofmeyr
Рет қаралды 528 М.
Riana Nel, Retief Burger - Die Seën
7:22
RianaNel
Рет қаралды 2,2 МЛН
Laurika Rauch - Somer Kersfees
3:06
Zonika Botha
Рет қаралды 425 М.
Gé Korsten and Rina Hugo - Jerusalem
5:11
gouestem
Рет қаралды 301 М.
Jakone, Kiliana - Асфальт (Mood Video)
2:51
GOLDEN SOUND
Рет қаралды 9 МЛН
Stray Kids "Chk Chk Boom" M/V
3:26
JYP Entertainment
Рет қаралды 43 МЛН
Doston Ergashev - Kambag'alga (Official Music Video)
5:32
Doston Ergashev
Рет қаралды 4,2 МЛН
Nurmuhammed Jaqyp  - Nasini el donya (cover)
2:57
Nurmuhammed Jaqyp
Рет қаралды 227 М.
Sadraddin - Jauap bar ma? | Official Music Video
2:53
SADRADDIN
Рет қаралды 14 МЛН