In die Skrif het die woord ekklesia SLEGS twee betekenisse, nl. die van die plaaslike kerk en die van die universele kerk. Nêrens in die Skrif word die woord ekklesia gebruik om na die kerkverband te verwys nie. Ons in die NG Kerkverband het oor dekades heen onsself in die voet geskiet deur telkens na die kerkverband as "kerk" te verwys. So 'n verwysing en gebruik van die woord "kerk" is geheel en al on-Skriftuurlik. Ons NG's moet 'n slag na die Gereformeerde Kerke se kerkbegrip gaan kyk; ons het veel daar te leer. Ek verwys nie alleen na 'n besluit deur 'n sinode van die Gereformeerde Kerke in die verband nie, maar ook spesifiek na beide die Meestersgraad-verhandeling en Doktorsgraad-proefskrif van prof. Dries du Plooy, asook na wat dr. Jan Visser in sy boek oor die Dordtse Kerkorde oor hierdie saak te sê het. Ons moet leer om slegs van die plaaslike kerk en die universele kerk as "kerk" te praat. Die oomblik wanneer die kerkverband ter sprake kom, moet ons of praat van die "kerkverband" of ons moet die meervoud "kerke" gebruik. Wanneer hierdie Skrifbeginsel konsekwent toegepas word, kom jy uiteindelik by die punt om te besef dat die Algemene Sinode geen bestaansreg gehad het uit die staanspoor nie, want hy is nie uit "kerke" saamgestel nie, maar uit kerkverbande. Omdat die gesag van Christus slegs in die ouderlingamp in die plaaslike kerk figureer, en die ouderlingamp slegs teenwoordig is daar waar die plaaslike kerk teenwoordig is, staan die Algemene Sinode heeltemal sonder enige gesag omdat die afgevaardigdes daar nie ouderlinge kan wees nie omdat die plaaslike kerk nie daar teenwoordig is nie, maar slegs kerkverbande, en 'n kerkverband kan nie van iemand 'n ouderling maak nie; slegs die plaaslike kerk kan van iemand 'n ouderling maak. Dus die Algemene Sinode was reg van die begin af 'n on-Skriftuurlike Frankenstein. Van die begin af was hy die spreekwoordelike stert wat die hond rondswaai. Hoe dr. Koot Vorster by hierdie Frankenstein kon uitkom en steeds op gereformeerdheid kon aanspraak maak, weet nugter alleen!
@marietteschlebusch3653 Жыл бұрын
Baie dankie dt jy ons in di Waarheid lei...en so sal God self alles skud totdat net Sy koninkryk oorbly in Christus se liggaam as enigste ware kerk. Heb12:25-29
@StephanNeethling Жыл бұрын
Vir my as lidmaat van 'n onafhanklike gemeente is die begrip van 'n sinode 'n moeilike konsep. So gevaarlik as wat dit is dat dinge kan skeefloop in 'n sinode, net so gevaarlik kan dit wees dat dinge kan skeef loop in 'n onafhanklike gemeente. Sodra die fokus weggehaal word van "Jesus is hoof van sy kerk." dan verloor "kerk" sy definisie.
@SOLAplatform Жыл бұрын
Beste Stephan! Ons moet nog kuier!
@antonmeyer22922 ай бұрын
Romeine 1:20-32..., let veral vers 32 ... NIEMAND / GEEN sinode of "water titel ook al" kan -> TEEN GOD se Woord "redeneer" of "verdraai" NIE !!!!!!
@careerlifecoachskillsfacil453510 ай бұрын
😂😂😂Dis lagwekkend who confused Die religious leiers is.. 😅😅 Sinode is die waarvan Jesus praat in Matt 23.😅😅😅