Wilde diere vir kleuters

  Рет қаралды 193,027

Lami Leer en Speel Videos

Lami Leer en Speel Videos

2 жыл бұрын

Kom leer saam van 13 verskillende wilde diere met pragtige videos en die "wie is ek" diere speletjie vir ouers en kinders! Het jy al ooit in die kar gery saam met jou kind en nie geweet waaroor om te gesels nie? Die "wie is ek" diere speletjie is 'n baie oulike manier vir julle om saam te speel en om te gesels. Kinders wie se ouers van kleins af met hulle gesels kry so baie ontwikkelings voordele. Jou stem as ouer het ook 'n spesiale effek op jou kind se brein.
Speletjie: Wie is ek?
Ek het maanhare en ek brul, wie is ek?
Leeu
Ek het 'n lang nek en ek eet blare, wie is ek?
Kameelperd
Ek het kolle en ek kan baie vinnig hardloop, wie is ek?
Jagluiperd
My pels is swart en wit, wie is ek?
Sebra
Kom ons kyk in die verkyker.
Ek is baie groot en ek het 'n slurp, wie is ek?
Olifant
Ek het ‘n vet maag en kan loop onder die water, wie is ek?
Seekoei
Ek het strepe op my pels, wie is ek?
Tier
Wie is Suid-Afrika se rugby span?
Springbokke
Ek het skerp penne wie is ek?
Krimpvarkie
Ek is klein, het ‘n lang stert en knibbel graag aan ‘n neut. Wie is ek?
Eekhoring
Ek het skubbe, ek swem en ek ‘n lang bek met baie tande. Wie is ek?
Krokodil
Ek sweef hoog in die lug, so vêr soos die wind waai my lief. Wie is ek?
Arend
Sosiale oefening: Deel van die demonstrasie kan kleuters sien hoe die wilde diere self sê wat hulle name is.
Kan jou kind al hom of haarself voorstel? Iewers tussen die ouderdom van drie en vier jaar oud kan ons kinders aanmoedig om hul name vir mense te sê. Hul mag dalk skaam wees in die begin maar die selfvertroue sal kom soos wat hul dit meer oefen en regkry.
Ander konsepte in hierdie video sluit in:
Tel van 1 tot 4
Links en regs
Verrassings element
Is dit hierdie een? Is dit daai een? (laat toe dat kind self kritiese denke gebruik en saam die probleem probeer oplos)
Lekker speel en gesels. Sien julle volgende keer!
Meer oor Lami Leer en Speel Videos
Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
ko-fi.com/koffievirlami
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
- Afrikaanse hulpmiddel vir ouers wat #opvoedkundig en #opbouend is!
- #stories, #liedjies en #rympies vir jong kinders.
- Hier gaan jou kind leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
- 100% GRATIS vir almal.
- Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse KZbin mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.

Пікірлер