Bloedrivier Lied | Bloedrivier Gelofte | Coreen Smith, lirieke: Jenny van Zyl

  Рет қаралды 19,221

Peninhand Historia

Peninhand Historia

Күн бұрын

Die amptelike lied tydens die 170 jarige herdenking van die slag van Bloedrivier. Gesing deur Coreen Smith, geskryf deur Jenny van Zyl.
Psalm 38:22 - 23: Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie! Maak tog gou om my te help, Here, my heil!
1838 GELOFTE
Mijne Broeders en mede-landgenoten, hier staan wij thans, op eene Ogenblik voor een Heilige God, van Hemel en aarde, om een belofte aan Hem te beloven, dat, “zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het
Hem zal behagen”- en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.
#bloedrivier
Bloedrivier Lied lirieke:
In 1838 is God se hulp gevra
om die Boere in hul nood te steun,
te behoed en te bewaar.
'n Monument sal hulle bou
en die dag sal Heilig bly.
Hul grootste wapen, hul geloof,
met die Here aan hul sy .
Die nag was kil en donker,
die impi's staan en wag,
die lampies op die ossewaens
soos Mahlozi's in die nag.
'n Strandwolf sluip daar tussendeur,
hy's onheilspellend daar.
Die mis sak toe, die vyand druis,
hul wag op die bevel.
In dié geslote walaer,
in 'n see van heidendom,
is daar 'n lig wat helder skyn:
Die lig van Christendom!
Die stemme van 'n mannekoor
weerklink deur digte mis,
Psalm agt-en-dertig,
stel almal weer gerus.
Maar dieselfde God van Bloedrivier
is steeds ons God vandag.
Hy verstaan ons grootste vrese,
Hy staan by ons deur die nag.
Kom ons almal vat weer hande,
erken sy grote Mag,
want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds met ons vandag.
Twee skote van 'n dubbel-loop,
die stryd het pas begin.
Die isilongo kondig aan:
Dingaan ons sal oorwin!
Maar God ons Vader is met ons,
die vyand word verslaan.
Die veld drink bloed soos op Golgota,
dÍt moet ons verstaan.
Maar dieselfde God van Bloedrivier
is steeds ons God vandag.
Hy verstaan ons grootste vrese,
Hy staan by ons deur die nag.
Kom ons almal vat weer hande,
erken sy grote Mag
want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds met ons vandag.
Maar dieselfde God van Bloedrivier
is steeds ons God vandag.
Hy verstaan ons grootste vrese,
Hy staan by ons deur die nag.
Kom ons almal vat weer hande,
erken sy grote Mag
want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds met ons vandag.
Want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds ons God vandag.
Hy verstaan ons grootste vrese,
Hy staan by ons deur die nag.
Kom ons almal vat weer hande,
erken sy grote Mag
want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds met ons vandag.
Want dieselfde God van Bloedrivier
is steeds met ons vandag.
#Bloedriviergelofte
#bloodriver
#gelofte
#geloftedag
#zulu
#voortrekkers
#groottrek
#boervolk
#afrikaans

Пікірлер: 26
@stephandeswardt5802
@stephandeswardt5802 9 ай бұрын
Ek hou hiervan.....dankie!
@willemvanaswegen1937
@willemvanaswegen1937 2 жыл бұрын
Pragtig. Bloedrivier sal onthou word en ons nageslag sal dit eer.
@petroshingalana8556
@petroshingalana8556 2 жыл бұрын
Dieselfde God baie mooi woorde in die lied
@jamesenslin8461
@jamesenslin8461 2 жыл бұрын
Halleluja,Hy is dieselfde God van Isreal wat ons voorvaders uit gehelp het, net soos Hy lsreal uit gehelp het uit Egipte uit.Hy is die alleen Wyse,Almagtige God wat die hemele en aarde geskape het met alles daar in om Hom te loof,te prys,te eer en te aanbid tot in ewigheid.
@verabooysen123
@verabooysen123 Жыл бұрын
Wat 'n lied! God kry die eer! xxxx
@lupus_croatiae
@lupus_croatiae Жыл бұрын
Mooi lied! Groete uit Kroasie
@williamdavidson5818
@williamdavidson5818 9 ай бұрын
May the Most High be with our Boer Brothers and sisters in this time snd protect the folk. In the name of the Lord Jesus Christ
@johanndelange5676
@johanndelange5676 2 жыл бұрын
Pragtig en baie dankie.
@jamesquirk4999
@jamesquirk4999 Жыл бұрын
Beautiful song 🎵 of Boers of their great victory over Zulu horde
@williamdavidson5818
@williamdavidson5818 7 ай бұрын
SALUTE TO THE BOER FOLK. HEAVENLY FATHERS ELECT!!!
@derekbotha9405
@derekbotha9405 5 ай бұрын
Amen en amen!
@shineandre
@shineandre 10 ай бұрын
Met voortrekker monumentum ploeg die boer voort, gegrond en gewapen in sy geloftes krag, teen 'n bosemag wat nie in liefde wil saam leef met sy naaste nie. Die geestilke stryd word oorwin deur geloof in God en met die Voortrekkermonument as n getuie van God se mag vir al die mense in die land. Die Voortrekker Monument is n uitbeelding van God se grootheid en getrouheid aan diegene wat hom aanroep en aanbid in Gees en Waarheid.. Geloftedag is n dag van dankbaarheid om te onthou hoe God ons voorvaders uit die hand van hulle vyande verlos het. Daai vyand is nou ons vriend en naaste maar die duiwels loop rond opsoek na kwaad doen, roof, moor, en steel. Waak en bid dat jy daai dag van woede kan ontvlug want dit kom soos n dief in die nag, die dag van God se wraak op die ongehoorsame kinders en die goddelose. Dank God vandag dat Hy gebede hoor en antwoord met wonderwerke gelykstaande aan die bybelse tye. Daar is geen ander God wat red soos hy nie. Die Voortrekker Monument is n getuie vir jou of teen jou. En God se woord sê, as jy nie God wil prys end dank vir wat Hy gedoen het nie, sal die daai stene uitroep in jou plek en God prys en dank want Hy is goed.
@koostheron2684
@koostheron2684 2 жыл бұрын
Sal ons nie ookvandag opkyk na God nie
@kingfishertwo777
@kingfishertwo777 8 ай бұрын
Brilliant
@georgemcdonald649
@georgemcdonald649 Жыл бұрын
Amen!
@shineandre
@shineandre Жыл бұрын
Pragtige lied en bekroonde woorde. Die slag van Bloed Rivier Video kzbin.info/www/bejne/rHfFZa1qaLlgqdE
@andrefrouws573
@andrefrouws573 Жыл бұрын
'n Gesprek oor die Gelofte. kzbin.info/www/bejne/jmfOgYWPeK-jac0
@williamduplooy
@williamduplooy 2 жыл бұрын
Jammerte dat ongoddelike "instrumete" bygevoeg is tot die woorde, asook die Bree nationalisme wat onvanpas is tot mense wie se Voorouers nie daarin deelgeneem en gehad het nie.
@brucedownunda7054
@brucedownunda7054 Жыл бұрын
Passop vir daai Satan se Vleis.....LMFAO
@williamduplooy
@williamduplooy Жыл бұрын
@@brucedownunda7054, Nou ja as mens niks het om te se nie, dan is dit beter om jou ongedagtenis tot jouself te behou.
@swneethling3157
@swneethling3157 10 ай бұрын
Op watter gronde word instrumente as ongoddelik verklaar?
@williamduplooy
@williamduplooy 9 ай бұрын
@@swneethling3157 Histories Bybels Gereformeerde Christen prinsiepe gebou vanuit Skriftelike reelmatings oor hoe God verklaar Hy genader moet word. In Engels word dit uitgedruk as "The Regulative Prinicple of Worhsip"
Boer En Sy Roer
3:19
Vrystaat Boer
Рет қаралды 20 М.
Я сделала самое маленькое в мире мороженое!
00:43
Кушать Хочу
Рет қаралды 3,9 МЛН
She's very CREATIVE💡💦 #camping #survival #bushcraft #outdoors #lifehack
00:26
버블티로 부자 구별하는법4
00:11
진영민yeongmin
Рет қаралды 13 МЛН
Battle of Majuba
9:21
Sapper 1984
Рет қаралды 3,5 МЛН
Ghapi - Goliat
3:56
AfriForum
Рет қаралды 645 М.
Die Lied van Jong Suid Afrika (Lyrics + English translation)
3:53
The Battle of Blood River | Zulus Vs Boers | Total War Cinematic Battle
9:22
Historical Total War Battles
Рет қаралды 135 М.
Bok van Blerk - De la Rey
5:16
Bok van Blerk
Рет қаралды 1,5 МЛН