No video

Jan Bloukaas: ‘Doodgaan is nie verloor nie’

  Рет қаралды 36,148

LiG: God se krag in my krisis

LiG: God se krag in my krisis

Күн бұрын

Die musikant Jan Bloukaas veg al twee jaar teen breinstamkanker. Tydens sy laagste punt het hy selfmoordgedagtes gehad. “Omdat die dokter gesê het net 5% van mense met dié kanker oorleef, het ek gedink, wat is die punt om te fight?” Twee jaar later veg hy steeds, maar wil vir mense sê: “Om dood te gaan is eintlik wen.”
Vervaardig deur Pop24 in vennootskap met Bybel-media. Stuur 'n e-pos na getuig@lig.co.za en deel ook jóú getuienis met ons.

Пікірлер: 77
@mariabekker6470
@mariabekker6470 25 күн бұрын
Of ek lewe en of ek sterwe dit is wins❤❤❤Here ons vra vir n wonderwerk asb🙌
@jeffaffa2370
@jeffaffa2370 25 күн бұрын
Ou Kaasman...ek doen nie afrikaans musiek nie, maar jys een van letterlik miskien 3 musikante na wie se musiek ek luister in Suid-Afrika, en God het nie dat ek na jou musiek luister omdat dit anders was as die res en ek miskien dit sou like nie, Hyt dat ek daarna luister en jou as musikant begin like sodat ek vandag na hierdie boodskap van God kon luister van jou af. Jys 'n werker vir God en al lyk dinge nie great nie, en al maak jy nie meer musiek nie, weet dat jy nou meer mense inspireer en raak as ooit! Jys 'n legend bra, en ek eet 'n stukkie Kaas vanaand op jou! My seuntjie was 2 jaar oud toe jy Boerseun release het en hys nou al 7 jaar oud en onhou steeds sy eerste vakansie by die see as hy na Boerseun luister. Dis 'n memory wat niemand ooit sal kan wegvat nie. Ek bid dat jy tenvolle genees sal word en dat God sal aanhou om Sy hand van Genade en liefde oor jou sal hou dat jy kan aanhou om Sy goeie werk te kan doen.
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 24 күн бұрын
Baie dankie vir die deel van jou spesiale memories en bemoedigende woorde.
@Andre-h1f
@Andre-h1f 25 күн бұрын
My vriend jys sterk in jou geloof n voorbeeld vir ons almal ek dink nie aldag mense besef wat hul het as hul gesond is nie, ons is genyg om ons blind te staar aan die goed wat werklik saak maak in ons lewens.God ken jou hart baie Sterkte!!
@mariekritzinger1643
@mariekritzinger1643 22 күн бұрын
Jan, die beste Geneesheer in die heelal is jou vriend en mag hy jou seen met volkome en blywende genesing. Shalom
@roneldebeer8893
@roneldebeer8893 Ай бұрын
Jou getuienis het my nou weer op 'n heel ander gebied gehelp. Dankie.
@sybilfourie8033
@sybilfourie8033 25 күн бұрын
Wat 'n getuienis❤. Ek bid vir jou.....wat ookal die toekoms inhou!🙏
@elsaduplessis8162
@elsaduplessis8162 25 күн бұрын
Jy is een amazing jong man Jan. Mag die Here jou dra🙏
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 24 күн бұрын
Ons stem saam, Elsa!
@rochellecarstens7427
@rochellecarstens7427 Ай бұрын
Pragtige jongman. So positief. Mag die Heer jou kragtig gebruik.
@user-vg4sd1bc2w
@user-vg4sd1bc2w Ай бұрын
Jy is 'n legend Jean! Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons stel. Ons Koning se Engele omring jou met Sy liefde. Stay strong!
@salomelabuschagne2004
@salomelabuschagne2004 Ай бұрын
Jy is so n mooi kind met so n mooi hart. Jou ouers kan so trots wees. Jy is in my gebede. Dankie vir die mooi boodskap.❤
@Elsiejager
@Elsiejager Ай бұрын
Jy is so kosbaar, jou getuienis is van geestelike volwassenheid.... so trots op jou
@marinahuman3068
@marinahuman3068 2 ай бұрын
Dankie vir jou getuienis. Pragtige jong man, ons bid vir jou
@LititiaMarais
@LititiaMarais 2 ай бұрын
Jy is n insperasie vir ons almal. ❤
@florisslabber1758
@florisslabber1758 2 ай бұрын
Jan jy so positief. Ek bid vir jou volle herstel. Jou getuienis so pragtig. Mag GOD jou deurdra.
@altawilliams1181
@altawilliams1181 2 ай бұрын
Jy het baie sagte plek in my hart..ek bid vir jou...mag uit hierdie siekte een groot getuienis kom ek bid vir wonderwerk in jou krisis ...
@meta4282
@meta4282 Ай бұрын
Die video laat mens dink, hoe vinnig verander ons perspektief. Hoe nader n mens aan die Here leef, hoe meer kom jy agter dat jou gebed verander van ( bid vir goed, werk, geld, verhoudings, gesondheid) na - Here ek wil net nie meer sondig nie, hou my vir die volgende paar uur weg van sonde af, vorm my na U wil. Ons grootste tekortkoming is dat ons nie soos Christus is nie, en dit moet ons nader aan Hom dryf. Ons het die emmer met n gat in, die Here is die fontein wat nooit opdroog nie. Hoe gereeld vra ons die Here met half lee emmer in die hand vir geestelike vervulling om te veg teen duisternis selfs van ons eie vleeslikheid.
@jacquelineduplessis4070
@jacquelineduplessis4070 5 күн бұрын
Baie inspirerende boodskap. Alles gebeur soos dit moet. Al die lof en eer aan God❤
@elsjeschoombee4210
@elsjeschoombee4210 Ай бұрын
Hallo Jean, Ek kom per ongeluk op hierdie video af vanoggend. Ek weet nie of jy my boodskap sal raaklees nie. Ek weet ook nie hoe dit vandag met jou gaan nie. Ek ken gladnie jou musiek nie en dit maak nie saak nie, want dis nie belangrik nie, want jou mooi hart en jou geloof oorheers alles. Vandag wil ek in my stiltyd saam met God vir jou bid en glo dat Hy jou stewig sal vashou en die pad saam met jou sal stap. 🙏🙏🙏
@bertusgeustyn1113
@bertusgeustyn1113 13 күн бұрын
Halleluja amen! So kosbaar, om Die Heilige Gees so te ervaar is beslis die LEWE! Hierdie getroue getuienis is juis dit wat ten doel is om GOD TE VERHEERLIK! Die "mooi" hierin is dat Jesus se oorwinning dit is wat ook vir my en Jan vrygemaak het en ons toe laat om hierin Sy vrede te ervaar en in Sy rus te bly. Seën en vrede vir elkeen!🙌
@Ge-Baard
@Ge-Baard Ай бұрын
You don't realize Jesus is all you need until Jesus, is all you have. Timothy Keller.🙏
@hesterolckers821
@hesterolckers821 5 күн бұрын
Jan, my kind jy is 'n wenner en maak my skaam omdat ek gesond is en kla oor strooi. Baie lief vir jou en ek bid vir jou. Jou geloof is so sterk ❤️❤️❤️
@Thedarkfairy91
@Thedarkfairy91 4 күн бұрын
🙏🏻🙏🏻🙏🏻🙏🏻 Bid vir die beste uitkoms vir jou,jy is sterk❤️
@gerhardlesch3615
@gerhardlesch3615 26 күн бұрын
Jy moet lewe, want jou boodskap op die aarde is nodig. Ons moet instrumente in ons Vader se hande wees.
@joanhenschel3511
@joanhenschel3511 2 ай бұрын
Wat 'n lieflike jong man, hy het my hart aangeraak. Soveel wysheid wat Jean uitstraal. Ek wil hierdie video met my gebedsgroepe deel sodat hulle vir Jean intree. Shalom, Jean. Mag jy die Vader se teenwoordigheid pal naby jou voel.
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 2 ай бұрын
Dankie vir die deel en jou mooi woorde!
@relanagoodburn7136
@relanagoodburn7136 19 күн бұрын
Jy is die mees amazingste legend met jou geloof, inspirasie vir baie,
@dinadevilliers2045
@dinadevilliers2045 2 ай бұрын
Wow, hierdie getuienis is van onskatbare waarde vir my vandag. En ek glo vir almal wat dit gaan hoor. Ek kan die krag van God in jou liggaam sien en in jou stem hoor. Ek bid vir volle genesing,dat alle ongelowiges, wat jou pad kruis,gered kan word.
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 2 ай бұрын
Dankie vir jou bemoedigende woorde
@user-lg9ot5jz2o
@user-lg9ot5jz2o Ай бұрын
Jan bid vir jou sterkte en genesing.
@miriea8504
@miriea8504 16 күн бұрын
Jy is absoluut amazing!
@phillipleboa5251
@phillipleboa5251 Ай бұрын
JESUS... beskerm hom met U BLOED. Amen. xoxoxox 22 Jul 2024
@susanmarais9286
@susanmarais9286 2 ай бұрын
Mag daar baie vriendelike, sagte engele wees wat Jesus in die vorm van mense om jou skaar!❤
@karenbarnard5075
@karenbarnard5075 2 ай бұрын
Wow wat n getuienis Baie Baie dankie ek het hierdie so nodig gehad
@Lavonnedevine
@Lavonnedevine Ай бұрын
Bid vir jou my maat. God is die enigste uitweg
@aldadevilliers348
@aldadevilliers348 16 күн бұрын
Jy is awesome!!!! ❤
@getruidaclaassen
@getruidaclaassen Ай бұрын
God seen jou..met my God kan ek alles vermag
@antoinettemarais5426
@antoinettemarais5426 17 күн бұрын
Baie sterkte. Mag dit vir jou wees volgens jou geloof❤
@annettetaylor475
@annettetaylor475 2 ай бұрын
Jy is vir my so kosbaar en bemoedig my ook. Baie sterkte vir jou , we admire you. 🙏🏻❤️
@user-co8ko7un2i
@user-co8ko7un2i 2 ай бұрын
Mag God sy hand v genesing oor jou plaas. Deur Sy wonde is daar genesing
@chantellsenekal2641
@chantellsenekal2641 14 күн бұрын
Die Here, ons Abba Vader, seën jou in die magtige Naam van Jesus Christus.
@johnpowell1952
@johnpowell1952 10 күн бұрын
God se woord sê, as jou laste te swaar word, gee dit vir my on the drs.
@ElizabethEngelbrecht-y1h
@ElizabethEngelbrecht-y1h 14 күн бұрын
Jy is ook n dapper soldaat ❤
@HOMANRACING15
@HOMANRACING15 2 ай бұрын
Ons dra jou in ons harte
@wynandkoen1538
@wynandkoen1538 8 күн бұрын
Sterkte Jan mag God jou seen tot in lente van dae, ek en my seun Coushay love jou en jou musiek.
@mariskaengelbrecht2764
@mariskaengelbrecht2764 8 күн бұрын
Jy is 'n amazing inspirasie! Jy kan so trots wees op jouself! Jy beinvloed so baie mense in so 'n positiewe manier! As dit die Here se wil is, mag Hy jou genees en gebruik as 'n getuie 🤗
@CillaWilliams
@CillaWilliams 28 күн бұрын
Ek vra di Here om regtig waar vi jo t spaar dnki vir d bemoediging ek bid ook vir jo ouers
@user-pk9dg7rl3d
@user-pk9dg7rl3d Ай бұрын
God is Good God is Great all the Time Amen.
@markvanderlinde849
@markvanderlinde849 11 күн бұрын
God bless you.
@Itzzanebell308
@Itzzanebell308 Ай бұрын
Ek gan huil die is so mooi storie❤ Ek bid vir jou!! Moet nooit geloof verloor nie want hy die Here daar bo is altyd by jou❤
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis Ай бұрын
Baie dankie vir die kyk!
@lindaerasmus5638
@lindaerasmus5638 2 ай бұрын
Jy is so mooi mens
@JPMeinchesstry
@JPMeinchesstry 17 күн бұрын
Wow boeta jy is n inspirational miricle wat die wereld so nodig het
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 2 күн бұрын
Ons stem, wonderlike getuienis.
@adelepratt3651
@adelepratt3651 2 ай бұрын
Jeremiah 29:11 hou moed Jesus is saam met jou!
@jan-johannes-bosman
@jan-johannes-bosman Ай бұрын
Ek is 'n kanker "survivor". Ons sien iets van God se perspektief met ons toetrede tot sy ewige koninkryk in Psalm 116:15: "Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgenote." Hoekom is dit waar? Ons dink aan die dood as 'n afskeid. Ons dink aan "die verlies van 'n geliefde" deur die dood. Maar vanuit God se perspektief is die dood van 'n gelowige net die teenoorgestelde. Dis 'n tuiskoms. Dit is kosbaar in Sy oë.
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis Ай бұрын
Kosbare woorde en insig, dankie vir die deel Jan Johannes.
@annalizelochner3326
@annalizelochner3326 2 ай бұрын
Sjoe, ek bid vir jou. Baie sterkte vir jou pad! My broer is in Mei 2017 gediagnoseer met glioblastoma breinkanker graad 4. Die Here het hom vir 3jaar en 4mnde gespaar!
@GodSeKragInMyKrisis
@GodSeKragInMyKrisis 2 ай бұрын
Dankie vir die deel en jou woorde, Annalize.
@annalizelochner3326
@annalizelochner3326 2 ай бұрын
@joeydeetlefs5132
@joeydeetlefs5132 Ай бұрын
So keer ons maar almal terug na Jesus Ps :139 hy het jou op jou naam geroep in jou moeder se skoot en hy het geweet wat g met jou gebeur nog voor jy gebore was Maar Dank God Hy gebruik jou nog steeds En Hy gee jou die krag En GOD SAL jou daar deur dra Al die LOF en EER aan God ons Hemelse Vader Sterkte
@charlenecoleske1818
@charlenecoleske1818 Ай бұрын
@thevynillibrary
@thevynillibrary 15 күн бұрын
Wow
@RietteLehmann
@RietteLehmann 2 ай бұрын
Ag Meester is en bly langs jou!
@tersiapretorius2564
@tersiapretorius2564 Ай бұрын
Wow!!
@joandebruin3847
@joandebruin3847 Ай бұрын
Ai💔😭wat n wrede siekte😭
@janevanreenen8768
@janevanreenen8768 26 күн бұрын
🙏🏻✨🙏🏻
@karenkleinhans3403
@karenkleinhans3403 2 ай бұрын
❤❤❤❤
@hannesopperman7307
@hannesopperman7307 21 күн бұрын
Mag jy skatte in die Hemel he !!!!
@user-on6wi5hu2q
@user-on6wi5hu2q 16 күн бұрын
Jy is n yster ou maat
@zeldavanniekerk226
@zeldavanniekerk226 12 күн бұрын
Hoe kan n mens in kontak kom met Lig se getuienis en met Jan
@sonetswanepoel
@sonetswanepoel Күн бұрын
Omw - jammer vir jou - jy leef nog - dit gaan oor JOU - WT van hulle wat passed on - jammer vir jou - dink aan die wat AGTErbly sonder - hom haar jy
@sonetswanepoel
@sonetswanepoel 23 сағат бұрын
Ek weet jy bedoel goed - maar woo jy praat oor DOOD asof jy weet - jy weet nie - jy leef nOg
@elizebotha2420
@elizebotha2420 7 күн бұрын
🥺🤍🤍🤍
@valmaribingle2228
@valmaribingle2228 11 күн бұрын
'Here, gaan jy my ma én man in een jaar wegvat?'
12:09
LiG: God se krag in my krisis
Рет қаралды 5 М.
Moer 'n Boer | Seisoen 1, Episode 1
23:05
Moer 'n Boer
Рет қаралды 100 М.
The Joker saves Harley Quinn from drowning!#joker  #shorts
00:34
Untitled Joker
Рет қаралды 66 МЛН
طردت النملة من المنزل😡 ماذا فعل؟🥲
00:25
Cool Tool SHORTS Arabic
Рет қаралды 10 МЛН
Pedro en Mathys - Pelgrimsgebed
3:15
Hennie van Greunen
Рет қаралды 20 М.
BUITE MAAR BINNE
1:03
Danie Reenwolf du Toit
Рет қаралды 255
LiG Getuig | Seun vind ma na 40 jaar
10:25
Bybel-Media
Рет қаралды 4,6 М.
My storie: 'n Jongman in die woestyn - Andries Vermeulen, 15 April 2018
59:41
Jan Bloukaas Deel Wat Erger Is As Sy Kankerdiagnose
1:17:01
Flourish Workshops
Рет қаралды 2,2 М.
Tik het my ingewande opgedroog - Adrian Meyer
13:59
Baasraak TV
Рет қаралды 938 М.
Karlien van Jaarsveld - Katrientjie Katryn (Amptelike Musiekvideo)
4:43
Karlien van Jaarsveld
Рет қаралды 204 М.
Dwelmverslaafde ná jare op straat: ‘Ek soek hulp, nie geld nie’
14:16
LiG: God se krag in my krisis
Рет қаралды 5 М.
Rare siekte: 'Wil jy hardloop, my kind?'
16:56
LiG: God se krag in my krisis
Рет қаралды 10 М.