Рет қаралды 83,922
Juan Boucher - Hou daai Smile
Tyd staan nie stil nie, soms word gevra wat het geword van die ou musiek. Waar dit alles begin het. Ons het besluit om “Visualizers” te maak van die ou albums en hier is dit nou! Geniet di ten volg die reis van toe tot nou!
Lyrics
Gooi jou issues op die stoep
Los jou back chat by die deur
Want die huisie wat ons het
Is net heeltemal te klein vir jou houding en jou treur
Laat die aand se liggies skyn
Laat al die kwaad in jou verdwyn
Want ek weet ek’s bietjie stout en ek maak jou soms benoud
Jy’s die moooiste ding vir my
Hou jy daai smile vir my?
Laat ek vinnig ‘n ou foto kry
Los net alles wat jy doen ek belowe jou ‘n soen
Hou jy daai smile vir my?
En jy praat jou mond verby
Want jy sê jy’s baie lief vir my
Met jou pajama pakkie aan lyk jy so oulik waar jy staan
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Ek weet my vriende maak jou kwaad
En jou vriendinne wat my haat
Maar ek gee nie om oor dit
Hulle het nie wat ons het
Ek geniet jou meer en meer
Aai my bokka jy’s so kwaai
Ek sien die storm om jou draai
Maar ek weet wat ek moet doen
Om jou lippe weer te soen om jou hartjie sag te kry
Hou jy daai smile vir my?
Laat ek vinnig ‘n ou foto kry
Los net alles wat jy doen ek belowe jou ‘n soen
Hou jy daai smile vir my?
En jy praat jou mond verby
Want jy sê jy’s baie lief vir my
Met jou pajama pakkie aan lyk jy so oulik waar jy staan
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Jy weet ek is ‘n dromer as jy smile dan is dit somer
In my hart dra ek die sente vir die blomme in die lente vir jou
En ek gee jou bossie blomme en jy weet my kop maak somme
En jy wys hoe style dit is en jy tart my met ‘n Colgate smile
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Laat ek vinnig ‘n ou foto kry
Los net alles wat jy doen ek belowe jou ‘n soen
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Laat ek vinnig ‘n ou foto kry
Los net alles wat jy doen ek belowe jou ‘n soen
Hou jy daai smile vir my?
En jy praat jou mond verby
Want jy sê jy’s baie lief vir my
Met jou pajama pakkie aan lyk jy so oulik waar jy staan
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Hou jy daai smile vir my?
Juan Boucher
Copyright Vonk Musiek